TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -1 hour ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -3 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -2 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -2 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -4 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -4 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -3 hours ago

Geniet jou agterplaas

Worcester
Submitted by Wildehont on Tue, 21/07/2020 - 08:40
Forums

Die inperking het verreikende gevolge. Baie (meeste?) daarvan is negatief, maar daar is ook positiewe gevolge. Tyd saam as gesin, besef dat baie gewoontes wat ons gehad het onnodig was, geld spaar weens minder beweging en beter gebruik van tegnologie vir kommunikasie is ‘n paar voorbeelde waaraan ek gou kan dink. 
Soos almal hier brand ek om uit te kom en weg te gaan, al is dit net vir ‘n naweek. Ons moes 5 naweke weg asook ons jaarlikse toer wildtuin toe kanselleer weens die inperking.
Ons het, afgesien van twee koue tydperke en stormweer tydens koue fronte, ‘n hele paar lieflike dae gehad waaraan ons nie gewoond is in ons 6 winters in die Boland nie. Die afgelope naweek was weer lieflik, veral Sondag toe daar geen wind was nie en die son heerlik geskyn het. Ons het toe ‘n piekniek gepak en na ‘n bergingsdam vir leiwater in die voetheuwels van die Hexrivier berge net buite die dorp gegaan. Ons stap gewoonlik ‘n ent daar terwyl die kinders op die grondpad ry met hulle fietse, en stap dan af na die water waar die kinders dit geniet om klippe in die dam te gooi. 
Sondag was die dam tot oorlopens toe vol weens die goeie reens wat ons tot dusver gehad het. Ons het toe sommer langs die stroompie wat afloop gesit en die kinders het hulle harte uit gespeel. Toe ons tuiskom het ons die piekniek kombers sommer op die voorste grasperk gegooi en verder daar gekuier. 
Teen sononder het ons al vier breë glimlagte gehad na ‘n heerlike dag wat net ‘n paar liter diesel gekos het. 
Dit het my weer laat besef in hoe pragtige omgewing ons woon, en dat ons nie nodig het om ver te reis om uit te kom en God se skepping te geniet nie. 
 

A

Secunda

Sleep nou

Tue, 21/07/2020 - 08:52

Met die virus net soos jy sy Wildehont moet ons uit die boks dink kyk rondom jou omgewing begin stap en explore daar is so baie om nog te sien en ja eerste prys sal wees is om te haak te sleep en te kamp soos baie van ons voel 

Pretoria

Slowstrike

Tue, 21/07/2020 - 09:06

Hoe lekker...

Ons hier in Sodom en Gamorra het nie so baie opsies om uit te kom nie. 

Ek en Elize het sondag dieselfde gedoen met `n piekniek mandjie het ons deur Rietvlei natuur reservaat gaan ry. Beperkte hoeveelheid motors word toegelaat maar die piekniek area was buite perke en ons het sommer so in die ry geeet.

Die diere was of sku maar ons het minder as gewoonlik gesien maar dit was nog steeds lekker. Verste en langste wat my bakkie gery het vandat die lockdown ding begin het

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 21/07/2020 - 09:34

Slowsrike, dis darem 'n lelike naam wat jy daardie mandjie in die tweede reël gegee het !

Geniet jou agterplaas kan ook 'n ander betekenis hê.  My agterplaas is hier agter my huis rondom die swembad.  Daar is heetwat groot sement potte wat na 15 jaar dringend geverf moet word en van nuwe inhoud voorsien moet word.  Die plaaslike kwekery reken toe 'n raps oor die R1000 is billik vir nuwe plante in daardie  7 potte !  Behalwe die betalery, geniet ek darem die gewerskaf hier in my agterplaas op sulke pragtige dae.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 21/07/2020 - 13:30

Een van my vennote hier wil kom aftree. 66, n ernsige workoholic, een van die " my way or the highway" mense. Wel sy huisie is n stokoud, bouvallig en n hippie se droom. Buitegebou se dak so 200mm gesak in die middel. Nou maak ons die buitegebou reg, sit nuwe kappe op met n lekker  batchelors pad in die loft. Volgende n splinternuwe huisie, ook op Karoo boustyl.  Geniet dit om weer so bietjie te bou. Nou kan ek snags wakker lê en beplan....

Worcester

Wildehont

Fri, 24/07/2020 - 09:31

het ons deur Rietvlei natuur reservaat gaan ry.

Ek sien die reservaat kry van Augustus af twee jagluiperd mannetjies vir ses maande.
 

Toe ons nog daar gewoon het, het ons ook ‘n keer of wat op ‘n Sondagmiddag daar gaan ry. As jy ‘n 4x4 het is daar ‘n lekker roete in Groenkloof natuur reservaat. Die ingang is net so ent verby die Fonteine se ingang aan die Suidekant. 

Middag Chris 

Hier in Noord wes provinsie, en Brits omgewing is elke roete deesdae 'n 4x4 roete, dis net die gradering wat wussek.

Groete

 

Worcester

Wildehont

Fri, 24/07/2020 - 12:12

Wessel, dis ongelukkig al ‘n geruime tyd so. My skoonouers bly in Potch en toe ons nog daar bo was het ons ook gereeld Pilanesberg toe gegaan en ek het ‘n projek bestuur om twee bruê te verbreed naby Sun City voor die 2010 sokker wêreldbeker. Ons moes die werk staak weens wanbetaling van die provinsiale regering. In daardie opsig is ons baie bevoorreg in die Wes-Kaap. Die provinsiale paaie word gereeld onderhou en opgegradeer. 

As jy so daar by Losperfontein afdraai, en so deur die plaas paaie bietjie-regs-bietjie-links-bietjie-soontoe  kom jy by n klomp ou quarries....

Daar kry jy lekker 4x4 roete wat nixs kos om uit te ry....

Raak heel interesant as dit so bietjie gereen het..... alles daar is mos turf..... lekker snotterige turf....

Maar, as jy daarvoor nie lus het, ry maar deur die dorp..... deesdae is dit ook 4x4 se terrein... laugh

fdvgttr