TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -8 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -10 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -10 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago

c

Petisie

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Sat, 27/06/2020 - 18:16
Forums

Anton, ek deel hierdie hier, as jy goel dit hoort nie, haal maar af, maar vir my is dit belangrik al gaan dit tien teen een doel loos wees.

https://www.petitions.ne…

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 27/06/2020 - 18:47

Persoonlik hou ek nie van petisies nie omdat dit te naby aan proteste is en dat dié aan wie dit gerig is, hulle nie daaraan steur nie  -  hulle weet mos altyd van beter.

Ongelukkig is die idee dood gebore.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 27/06/2020 - 18:52

Len, al stem ek in 'n mate saam, voel ek tog dat ek my deel wil doen. Ek het reeds geteken, en hoop maar dat dit tog sal vrugte af werp.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 28/06/2020 - 07:30

Soos ons gronwet, die beste in die wereld, op papier, maar dit is waar dit stop, op papier

Die uitvoer daarvan is nutteloos en maak 'n grap van die grondwet.

Eenvoudige veerbeeld (gewone alledaagse wette) jy mag nie op 'n sper streep oorsteek nie?

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/06/2020 - 07:52

'n Vriend van my pa het eendag saam met hom gegaan toe hy (my pa) tussen Gordonsbaai en Rooi-els gaan hengel het. My pa se vriend was nie 'n hengelaar nie. Hy noem toe aan my pa dat hy al baie gewonder het oor hengelaars wat heeldag so kan sit en uiteindelik niks vang nie. My pa se antwoord was dat hy darem probeer - terwyl sy vriend inderwaarheid sit en niks doen.

Nataniël het in die destydse De Kat-advertensie gesê: "Koop net die bleddie ding". Ek voel lus om te sê: "Teken net die bleddie ding". Dit gaan minder van jou tyd vat as om 'n inset op hierdie forum te tik. Al loop dit op niks uit - dan het jy darem "probeer".

Waar my wa staan

Arie

Sun, 28/06/2020 - 07:56

Johann ek verstaan nie jou argument nie?

Bedoel jy dit is verkeerd om nie op ń sperstreep  oorsteek nie??

Met die regstelsel praat ek nie van wette en regukasies nie, ek praat van ons howe.

As jy voel jy word benadeel, kry ń goeie regsverteenwoordiger en neem die ander party hof toe,.

Dusty ek ken ook glad nie die nuwe regulasie nie, bedoel jy as ek my flikkerlig aansit mag ek wel die sperstreep oorsteek??

Ek is maar nou eennaal iemand wat daaraan glo om my eie fights te fight. Ek het ook nog nooit aan enige vakunie behoort nie. As my werkgewer my te na kom dan veg ek self of ek bedank.

My persoonlike siening en beoordeel niemand wat anders voel nie.

Die saamstaan... laat my dink aan ń klomp skape wat almal agter een aanloop? Nie vir my nie, ek is ń individu wat vir myself dink en sorg.

Waar my wa staan

Arie

Sun, 28/06/2020 - 08:27

Chris ek doen niks wat teen my beginsels is, al is dit die makliker pad. 

As mens maar altyd die makliker pad vat dan beteken jou beginsels later niks meer nie?

Praat van saamstaan?

Hier is ń geval waar ek en ten minste een ander lid saamstaan, maar omdat dit nie in Johann se idee val nie word daar gesê ons staan nie saam nie??

Nou hoe werk dit nou??? Moet ons almal in die selfde rigting hardloop, dan kan ek mos vra hoekom hardliop hulle nie saam met my in my rigting nie?

Ja miskien is ek dom astrant... maar ek doen dinge soos my gewete my toelaat.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 28/06/2020 - 08:45

Môre Chris, baie welkom terug, dit is goed om weer van jou te verneem👍

Arie, ek probeer ook niemand beinvloed om die petisie te steun nie, ek het dit hier genoem sodat ander wat soos ek voel, en dit nie gesien het nie, 'n kans gegun word om wel deel te neem. (Die rede waarom ek Anton gevra het om dit te verwyder, sou hy so voel) 

Wat die wette, en regstelsel betref, ek het maar baie min vertroue in ons land se regs stelsel. 

Kyk nou maar net weer die tabak storie, een regter reken dat oa. dit is ongrondwetlik, volgende hofsask steun weer die belaglike regulasies? 

Ons mag nie gaan kamp nie (social distance) maar ons mag gaan uit eet,  ons mag by familie gaan kuier, maar net nie in hul huis nie,  so kan ek aan gaan..

Len se samevatting is redelik goed uit een gesit, maar:

My gevoel is soos volg, as jy nie 'n lyn in die water het nie, moenie verwag jy gaan 'n vis vang nie.

Ons bly kerm oor die huidige toestand in die land, maar sit agter oor en verwag om 'n vis te vang,  met iemand anders se lyn in die water? 

Waar my wa staan

Arie

Sun, 28/06/2020 - 08:55

Johann ek hoor wat jy sê, maar die verskil is dat ek nie te veel ketm oor die toestand van die land nie.

Dit is jou reg om die petisie hier te plaas ek het geen problerm daarmee nie, moet my net nie beskuldig van nie saamstaan nie.

Die lyn in die water... ek sê weer as ek nie saamstem met ń saak nie dan gaan ek ook nie ń lyn in die water gooi net omdat dit die makliket pad is nie. Dit is vir my nie dom astrant nie, ek sou my self eerder as ń swakeling sien as ek altyd die makliker pad neem.

