TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -24 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -7 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -7 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -8 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -8 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -9 hours ago

Seël van karavaan deur

Submitted byServaas onThu, 22/04/2021 - 13:46
Forums

Middag mede lede. Met ons laaste kamp het ek agter gekom dat my karavaan se deur nie meer lekker is nie. Het hom toe die naweek afgehaal en oopgemaak. Feitlik 50% van die deur het houtvrot. Die karavaan plek in Somerset Wes kan my eers einde Mei help. Besluit toe om sommer self te probeer regmaak. Ek dink daaraan om soliede pine hout blad te gebruik en dit volgens spesifikasies te sny en dan die vorige aluminium plaat daarop te plak. Ek sal dan die aluminium raam weer om die deur plaas met skroewe (soos dit was) asook natuurlik seel met Sikaflex. Ek wil net weet watter (nr) Sikaflex ek moet gebruik. Verder het ek geen idee hoe om die binnekant weer so na as moontlik te laat lyk soos die oorspronklike nie. 

Sal my idee werk of is dit nie wenslik nie?