TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -2 hours ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -3 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -3 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -3 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -4 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -4 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -4 hours ago

Munisipale heffings

Pretoria
Submitted by Slowstrike on Mon, 27/07/2020 - 09:18
Forums

Sit ek vanoggend en betaal al die nodige wat gedoen moet word.

Die munisipale rekening lyk heel verdag en ek kyk toe maar mooi wat aangaan. Skielik vanaf die maand is daar twee nuwe heffings op die rekening

Water Netwerk toegangsheffing R96.60

Sanitasie Netwerk toegangs heffing R56.32

Hierdie heffings was nooit daar nie. Is nooit gekomminikeer nie, Bloot eenvoudig bygesit en ek as verbruiker het geen sê daaroor nie.

Ek gebruik feitlik geen munisipale krag nie (Moewiese solar stelsel) en ook geen munisipale water nie (Boorgat met drukpomp en filters)

My vraag is nou moet ek die heffings betaal en so ook die miljoene huishoudings. Ek wonder of dit uitgedink was om voorsiening te kon maak vir die 6.5% verhoging wat die munisipale amprenare wat die vuilgoed dromme omkeer in die strate ,die munisipale kantore verwoes en weier mom die vuillis te verwyder al betaal jy daarvoor.

Enige ander Pretorianers wat dieselfde voel en wat kan mens daaromtrent doen....Seker maar shutup en betaal

 

Groetnis

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 27/07/2020 - 09:52

Môre Danie, dit is rof😈

Ongelukkig gaan baie dinge nou gebeur tydens die inperking, onder die vaandel van moeilike kommunkasie, om die staatskas aan te vul. 

Bankrot SAA, word weer uit gehelp, met ons geld

Bankrot Eksdom, selfde, en so kan ons aan gaan. 

Prasa.......

Nou ja, laat ek nou nie weer my politieke voet in 'n by nes in druk nie, mag mos nie jou opinie lig nie 😂

En vandag se pap lepel gaan aan?..............my👍

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/07/2020 - 13:03

Hier by ons in Kaapstad werk dit so :-

  • Water : 'n vaste basiese heffing van R58.52 pm vir die beskikbaarstelling van water na ons huis, of jy verkies om dit te gebruik of nie.  Ek dink dis billik want ons gebruik reënwater in die winter en nie munisipale water nie, maar dit is altyd tot ons beskikking sou ons dit wou gebruik.
  • Riool : rioolwater by 'n huis is nie meetbaar nie en 'n persentasie van die water-voorsiening word gebruik as skatting van riool afvloei.  Omdat ons nie munisipale water gebruik nie, is ons rioolwater rekening nul.
  • Elektrisiteit : ons gebruik koopkrag en daar is nie 'n maandelikse basiese heffing nie

 

Polisie-optrede:-

  • Ernstige geweldadige betogings vind tans hier naby ons plaas.  By Delft, 'n township naby Bellville gaan dit erg.  Ons huisulp (sy woon in Delft) het vir ons 'n videogreep gewys hoe 'n winkelsentrumpie naby haar huis bestorm en geplunder word met hordes mense (insluitend skoolkinders) wat nader staan om te stroop wat te strope is.  Ook, 'n Standard Bank OTM word met 'n sementpaal as stormram gebruik om dit te vernietig.  En op die video geen polisie of weermag in sig nie.
  • 'n Dag later vind 'n stemmige betoging in Kaapstad plaas waar restourant-eienaars, kelners en sjefs langs die straat op stoele sit met hulle plakate  -  geen geweld en geen opstruksie gepleeg nie.  Op 'n videogreep word gewys hoe die polisie met 'n waterkanon hierdie betogers onderste bo spuit en ook tot binne-in restourante.

 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 27/07/2020 - 13:24

Onlangs in ons koerantjie in groot swart letters," Munisipaliteit verlaag belasting". Kry ek so warm gevoel hier binne, hulle kyk darem ook aan ons gewone mense in hierdie moeilike tyd. Lees ek verder. " die munisipaliteit gaan slegs n 5, 5% verhoging ipv die beplande 6% vir die volgende belasting jaar hef. Kan nie stry dat dit n verlaging is nie, maar die warm gevoel vir hulle is nie meer nie.

Is van die beamptes dalk bang vir die woongebied se skare,? nou bully hulle maar die passiewe klompie om nie heeltemal naam te verloor nie.

Pretoria

Slowstrike

Mon, 27/07/2020 - 14:36

Oom Len 

 

Ons sanitasie is al reeds `n persentasie van die waterverbruik maar nou is daar nog `n bykomende heffing. 

Die persentasie van die waterverbruik vir sanitasie is ook maar heel onregverdig aangesien nie al die water wat verbruik word in die rioolstelsel beland nie maar nou ja betaal sal ons betaal.

So jaar gelede het daar ook skielik so heffing op ons rekeninge verskyn nl. `n Stadsreiniging heffing. Die bedrag was gelykstaande aan die vuillis verwydering Dink dit was R128. 

Toe ek bel en uitvind waarvoor dit is word ek meegedeel dat dit is om die stad paaie en sypaadjies netjies en skoon te hou. Ek vra toe maar ..dus as dit vuil is buite my werf en die gras is lank wie kan ek bel om dit dan te kon skoonmaak was die antwoord...Jy moet dit maar self doen.