Ek verstaan nog nie jou stelling oor die spet streep nie?

Ek het gelukig nog redelike vertroue in ons regstelsel, die rook storie - die klaer het met die belaglikste argument gekom, ek kan nie die stelsel blameer as hulle nie dasi belaglike argument wil aanvaar nie!

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 28/06/2020 - 09:06

Wat ek met die voorbeelde bedoel het, is net dit, wets gehoorsaamheid is nie van toepassing hier in Afrika nie.

Simple klein dingetjies, soos verby steek op 'n sper streep, (teen die wet) dit is mos in werklikheid dwase pogings tot moord? 

Koop van sigarette is tans onwettig, tog koop ons tabak produkte, nou kry ek nie die kluitjie by die oor nie?

Is dit dalk 'n geval van, oortree ons die wet wanneer dit ons pas?

Waar my wa staan

Arie

Sun, 28/06/2020 - 11:19

Johann koop van sigarete is nie onwetig nie, die verkoop van sigarete is onwettig.

Jaek weet ek ondersteun die misdadiges deur te koop, maar ek is ongelukig verslaaf aan nikotien, dus tree ek maar verkeetd op.

Ja ek oortree maar die wet ad dit my pas, ongelukig is ek maar mens en vol foute.

Maar ek glo nie dit sal enige regdinkende mens se vertroue in die regstelsel skaad nie?

Net so verloor ek nie vertroue in pns regstelsel omdat baie mense die wet oortree nie?

Die debat raak nou absurd, wette wat oortree word beteken nie dat die regstelsel gefaal het nie?

Maar die debat gaan oor saamstaan om petiesies te teken of dan nie.

Daar het elke persoon seker die reg om self te besluit, niks met saamstaan te doen nie?

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/06/2020 - 11:47

koop van sigarete is nie onwetig nie, die verkoop van sigarete is onwettig.

Ek is dalk heel waarskynlik verkeerd, maar ek betwyfel die totale korrektheid van daardie stelling.

Maar om terug te kom na die ondersteuning van 'n petisie al dan nie. Ek lees die volgende op die webblad van Petitions.net - waar dié betrokke petisie op verskyn: "Change doesn't happen by staying silent. The author of this petition stood up and took action. Will you do the same?"

Synde hierdie petisie sy oorsprong het by (na my mening) 'n gerekende persoon in die kampeerbedryf, ene Prof Neels van Jaarsveld, wat dit op 'n baie diplomatiese wyse bewoord, reken ek daar is meriete in om die betrokke petisie te ondersteun as die kampeerbedryf jou na-aan die hart lê.

Sy bewoording lees: "

Leisure camping tourists/service providers and suppliers wholeheartedly support the measures our government has put in place to contain the spread of COVID19 in SA.

The lockdown regulations already had a measurable negative impact on the sustainability of close to 1 000 smaller campsites. The economies of rural areas, smaller towns such as Bela Bela, and geographic areas that offer a substantial number of campsites such as the coastal areas of KwazuluNatal, the Eastern and Western Cape is under siege. Thousands of direct and indirect jobs, and the livelihood of tens of thousands of dependants, are under threat.

Saving our Camping Industry (SCI) has an Unlock Plan that can be implemented with immediate effect. The Minister of Tourism is therefore formally requested to engage with SCI to refine the Unlock Plan."

Loop my ou handtekeninkie se bydrae op die ou-end op niks uit nie, weet ek dat ek 'n baie beskeie poging aangewend om dié bedryf (wat beslis na-aan my hart lê) te probeer help.

Persone wat in beginsel teen die ondersteuning van 'n petisie is, "no matter" watter meriete 'n betrokke petisie het nie, sal seker nie oortuig word om so-iets te teken nie. En ek respekteer sodanige persone se oortuiging en/of beginsels. Maar wat doen hulle om iets waaroor hulle dalk 'n sterk gevoel het, te bevorder. Sit en hoop maar vir die beste? Of laat god's water oor god's akker loop? Ek wonder maar net.

Worcester

Wildehont

Sun, 28/06/2020 - 12:39

F*k*fpolisiekar sing in hulle liedjie Brand Suid-Afrika; Jy kla oor die toestand van ons land, wel f*kken doen iets daaromtrent!

Waar my wa staan

Arie

Sun, 28/06/2020 - 12:42

Chris die staatskoerant maak net melding van die verkoop en nie die koop van sigarete nie.

Ek het geen beswaar teen die sentiment van die petisie nie.

Ek is net nie die tipe persoon wat daarvan hou om met massa aksie druk op iets of iemand te plaas nie.

Persoonlik sal ek liewer, as ek voel ek het ń goeie saak die hof nader en my argumente daar voorlê.

Ek het genoeg vertroue in ons regters dat die party wie se saak werklik meriete het sal wen. Al baie in die verlede so bewys.

Moet net so swak prokereur kry soos die rokers met hul hofsaak nie. Hulle argument dat die verkoop van sigarete oopgemaak moet word omdat dit ń verslawing is, is absoluut absurp.

Dan moet elke liewe ding wat verslawend is gewettig word?

Die draad raak nou vervelig, ek is nie ń ou vir petisies, stakings boikots en al sulke goed nie, dus praat ons in sirkels. Maggies ons het al tot bu sperlyne en flikkerligte gaan draai??!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 28/06/2020 - 13:17

Is die nie maar die selfde as "Red Ons Kampeerbedryf" nie ?

Ek persoonlik hou nie daarvan dat my inligting so rond gegooi word nie (teveel gemors pos)