TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -56 minutes ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -2 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -3 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -4 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

Prado 4l v6

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Mon, 29/06/2020 - 18:24
Forums

Dagsê, het die 2003 model Prado 4l v6 van my dogter gekoop. Sy wou inruil op VW en inruil geoffer was R30k onder boekinruilwaarde en R45k onder handelaars retail.

Pragtige voertuig, kilos 280 000km, dalk hoog, maar loop soos n horlosie. Ek het R115k betaal en sal vir dieselfde laat gaan. Of ek hou dit vir dalk eendag Kunene mond toe ry.

Prado

Prado

Prado

Prado

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 29/06/2020 - 18:35

Ek is nie 'n Toy aanhanger nie maar dié is een wat ek sal ry.  Dalk moet ek die Ford se maar groet en die een vat ? wink

Môre neef Herman

Dis mos nou 'n staatmaker voertuig.

Net jammer dit het nie die pakplek van 'n bakkie nie, want dan het ek belanggestel. Ek vermoed jy gaan dit maklik verkoop kry.

Groete

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 01/07/2020 - 08:41

Hello Wessel, ek hoop so, sukkel met staanplek hier. Ken nie eintlik van smous nie. En daar is n 1967 Bmw op pad, gaan my pootfoot rally kar word.

As jy wil negotiate, ek moet handrem regmaak, seatcovers opsit wat n paar rand kos. As jy nie 4 sitplekke nodig het nie maak soos ek doen. Toer met my LCruiser 76, haal sitplek uit, het drawers wat inpas, plek vir yskas, ammobokse vir groc. Dakrak bo vir die res, ekstra spaarwiel, hout, ysterpotte etc.

Middag neef en ander vriende

Ek het 'n vriend wat net so 'n Prado aanhou, vir wanneer hy gerieflik 4x4 paaie wil aandurf. Volgens hom gaan mens vêr soek om soortgelyke 4x4 vermoë te vind. Moenie dat die sagte voorkoms die indruk skep dat dit 'n "sagte" 4x4 is nie, allesbehalwe.

Groete

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 01/07/2020 - 17:53

Maat met so Prado het saam Namibia getoer. Van Zylspas tot die dikste sand eet daai wa sonder sukkel. Ek wonder eintlik watter voertuig sal dit klop in los sand. As ek dit hou, sal die suspensie effe gelig word, voorste buffer vervang, spaarwiel dra-rak opsit, en n dakrak.

pretoria

pieterc

Wed, 01/07/2020 - 19:17

Hou hom. Jy ken sy geskiedenis en sy vermoeëns. Daai 4L V6 sleep enige iets enige plek en gelukkig het hy standaard n 180 l dubbel tenk.

Jou grootste kopseer gaan dalk wees om te besluit of jy die Prado of die LC76 vir die volgende trip te gebruik……….

Die km is ook nie te hoog vir n 2003 model nie. My 2003 model het 206 000 km op en word ook hoofsaaklik as vakansie voertuig gebruik.

pretoria

pieterc

Wed, 01/07/2020 - 21:26

Myne is n 3.0 KZTE Diesel en ek sleep n slipstream wat 850kg weeg en geen weerstand bied agter die Prado nie. As ek reg kan onthou het ek so 7-8 km/l gekry toe ek laas gesleep het wat n reikafstand van ongeveer 1 000 km gee op 150 l. Solo het ek al 1 500 + km gekry.

Die 4L V6 het wel meer krag, maar ek verstaan dit is redelik swaar op brandstof. Die gerief en "performance" maak dit egter als die moeite werd - veral teen daai prys.

Worcester

Wildehont

Wed, 01/07/2020 - 23:14

Ek verstaan die 4 l V6 is ‘n heerlike masjien maar brandstof is deesdae so duur dat dit vinnig soveel as verblyf kos (of selfs meer) as jy ‘n dors voertuig ry. My 3 l diesel Everest is self dors omdat dit 4x4 en automaties is, maar ek dink dit sal darem so km of drie meer lewer per liter en diesel is meestal bietjie goedkoper as petrol. Oor ‘n 5 000km toer maak dit reeds ‘n paar rand verskil. My voertuig het ook net 132 000km op so ek sal maar vir eers aanhou skud en stamp. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 02/07/2020 - 07:03

Ongelukkig is dit so dat groot voertuue se dae begin uit loop, ek sien die groot bakkies (3 liters) se pryse val met tot soveel as R30 000.00? 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 02/07/2020 - 16:15

Ja ek weet, as die Lotto net wil saam speel dan gaan haal ek hom.