TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -2 hours ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -3 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -3 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -3 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -4 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -4 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -4 hours ago

Kampeholics FB groep

Meyerton
Submitted by Sampie on Wed, 22/07/2020 - 23:04
Forums

Manne ek het aan gesluit by Kampeholics Facebook groep wie weet ook van die groep. Is daar meer sulke groepe

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 23/07/2020 - 06:11

Goeie môre Sampie, baie welkom hier by ons forum.👍 

Ek doen nie face book nie, dus kan ek jou nie antwoord nie,  maar hierdie groep is beter.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 23/07/2020 - 12:47

Baie welkom hier by ons op Kampforum.  Gesels eerder hier met ons.

Ja daar is baie van daai groepe op fb, maar ek geniet dit meet om hier te kuier.

 

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 23/07/2020 - 13:11

Ek is ook op daai groepie opFB smiley

Ek hou my vriende kring op so ± 200 vriende.

Meeste is my ou skool vriende en veral die matrieks. Moet erken ek het op die manier weer kontak  kon maak hulle. Kan nie glo hoe baie is al oorlede nie. Ons het nou ook na ons 40 jaar reunie n Whats-App groep gestig.

Meeste ander mense op my groep is van die ou Wegsleep Forum lede (Natuurlik ook van die lede hier) Daar was n tyd wat ek van my vriende verloor het as gevolg van tegniese probleem op Facebook en ek moes weer mense laai, (befriend). As jy my nie meer sien nie, was jy n slagoffer (dit is nou as jy n vriend was op FB)

As daar mense hier is wat graag my wil "beFriend" ek gebruik die naam Harlandt Harry Du Randt op Facebook. Ek weet almal doen nie die ding, maar ek het baie vriende en familie wat nie die kamp ding doen nie. 

 

Centurion

Voortrekker

Thu, 23/07/2020 - 13:47

Ek het al die groep raakgeloop op (Kampeholics)  FB en nogal gewonder watse nuwe een steek nou sy kop uit.  Ek het nogal dieselfde gewonder as Frik oor wie het nou van waar af weggebreek? Of dalk nie?   Ek het nog nie daar gaan inloer nie. 

Vereeniging

Harry Du Randt

Thu, 23/07/2020 - 14:24

Moet erken op ons Forum is dit rustig en lekker. Hier is geen bek gevegte nie. Baie volwasse mense hier. (dink ek maar, almal het min tande smiley)

Facebook en hulle groepe is n andersaak. Dit is asof niemand, niemand iets gun nie.

Daar is Sleepsaam, met sy klas-kapteine en leiers wat dit bestuur, dan is daar KampMal (baie groot groep). Daar is meer vryheid en hulle is nie so streng soos Sleepsaam nie.

Sal maar sien hoe die nuwe groep loop.

My (ons) "Selfbuid" FaceBook groep is ook rustig, moes nog net eenmaal iemand vewyder. Persoon wou nie by die reels bly oor politiek nie. Na daar mooi gevra is.