TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -17 minutes ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -1 hour ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -1 hour ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -1 hour ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -1 hour ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -2 hours ago

Sonpanele

Brits
Submitted bywessels onFri, 01/01/2021 - 11:31

Middag vriende

My lus vir kampeer hang noual omtrent op die grond. Ek wil nie eers dink aan die negatiewe Covid nie. Ek het sommer my sonpanele uitgepak, en gekoppel aan my wa se laaistelsel. Dis darem lekker om te kyk hoe die panele 16amp [volson] lewer. Met die somerson in Brits, was die batterye sommer gougou op 14v, en het die beheerpaneel die stroom verminder. 

Tog interessant hoe 'n wolk voor die son die stroom uitset verminder. Ek het net besef dat as mens 'n week lank in bewolkte weer gaan staan, of in die koelte, kan mens se batterye dalk nie byhou nie. Ek is nogal bly my panele is losstaande, dus kan ek dit in die son sit, en hopenlik die wa in die koelte. 

Groete 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/01/2021 - 14:52

Wessel, ek is mos nie volwaardig toegerus vir "off-grid" nie, maar ek het darem 'n McGyver metode om my battery te laai (net vir ligte , waterpomp en selfoon/laptop batterye)  -  die res is gasaangedrewe.

Ek is bly jou panele laai jou stelsel perfek.  In die Wildtuin het ek my kamppêl se ekstra, losstaande sonpanele as 'n "back up" en hoef dus nie bekommerd te wees nie.  Sonpanele is beslis die antwoord, maar ek wil nie graag nog kapitaal spandeer nie, veral as ek 'n ander ou se kapitaaluitleg kan gebruik !

Middag Len

Nou maak jy my nuuskierig/bekommerd. 

Ek kan verstaan as jou vriend, jou battery met sy stelsel laai, MAAR ek twyfel of jy 'n losstaande paneel netso, direk op 'n battery kan koppel. Ek is oortuig dat 'n sonpaneel ongeveer 23V lewer, en dit kan jy nie direk aan 'n battery koppel nie, of wat mis ek nou.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 01/01/2021 - 16:31

Nee Wessel, daar is darem 'n "regulator" tussen-in wat net genoeg (ek dink 14V) laai.  My pêl het eers van die eerste Echo boswaens gehad wat nie standaard vir sonpanele voorsiening gemaak het nie.  Toe het hy met sy losstaande sonpaneel en "regulator" sy Echo-battery gelaai.. Intussen het hy 'n BusLapa Boabab aangeskaf met sy eie sonpaneel en kragstelsel wat die losstaande sonpaneel eintlik oorbodig gemaak het.

More Len

Dit maak nou sin. Ek hoop net jy laai die ekstra paneel op wildtuin toe. Dis mos net reg dat jy die gewig sleep, vir die gebruik daarvanlaugh

Middelburg

Noel

Sat, 02/01/2021 - 23:27

Wessel, gebruik groter watt solarpanel om hoer stroom te kry vir onweer dae as die laer watt solar panel om die batterye gouer vol te kry. 150 W - 200W panel is voldoene vir onweer dae en dit is groter en neem meer spasie as die 80W - 100 W solar panel. 

More Noel

Net soos jy noem. Ek het 320 watt panele, saamgestel uit 2 opvoubare toeknip eenhede, elkeen bestaande uit 2 panele van 80watt.

Ek behoort dit te maak want met bewolkte weer, het stelsel so 6amp gelewer. Die National Luna trek so 3.5 amp as dit op temperatuur is, as dit loop. Dit gee my dus so 2.5 amp surplus wat die batterye kan laai. Ek het 2 batterye wat tesame 210amp.hr kapasiteit het.

Ek dink sommer aan die situasie waar mens moontlik twee NL wil bedryf. 

Dink jy die oprol tipe panele is effektief, in vergelyking met die konvensionele? 

Sommer so bietjie interessant info. Ons somerson gooi ongeveer 1000W/m2 vir ons, in ons omgewing neer.  My 320watt kom uit 'n area van 2.3m2, wat beteken 'n uitset van 139watt/m2. Dit is dus maar tipies 13.9% effektiewe benutting van wat son ons gee.

Groete

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 03/01/2021 - 08:20

Wessel, die oprol sonpaneel gaan beslis saam Wildtuin toe (maar nie in my kar nie, wel in my pêl se Cruiser  -  hy wil mos 'n groter voertuig as ek hê !)

Secunda

Sleep nou

Mon, 04/01/2021 - 08:02

Ek het my 300 watt son panel ook so laat maak dat ek agter die son aantrek hy is los stande ja dis iewat van n slep maar so gebruik jy jou system optimal

Centurion

Voortrekker

Thu, 25/02/2021 - 11:04

Ek wag vir my Victron Smartsolar 75/15 om in die Scorpio se battery boks in te bou.  Het maar besluit op die victron aangesien die eenhede lekker modulêr is - asook die bluetooth funksie laat my toe om alles mooi te monitor en ook die battery te monitor al word hy nie gelaai nie.

v

Middag Voortrekker

Ek sit en kyk na die blou boksie, seker nie iets te doene met die term "blue tooth" nie?

Grappies op stokkie-- ek sien die woorde smart solar controller. Ek wonder nou, 'n sonpaneel, afhangende van "watt" grootte, lewer relatief lae stroom. Byvoorbeeld soos ek hierbo genoem het, ek kry 16 amp uit my 320 watt panele, in volson. Hoe vergelyk die 16 amp met wat jy uit jou trokkie se alternator gaan trek, as input na die blou Kassie. Die vraag is----kan die blou boksie daardie strome hanteer.??

