TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -7 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -9 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -9 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago

c

Neusgewig-meter

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sat, 20/06/2020 - 20:01
Forums

Ek het elders vertel dat ek onder andere my wa se neuskas vandag uitgepak, skoongemaak en netjies weer teruggepak het.  Daar het 'n paar verrassings te voorskyn gekom waarvan een 'n elektroniese neusgewig meter.  Dit is 'n Duitse produk, Reich TLC (Tow Bar Load Contol) wat ek seker 5 jaar gelede 2de hands vir R300 gekoop het sonder om vooraf deeglik navorsing te doen want toe ek die Exclusive se neusgewig op die P/F wou meet, toe gooi die meter 'n "error" uit.  Na 'n bietjie navorsing vind ek toe uit dit is nie bedoel vir dubbelas karavane nie en kan maksimum 110kg meet. (Ek wonder hoekom diskwalifiseer dit dubbelas karavane ?)

So lyk dit :-

.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 20/06/2020 - 22:06

Jimmel Len, daai gadget... ek meen die looks....weet nie mooi nie.. 5 jaar gelede in die wa se neuskas verloor, tot vandag  hmmm.  

Toemaar, karring net, maar hoe jy n dubbelas-wa se neusgwig bepaal, gaan daar  n stukkie fisika bespreek word. Nie te moeilik vir die wat verstaan nie, jou balhoogte, versnel, rem, etc.. paar faktore.  Sal  Neef die bespreking geniet.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 21/06/2020 - 09:10

 Nie te moeilik vir die wat verstaan nie, jou balhoogte, versnel, rem, etc.. paar faktore.

 Herman, net 'n punt of twee voor jy met ons fisika-lesing begin :-

  • Ek hou duim vas dat ek deel is van die groepie "wat sal verstaan"
  • My balhoogte, versnelling en gerem het wel 'n bietjie afgeneem, maar makeer verder niks nie (ook nie my dryfas nie)   -  ek is meer bekommerd oor die balhoogte van die Pathfinder
  • Ek is veral nuuskierig om te weet of die fisika-les ook op enkel as karavane van toepassing is.

Laat waai Herman, ons luister graag.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 21/06/2020 - 09:44

Heng nee !!! Neef het fisika behoorlik gedruip, my geskrywe het verkeerd uitgekom. Bedoeling was om die meer geleerdes wat die basiese prinsipe in fisika  onder die knieg het te betrek.

Bly die disselboom klop nog lekker daar.

Môre Neef Herman

Ek gaan nie my laat uitlok om in jou slagyster te trap nie.

Sit skielik en dink; is daar ooit 'n kans dat 'n dubbelwiel wa se voorste stel wiele tergelyk van die grond is, en die hele wa rus op die agterste wiele?

Dit sal 'n merkbare verandering in neusgewig teweeg bring. Dalk is dit die rede waarom die uitsluiting in gebruik gemeld is.

Groete

 

 

Worcester

Wildehont

Mon, 22/06/2020 - 15:43

Fisika het ek ook gedop, maar hier is ‘n interessante artikel oor neusgewig. Ons het al baie daaroor gesels op ‘n draad wat ek voorheen begin het, waar die fokus meer was daarop om neusgewig te verminder sodat dit nie te veel raak vir jou sleepvoertuig se haak (en ons wetgewing) nie. Uit die artikel blyk dit dat ‘n te lae neusgewig stabiliteit negatief beïnvloed. In my ou draad kan ek nie onthou dat iemand gesukkel het met te lae neusgewig nie. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 22/06/2020 - 21:24

My neusgewig-meter is sommer netso verkoop !

Wessel, as ek my wa met sy "mover" terugstoot (voorheen met die Pathfinder) van die straat tot in sy motorhuis, lig beide voorwiele op as ek deur die "dip" tussen die teerpad en my oprit-plaveisel gaan.  Maar ek twyfel of dit enigsins gebeur onder gewone sleeptoestande.