TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74400 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Reis vir ontspanning is nou wettig! Red Ons Kampeerbedryf Wildehont -8 hours ago
Braai (ers)… Huis se binnebraai Willem Brits -10 hours ago
Addo se Web-Cam Foto Addo se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Nossob se Web-Cam Foto Nossob se Web-Cam Foto's Willem Brits -10 hours ago
Braai Huis se binnebraai Harry Du Randt -10 hours ago
Satara se Web-Cam Foto Satara se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago
Orpen se Web-Cam Foto Orpen se Web-Cam Foto's Willem Brits -11 hours ago

c

Korttermyn versekering

Pretoria
Submitted by Slowstrike on Mon, 29/06/2020 - 10:59
Forums

Ontvang ek toe saterdag middag my nuwe korttermyn versekering skedule. Ek lees dit maar aandagtig deur soos vereis word en kom so by die die belangrike gedeelte uit wat sal sê wat die nuwe premie is......

Kry ek amper `n beroerte `n styging van 24% Ek dog eers ek lees verkeerd. Selfs alle bybetalings het met meer as 10% gestyg behalwe SASRIA

Hulle eerste ding vanoggend gebel. Nogals `n gawe afrikaanse dametjie wat help by die wat hulle die retensie afdeling noem. Eerste wat ek moet hoor is dat al is die kar woonwa ouer en minder werd kos dit meer om hom reg te maak ens ens ens

My teenargumente was

1. As die kar afgeskryf word kos dit nie 25% meer nie want hulle maak hom nie reg nie en hulle gaan my virseker nie meer uitbetaal nie maar die absolute minimum wat hulle kan

2. Die inflasie koers is nie eers 6 % nie

3. Ek het `n 0% selaris verhoging gekry die jaar  geen bonus geen winsdeling of 14e tjek nie en ek is seker dat geen ander persoon in die land `n verhoging van naby 25% gekry het nie. Selfs nie eens die politisie nie.

4. Ek betaal reeds `n aardige bedrag vir veiligheid soos `n alarm wat gekoppel is met `n reaksie eenheid. Bydrae vir die buurtwag ens wat virseker hulle risiko verminder.

5. Selfs met `n jare lange eisvrye rekord kry ek nog steeds so reuse verhoging.

En laasten noem ek aan haar dat ek nie `n lui persoon is nie en dat alhoewel dit effe moeite gaan wees ek sekerlik dieselfde dekking iewers anders kan kry teen virseker `n laer premie.

Nadat sy haar "stelsel" vir raad gevra het kom die nuwe premie wat `n styging van 4% is. Heel aanvaarbaar dankie.

My vraag is dit hoe is dit nou ewe skielik moontlik om daai nuwe premie aan te bied en hoeveel mense gaan nie eers daai masiewe styging bevraagteken nie en maar net die nuwe premie betaal?

Groetnis

 

Ek het ook so n groot verhoging gekry by die groen manne, belaglik en soos jy se, geen salaris verhogings nie, boggerol en die visekerde items se waarde daal!

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 29/06/2020 - 13:23

Soos julle noem, kyk maar deur, ek dink hulle probeer maar n paar uitvang.

 Na die hengse haelskade hier 2 jaar gelede, word als mooi reggemaak. Sowat n maand later kom daar kennisgewing dat my "risikostatus" verander het, en premies aangepas word. Neef is n rustige mens, maar sulke twak maak my ernstig reageer. Bel die makelaar, en gee haar lank kans om als mooi te verduidelik. My verweer was, kar was onder afdak geparkeer soos altyd, agter geslote hek. Verduidelik asb hoekom versekering my verantwoordelik hou vir die skade. Miskien moet hulle die verantwoordelike vir die haelstorm kontak. My risiko gradering het onveranderd gebly.

Dan karring ek ook elke jaar oor premieaanpassing, vandag se epos omtrent premieaanpassing, omtrent geen verandering nie. Sal die jaar hulle maar uitlos.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 29/06/2020 - 14:06

Dit is goeie gewoonte om jaarliks te onderhandel, op die manier het vir baie baie lank by een versekeraar gebly. Maar, soos alles gaan, het elke pad 'n end, en moes ek Oktober 2018 van versekeraar verander. Mei 2019 kry ek groot skade op die Penta en was erg bekommerd, maar verniet,  die versekeraar het sonder gekibbel uit betaal.

Onderhandel jaarliks!

Middag vriende

Ek het met SANTAM ooreengekom dat my versekerde bedrag op my boswa nie jaarliks verminder nie. Aangesien woonwaens hulle markwaarde behou, indien nie vermeerder oor jare nie, maak dit net sin, want hopenlik kan ek dit vervang indien nodig. Die premie op 'n woonwa is elkgeval relatief baie laag, want die risiko verbonde is klein.

 Ongelukkig behou voertuie nie hulle markwaarde nie, dus help dit nie om die versekerde bedrag hoog te hou nie.

Groete.  

Worcester

Wildehont

Mon, 29/06/2020 - 16:08

Hulle het dit een keer met my probeer (so groot verhoging) toe kanselleer ek terstond my versekering. Bel hulle toe om te vra waarom ek kanselleer en ek sê ek eis nooit maar uit die bloute straf hulle my. Na ‘n laat ons kyk wat ons kan doen kom hulle terug met ‘n laer premie as voor die verhoging en dieselfde dekking, so ek is steeds by hulle. Maar as ek stilgebly en betaal het, dink net waar het my premie nou al getrek.  

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 29/06/2020 - 16:58

Wens ons kon ook so met medies onderhandel, hulle moor my, minstens 7,5% elke jaar. Seker ouderdom en risiko wat groter raak, probeer seker my dwing om te kanseleer.