Groete

Centurion

Voortrekker

Thu, 25/02/2021 - 12:22

Wessel Victron maak nie soos ander ouens een boksie vir son en alternator laai nie.  Vir die Alternator beplan ek om 'n Victron DC-DC laaier te kry - die 18 Amp een.    Hoop ek verstraan jou vraag? 

Die SmartSolar hanteer slegs die sonpanele -  die 75/15 kan maksimum 220 watt verwerk met maks 75V - dit behoort goed te werk veral met die monocrystalline panele 2 x 120 Watt

 

v

Centurion

Voortrekker

Thu, 25/02/2021 - 12:24

Wat ek hou van die Victron is dat alle modules op dieselfde netwerk gemonitor kan word d.m.v die bluetooth en smartphone app. yes

Verstellings kan ook deur die app gemaak word.

Anton

Jy verstaan my vraag korrek. Met verwysing na die voorbeeld van die alternator boksie, is die 18amp nie te min nie??

Ek het geen idee waarvan jy praat in laaste inset nie. Ek gebruik nog 'n Nokia 3310 as telefoon. Dit het nog 'n aantal drukknoppies en kan sms'e stuur.

Onthou ek ry 'n wit …... 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Thu, 25/02/2021 - 13:42

Ek is bly om te sien ons praat n bietjie oor Sonpanele en die victron Charge controllers maar ek het nou n bietjie van n ander vraag, Ek het tans n 150watt son paneel op die kanopie se dak met charge controller en 100 AH battery in die kanopie, het al getoets en hy werk mooi as die son skyn om die battery te laai vir die ligte rondom die kanopie en om die 60 liter snow master yskas/vrieskas te trek.

maar as dit bewolk is, hoe maak n man dan nou, nou wil ek weet, meeste staan plekke het krag, kan ek n gewone battery laaier direk op die battery koppel, saam met die sonpanele wat krag voorsien deur die solar charger om die battery te laai vir die kanopie ligte, natuurlik gebruik ek die kamp se krag om die yskas/vrieskas deur die nag te laat loop? 

Centurion

Voortrekker

Thu, 25/02/2021 - 13:50

Josef daar is 'n risiko om dit saam te gebruik.  Dit gaan die "intelligent" chargers se koppe heeltemaal deurmekaar maak oor wat die werklike spanning oor die battery is.   In die geval van krag by die kamp sal 'n redelike sterk laaier bv 'n 8 of 10 amp mos 'n deeglike werk doen en dit nie nodig wees vir solar ook nie?

Ek weet wel dat sekere modelle Intelleigent chargers ook nie geskik is om te laai en 'n las te hanteer op dieselfde tyd nie?  

Middag Josef

Ek dink jy moet as volg te werk gaan:

1] Kamp met 220v: Gebruik die 220v tesame met 'n CTEC laaier om jou battery te laai. Laat loop jou koelkas steeds op 12v vanaf die battery. Moet nie jou sonpaneel stelsel ook aan die battery Koppel nie.

2] Tydens ry: Gebruik jou sonpaneel stelsel om jou battery gelaai te hou, terwyl jou koelkas elkgeval vanaf die battery krag ontvang.

Ek sal nie 'n 220v en sonpaneel -stelsels tesame aan 'n battery kopppel nie.

Groete

 

 

Centurion

Voortrekker

Sun, 28/02/2021 - 18:57

Ek het die Victron die naweek bietjie uitgetoets. Ek het sommer aan 'n 'n eenvoudige 80 watt 18v paneel opgekoppel en ek moet sê dit is ongelooflik wat die laaier kan doen!

Gister was dit redelik bewolk deur die dag en kon ek 140 Whr opwek tussen 10am tot 4pm.  Vandag (95% vol son) was ek verbaas en het die eenvoudige 80 watt paneel d.m.v die victron mppt 410Whr gelewer. Op stadiums het die paneel 6amp laai stroom gelewer met 87 watt.

Die smartphone app is net so indrukwekkend.  Dit wys my presies wat aangaan m.b.t paneel stroom, spanning en watts asook dieselfde vir die battery. Die bonus is dat hierdie modelle ook die las monitor en vir mens presies sê hoeveel krag ingaan en uitgaan.   

Die battery laai stappe en monitor is ook in 'n ander klas.

Centurion

Voortrekker

Mon, 01/03/2021 - 10:00

Ek het nou net hierdie screenshot gevat van die Smartsolar App van Victron.  Hier lewer die 80 watt paneel 3.8 + 3.5 Amp. 'n Totaal van 7.3 Amp.    Hy het op 'n stadium gepiek op 101 watt

V

Môre Anton

Ek sukkel om die foto te vertolk. Ek lees dit as volg;

1] Heelbo aan: Dit vertoon die uitset van jou panel- 99W, 17.25V, 5.8 amp

Hoe kan dit meer waae as die panel se gradering van 80W??

2] Dit vertoon die status van gekoppelde battery, 13.09V en laaistroom[?] van 3.8amp

3]Loud output: Jy het iets gekoppel gehad aan die stelsel/battery. Dit het 3.5amp getrek.

Die totale stroom uit jou sonpaneel was net ongeveer 5.8 amp. Omdat jou battery reeds op 13.1V was, was net 3.8 amp in die battery ingestoot, nie die volle 5.8 amp nie.

Omdat jy 3.5amp "loud" op battery gehad het, maw stroom wat battery lewer, was die laaistroom effe groter op 3.8amp.

Moenie die strome bymekaar tel nie.

Groete