TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -1 hour ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -2 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -2 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -2 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -3 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -3 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -3 hours ago

Het die tyd aangebreek ??

Secunda
Submitted by Sleep nou on Mon, 20/07/2020 - 11:03
Forums
Na amper 31 jaar by my werk is daar bekend gemaak van afskeidings pakkete deur my wel bekende firma een van die top 5 in RSA ek het laasweek maandag laat weet dat ek wel belangstel om packet te vat en te gaan die firma maak volgende jaar vroeg bekend wie kry wie nie ek hoop ek kry hom dan kan n nuwe adventure in my en Berdien se lewe begin ek dink ook sterk daaraan om Noord Kaap to te verhuis nou ja kom ons sien wat gebeur
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 20/07/2020 - 13:08

Dit is seker een van die grootste redes hoekom ons die Plot in L'Agulhas wil verkoop.  Daar is wel in Swellendam as ek dit nou reg het goeie maar dit is steeds so 100km van die Plot af.  Die plan was/is om dan eerder George toe te gaan.

Secunda

Sleep nou

Mon, 20/07/2020 - 13:15

Ja dis die enigste haakplek naaste goeie dokter en dis hoor se is in De Aar sal my huiswerk doen maar gaan wil ek gaan dankbaar vir goeie 31 jaar maar dis tyd 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 20/07/2020 - 15:59

Shaun, dit is gaaf, hoop het jy kry 'n pensioen eerder as ' n pakket, want dan het jy darem ten minste nog 'n mediese fonds, sterkte met wat ookal gebeur.

Pretoria

Slowstrike

Mon, 20/07/2020 - 19:43

Voorspoed en sterkte met die besluit. Ek het ook vroeër vanjaar daardie besluit geneem om `n vrywillige vroeë aftrede pakket te neem. 37 Jaar is `n lang tyd.......

Dit was nie maklik nie eintlik meer vreesaanjaend as jy my vra. Selfs met alles in plek en planne gemaak en behoorlik deurgetrap is dit nog steeds nie maklik nie. 

Ek was gevra om aan te bly tot einde Julie en agv covid en die feit dat geen "skills transfer" kan plaasvind nie word dit nou uitgestel tot einde Desember. Ek het ingestem daartoe maar dit duidelik gemaak dat ek dan loop. Het al tot `n retirement party gehad ... sal maar weer een moet hou.

Groetnis

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 20/07/2020 - 22:52

Shaun, jy moet baie mooi dink voor jy "aansoek doen" of jouself bereid verklaar om 'n pakket te aanvaar.  Hoekom loop jy die saak vooruit, miskien wil Sasol jou dienste ten alle koste behou ?

As dit enigsens 'n moontlikheid is, is my aanbeveling in die huidige ekonomiese klimaat moet 'n ou so lank as moontlik werk tot minstens die "normale" aftree-ouderdom van 63.  Vroeë aftrede mag idillies klink, maar kort voor lank mag jy jou dalk in groot finansiële verknorsing vasloop en dan as 'n bejaarde is daar feitlik geen kans dat jy 'n tweede betrekking kan losslaan nie.  Hou wat jy het so lank as wat jy kan.

As dit dan moet, oorweeg vroeë aftrede eerder as aflegging met 'n " golden hand shake".  Sorg ook dat jy 'n goeie finansiële adviseur het (nie 'n bank- of versekeringsmakelaar nie) om jou van advies te bedien sodat jy nie met jou broek op jou knieë gevang word nie.

Môre Shaun en ander

Daar is sekerlik twee tye wat vir ons almal wag, die vertrek uit ons tentwoning, en dan uit dienstrede. 

Ek is so 13 maande weg van laasgenoemdesmiley, die eerste weet ons mos nie, en mens bedink maar die opsies. Ek is geneig om saam met Len se bostaande raad te stem. Behoud van mediese voordele is 'n groot voordeel, wat "bedank" effe uit die prentjie laat.

Natuurlik help die maandelikse bydrae tot jou pensioenfonds oor die laaste aantal maande, in my geval 13, ook baie. 

Dit is egter 'n feit dat elke ou se situasie verskil, en dat gaan sy keuse beinvloed. Ek is tans van mening om vas te byt, en my werk voluit te geniet.

Mag die almagtige Here jou die pad wys.

Groete

Secunda

Sleep nou

Tue, 21/07/2020 - 08:45

Dankie vir julle insette die groep gaan mense afle ek nie een van hulle nie maar ek wil op vroe pension gaan so hou ek darem my medies en pension voordele ek is regtig moeg vir alles wat om my aangaan in die groep maar regtig dankbaar vir wat ek vermag het die ergste is dat hulle vir my gaan se nee ons jou nodig tot jy op vroe pension ouderdom is (55) dis nog 2 jaar sal maar dan sien hoe dinge uitspeel

Ek werk nou al van 27 Maart van die huis af. Ek ril as ek dink ek moet aftree eendag, genade, nie gedink jou huis kan jou so inkluister nie en mens kan eendag net soveel kamp....

