Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -9 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -10 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -12 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -12 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -13 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -14 hours ago

Woonwa skuiwers[movers]

Brits
Submitted by wessels on Thu, 22/10/2020 - 11:08
Forums
Middag vriende Wat se aandrywing maak die "movers" gebruik van, 12volt, 220 volt of kan mens dit kry met beide. Wat maak mense wie se waens nie batterye het nie, kan julle "movers" gebruik?? Groete

Middag Willem

Ek het gou na Ewiks se webblad gekyk. Hulle stelsel is ook 12v gedrewe. Hulle onderneem om battery en laaier te installer, saam met hulle stelsel.

'n Vriend het 'n Sprite, en die het nie 'n battery nie, slegs 220 v.

Ek het met laaste kamp in Pilansberg juis staan en kyk hoe ouens hulle Jurgense rondstoot, los hande. Die ene was 'n ou model Penta, en die ander ene 'n nuwerige Klassiek. Nou wonder ek skielik, het die nuwe Jurgense darem steeds 'n battery stelsel, of is hulle ook deesdae net 220V??

Groete

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 22/10/2020 - 12:52

Wessel, ja die Ewiks is lokaal en is ok vir 'n enkel as, raas maar dit is net as jy hom gebruik.  Die nadeel van hom is hy is nie "auto engage" nie, dit is handig as jy hom teen 'n muur parkeer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 25/10/2020 - 18:24

Wessel, ek het 'n PowrTouch "mover" op my wa wat wel 'n 12V battery in het, maar :-

  • die battery was te lig in die broek
  • die oorspronklike battery was op die A-raam gemonteer en te ver weg van die agterwiele waar die "movers" gemonteer is

Die verskaffer het toe 'n sterker, groter battery aanbeveel en dit onder 'n bank binne-in die wa, bokant die agteras gemonteer.  Omdat my wa sy eie batterylaaier het, was dit nie nodig om die PowrTouch-laaier te installeer nie.

PowrTouch beveel aan dat jy NIE die "mover" gebruik terwyl die 220V-krag aangeskakel is nie.

Môre Len

Dankie vir die raad, ek sal dit oordra aan my vriend.

Ek vermoed die probleem is die stroomlewering van die batterye. my eenmotorige elektriese neuswiel trek 30 amp in gebruik.

Groete

 

Middelburg

Noel

Mon, 26/10/2020 - 13:50

Wessel,  my 2017 Fleetline kom uit met 12V ledligte met sonder battery. Die ledligte werk deur 220V/12V transformator. Ek het die transformator verwyder en 12V batterylaaier ingesit met batteryboks in die neuskas. Ek het die Ewiksmover by die agente in Pinetown gekoop en self geinstalleer. Ewiks gee vir jou die volledige instruksies volgens die karavaan model hoe om die mover te installeer. Boormasjien, 13 spanner en 13 socket met ratchet is nodig om te installeer. Die geraas van die mover pla my glad nie en moet wheelspanner gebruik om te energize of unenergize. Geen elektroniese komponente in die control panel nie. Die control panel werk met 4 x12V relays en handcontrol met 2x tokkle switchs. Ek is baie tevrede met Ewiks mover

Brits

Wessel Strydom

Sat, 07/09/2024 - 06:31

Ek het nou twee name vir die skuiwers, PowerTouch en Ewicks. 

Volgens  Echo is dit moontlik om skuiwers aan 'n Kavango te sit. Ek wonder nou wat gaan dit kos as hulle dit aanskaf en aansit, teenoor die verskaffer self. Dit sal seker beter wees as Echo dit doen, want hulle ken sekerlik hulle waens se onderstelle en hegpunte die beste.

Volgens Ewicks  se webblad kos 'n stel nou so ongeveer R16000, seker sonder instalering. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 07/09/2024 - 07:53

... laat doen dit by die ouens wat jy ken en wat vir jou die gerieflikste geleë is - dit klink vir my na Echo. Pine Joubert het my Ewiks "movers" geïnstalleer vir R19 000 (as ek reg onthou) - sowat 3 jaar gelede.

Pretoria

Geert

Sat, 07/09/2024 - 07:54

Ek het op my vorige karavaan Powrtouch gesit...omdat Sprite Swing nie met battery stelsel uitkom nie, was dit ekstra kostes....het daai tyd al R32000 gekos. Powrtouch is n heerlike mover en lekker stil, maar toe gee Powrtouch probleme. Toe ek hulp nodig vra vir agente onder waarborg, sê die mense ek moet my karavaan Viliers toe bring vir naverkoopdiens. Ek dink Willem Brits het ook al paar keer Villiers toe moes ry..en dan werk die agente op jou karavaan en as jy tuis kom is dit steeds nie reg nie en moet weer gaan. Parte is nog op bestelling....wagtyd is 3 maande vanaf oorsee. Ek het oorspronklik gedink om movers oor te skuif na huidige karavaan, maar die ouens wou my R7000 rook. Ek het toe maar Ewiks opgesit en tot vandag toe nog bly om lokaal te wees.....geen verwagting om karavaan Pinetown toe te stuur vir naverkoopsdiens nie. Toe ek op Kersdag n nuwe battery moes koop, het Ewiks se manne my op Kersdag gebel en raad gegee.  Daars paar goeie Ewiks installerders in jou omgewing wat die movers by jou huis kom insit. Ek het carvanmovers gebruik, maar ek hoor CJ Aircon doen ook puik werk. Ek sou sulke ouens gebruik want hulle installeer gemiddeld 2x movers n dag....so hulle doen dit al amper toe oë. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 07/09/2024 - 09:48

...........stoot nou al vir 8 jaar my Exclusive oral rond waar ek hom wil hê sonder enige probleme.  Ek neem die wa elke twee jaar na Pine Joubert, die installeerder van PowrTouch en Ewiks movers hier in die Kaap, om seker te maak die movers is binne-in skoon en alles werk soos dit moet.