Die DA het hulle aangevat aanfesien dit onwettig was en al wat die stadsraad toe gedoen het was om die vuillis verwydering se bedrag te verdubbel en die bewoording van stadsreininging heffig weg te laat.

Hier by ons was daar ook weer stakings en weereens is vuillis nie verwyder nie maar nog steeds moet jy daarvoor betaal Dit maak my moerig 

 

Groetnis

I was charged PER TOILET. There where 3 toilets 1 En suit, 1 guest bathroom and one in the servants room, (which I never used, as minimum wages was on the way in and I judged "hier kom n ding"so I downscaled to "white appliance")... cheeky......

What get's me, is that all around me, here there and everywhere, there is illegal building happening, rooms for hire are sprouting up like weeds in an un-tenderd mielie-field and I bet 1 penny to a USD... not one of them is paying for the additional toilets going in...

Up to reciently, I complained to the local counciller (DA run ward) several times but she is just as useless as all the bloody rest & excuses excuses.... never kept any arrangeement

me? now? I'm too old to worry, ain't my problem anymore.....

Waar my wa staan

Arie

Mon, 27/07/2020 - 17:03

Pay per toilet has long ago stopped.

You pay a % of water usage!

Problem is that the municipality need x amount, so however we juggle what we pay for the end result will be the same. Drop sanitation fees then increase taxes.

Whatever you do you wil pay, remember the old saying

" Bollie en betaal, die wet van Transvaal"

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Mon, 27/07/2020 - 18:49

Oom Arie...

Bollie was n cartoon outjie destyds in die Huisgenoot.

Gebruik asseblief die regte woord!

Ek bly n rukkie weg en kyk wat word van die wereld!

pretoria

pieterc

Tue, 28/07/2020 - 08:06

Hierdie nuwe tariewe en heffings kom van n 3de party af en kan (sal) moontlik verskil tussen stadsrade / streke.

My eindom waardasie is ook met 7.45% op, dus meer eiendomsbelasting.....

 

Pretoria

Slowstrike

Wed, 29/07/2020 - 17:53

Manne ek moet met spyt my onnoselheid erken. Dit kom daarvan dat jy eers kla en dan behoorlik ondersoek instel. Wel dit help ook as jy die regte inligting die eerste keer kry as jy begin navraag doen

Die is die boodskap van die DA raadslid

Goeie Naand Meneer Fourie, die stad is op 23 Maart 2020 deur die Provinsiale Wetgewer onder administrasie geplaas, met die gevolg dat die demokraties verkose raad, ontbind is. Die stad is tans onder bestuur van 'n span administrateurs wat deur Gauteng Provinsie daar gestel is.
 
Die Begroting was oopgestel vir openbare deelname deur die administrateurs van die stad, die hele begroting ingesluit die heffings was deel van die proses.


Vriendelike groete
Juanita du Plooy
Cell: 083-231-0xxx

 

Nie veel van hulp gewees nie maar nou ja......

 

Hierdie ontvang van die munisipaliteit. Groot was my verbasing want niemand verwag ooit dat jy eers erkenning van ontvangs sal kry nie wat nog van `n antwoord....

Gaad day Danie,

Part of the annual budget adjustment process is the approval of new tariffs. The revised budged and tariffs follows a public consultation process during April and May each year through, amongst others, ward council meetings, public meetings, publication on the web and other media. This year, due to the Covid-19 emergency, it only followed the media processes. The budget was officially approved on 30 June 2020 and is applicable from 1 July 2020.

The new network available charge is to ensure operation and maintenance (O&M) of the infrastructure, including the supply of the first 9 kl per 30 day period. Consumption charges are only levied for the water consumed over and above 9kl/month. The O&M is a fixed cost, unrelated to consumption, and the new structure is thus a more just allocation of cost to the consumer.

Regards


Frans E. Mouton
Director: Infrastructure Planning & System Development Services

Water and Sanitation Infrastructure Planning & Implementation Division 
Room B509 | Capital Towers North Building | 225 Madiba Street | Pretoria
PO Box 1022 | Pretoria | 0001 | www.tshwane.gov.za | Fraud Hotline: 080 874 9263

Tel: 012 358 8022 | Email: FransM2@tshwane.gov.za

“What’s urgent is seldom important; whats important is seldom seen as urgent” – Dwight Eisenhower

Dus beteken dit dat ek eintlik niks vir my water of sanitasie sal betaal as ek minder as 9kl water gebruik nie. 

Verlede maand het ek my filters vervang `n UV filter bygesit en ook `n lek op die drukpomp laat herstel en dus was my verbruik 12kl. Alles is nou weer soos dit was en ek moet slegs sorg dat ek onder 9kl bly.

Het uit ondervinding geleer om nie niks munisipale water te gebruik nie want dan is jy ewe veel in die moeilikheid want dan dink hulle jy steel die water en dit geld vir kragverbruik ook. Sodra jou lesings vir meer as 2 maande dieselfde is word ondersoek ingestel met die gepaardgaande moeite en drama so al gebruik jy 1kl water en 20kwh krag is jy ok.

Moral of the story......

Jammer ek het julle bloedruk opgejaag maar ek is ook dankbaar dat ek en ander hieruit kon leer

 

Groetnis