Goodness!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/07/2020 - 10:37

Snaaks hoe mense hemelsbreed verskil : ek is nou reeds 12 jaar afgetree en geniet elke oomblik daarvan hier by ons huis.  Dalk het die feit daarmee te make dat twee jaar voor aftrede het ek in Angola gewerk en alleen in 'n hotel gebly terwyl my annerhelfte vanaf Zimbabwe na ons nuwe huis in Brackenfell getrek het.  Alhoewel ek 'n wonderlike bankloopbaan van 43 jaar gehad het, wil ek sederdien niks met die bestuur van 'n bank, personeel, vergaderings, begrotings, kantoor toe ry en terug, vliegtuigvlieg van bakboord na stuurboord te make hê nie.

Om nie eens te praat van die lekker kampeer-wegbreke so tussen-in nie !

In my geval beskou ek aftrede as 'n wonderlike voorreg en geniet elke oomblik daarvan.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/07/2020 - 11:49

Ek is ook reeds vir net meer as 5 jaar afgetree en geniet elke oomblik daarvan. Ek het vroeër afgetree a.g.v. 'n sameloop van omstandighede - kom ek los die detail. Gelukkig kan ek steeds deeltyds voortgaan met presies wat ek die laaste bykans 30 jaar gedoen het - en ek verdien 'n kommissie wat nie te versmaai is nie. Ek werk so 6 maande van die jaar (Nov - Apr) - dit is nou as jy dit werk kan noem - en verdien genoeg om my te onderhou vir die ander 6 maande (wat my eie tyd is). En my ou pensioentjie kan gelukkig nog daar by Old Mutual Wealth lê en groei.

Maar ek stem saam met opinies wat reeds hier uitgespreek is - werk so lank as wat jy kan. Ek het op 'n stadium die idee gehad om op 55 af te tree. Toe ek dit met 'n finansiële adviseur bespreek, het hy my oë bietjie oopgemaak. Sy woorde was min of meer as volg: "Vir elke jaar wat vroeër aftree, kan jy inderwaarheid jou geraamde maandelikse inkomste halveer". M.a.w. - as die projeksie vir jou pensioen op 65 bepaal is, kan jy dit halveer as jy op 60 sou aftree. Tree nog 5 jaar vroeër af (m.a.w. op 55), kan jy dit weereens halveer. Hy 't destyds 'n hipotetiese voorbeeld van R1000 gebruik. As die projeksie (en onthou dit is net 'n projeksie) aandui dat jy op ouderdom R1000 p.m. gaan kry na aftrede, moet jy verwag om op 60 slegs R500 p.m. te kry. En op 55 slegs R250 p.m. En sy finale vermaning was dat jy dalk bevoorreg kan wees om 80 of 90 jaar oud te word. Teen daardie tyd het inflasie sy kloue reeds baie diep ingeslaan.

Hoe korrek sy vermaning was? - daarvoor kan ek nie instaan nie. Ek het uiteindelik wel 'n maand voor my 61ste verjaardag afgetree, maar soos reeds genoem is ek nog semi-werksaam met 'n goeie inkomste.

Ek woon in 'n dorpie wat bekend is as 'n aftreedorp. Hier het mense kom aftree wat aanvanklik nogal redelik welvarend was. Jy is verstom om te besef hoeveel aanvanklik finansieel onafhanklike afgetredenes is vandag hier in ons dorpie afhanklik van verskeie welsynshulp.

Daarom - besin ernstig t.o.v. vervroegde aftrede, tensy jy verplig is daartoe of redelik verseker is van  'n aanvullende bron van inkomste.

My 2 sent.

Dalk sal ek oor n paar jaar anders voel as ons weer KAN gaan kamp en as ek nie elke dag worry dat Covid saam my vrou huistoe kom nie en dat my dogter haar matriek sal kan klaarmaak.

 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 23/07/2020 - 19:13

Op 50 die aktetassie onder die sink ingeskop, lê nou nog daar. Nie dat ek nie my werk geniet het nie, inteendeel, maar gatvol geraak vir klieënte se slimmigheid,  vader weet, mens kan net soveel jaar aanhou om " nice" te wees.   Beste besluit ooit, baie goeie jare, met baie kampe en projekte al gedoen, en sal aanhou tot my lyf ingee, wat nou begin gebeur. Dalk nog so tien jaar se karring oor, ek twyvel sterk, maar bly darem blymoedig. Nou ja, as neef geweet het wat se vreugde en lewenslus wag met aftrede, het ek dalk nooit begin werk nie...... jammer my van is nie reg nie, bedoelende daar is nie ou geld in my familie nie.

Secunda

Sleep nou

Wed, 29/07/2020 - 09:31

In kort geen pakket vir my al is ek 31 jaar by firma is ek 53 jaar oud en nie 55 so inkort het ek nou 24 payslips oor ek maak vrede daarmee

Môre Shaun

Iemand het eendag vir my wyse geestelike raad gegee. Moenie deure op jou eie oop forseer nie, dit sal op die korrekte tyd vir jou geopen word.

Beskou die 24 maande as geleende tyd om verwoed te spaar, vir aftrede en vakansies.

Groete