TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsartikels buttonsaamtrekkelekker resepte

75839 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hier is darem 'n paar mooi… Voëls Johann L -2 hours ago
Ek is so bly julle het weer… Stof in kappie Johann L -3 hours ago
Ek glo 'n batery moet altyd… Karavaan Battery Johann L -3 hours ago
Ja Wessel jou rowwe bliksem  Stof in kappie Voortrekker -3 hours ago
Oops Die Ford en die Exclusive Willem Brits -4 hours ago
Komaan man, jy verdien dit… Stof in kappie Wildehont -4 hours ago
Het jy weer die Ford gestamp? Die Ford en die Exclusive Voortrekker -4 hours ago

Vrystaat

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Tue, 28/07/2020 - 09:53
Forums

Sit ek nou hier en wonder,  behalwe vir ATKV Drakensville, wat se ander kampeer oorde is hier in die Vrystaat?

Verkieslik Drakensberge omgewing, ek wil graag so soort van data basis op bou van oorde per provinsie, ek weet Willem het iets soort gelyk, maar in die Vrystaat kry ek net Drakensville.

Middag Johann

Kyk bietjie op die forum se kampplek lys. 

Reynecke park is 'n oorslaapplek by Bloemfontein, BESLIS nie 'n vakansie hou plek nie. Behalwe as jy na die kultuur-historiese aktiwiteite in en om Bloemfontein wil gaan kyk.

Groete

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 28/07/2020 - 14:14

... is mos in KZN, dan nie? Vakansieplekke in die ware sin van die woord is maar skaars in die Vrystaat. Gariep is 'n amperse opsie, maar dit is eintlik maar al. Aldam perdalks, maar ek sal dit nie beskou as 'n vakansieplek behalwe in Des/Jan nie. Die enigstes wat andersins opsies kan wees is naby Parys, maar dit is aan die Noordwes-kant van die rivier soos Eastco Parys en Weltevrede.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 28/07/2020 - 15:19

Bloemfontein

Lapskag

Tue, 28/07/2020 - 19:18

Meirings kloof by Fouriesburg is veilig, ons was 2 jaar terug daar. Tava Lingwe buite Vredefort is ook veilig en bekostig baar, hulle doen wild besigtiging en leeu toere ook daar. Kan gerus besoek word en nie te ver van Vaalpark af nie

Môre Johann en ander

Ek het verlede jaar daar gestaan vir 6 aande, die meeste daarvan alleen.

Pragtige kampeerterrein, diep in 'n kloof. Grond staanplekke, met baie koelte, en ook nogal koel. Die enigste klagte was dat die ablusieblok baie oud was[is], maar alles het wel gewerk. 

Probeer uitvind of die vreeslike bouery by Golden gate al klaar is. Met my besoek verlede jaar April, was daar baie konstruksie in en om die woonwapark.

Groete 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 29/07/2020 - 08:31

More Wessel, sal so maak dankie, hoop net hulle is oop vir kampering. Moet nog my vrou oortuig, sy is maar pieperig vir koud kry😂

Bloemfontein

Lapskag

Tue, 04/08/2020 - 08:26

Hi Johann, ek het gister met Susan van Eastco Parys gepraat en hulle is ook oop. Die padblokade by die rivier is weg vir n geruime tyd en sy mag 9 karavane nou op n slag huis ves. Ek wil voor einde Augustus probeer om draai te gaan maak. Die 9 besoekers gaan oor die hoeveelheid mense per stort verstaan ek. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 04/08/2020 - 09:13

Dankie Lappies, ek het 'n antwoord van Meieringspoort ontvang, hulle maak September oop. My idee is om sneeu te gaan kyk in die Drakensberge omgewing, maar baie dankie.👍 

Ek het slegte stories van Golden Gate gehoor,  nou is ek skrikerig om daar te probeer surprise