TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -34 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Genoeg was genoeg........

Nelspruit
Submitted byKoos Mol onFri, 23/04/2021 - 19:58
Forums

Met ons laaste kamp in die wildtuin en op Swadini het ek tot die besef gekom hierdie lyf wil nie meer so lekker agter in die Beeckman kappie in en uit nie, en my knieë op die riffel bakvloer wou ook nie meer saamwerk nie. Besluit toe om dinge makliker te kan bykom is daar net een oplossing, want daar gaan nog baie gekamp word.

Die Ranger kry toe die week 'n nuwe Rhino-jassie.

Durban

Jan Meyer

Fri, 23/04/2021 - 20:26

Koos dit is beslis meer gerieflik. Myne het ek aan die eenkant die kassies gekoop en Elmarie gebruik dit gereeld om goed in te pak. My vrieskas pas onder die kassies in.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/04/2021 - 20:56

Koos, is dit nog dieselfde Ranger waarmee jy eenkeer met die rathefboom in die hand gesit het ?  Hierdie een lyk splinternuut !

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 23/04/2021 - 21:29

Ek was nog nie een oomblik spyt oor my Rhinocab nie. Uitstekende kappie. Vandat my seun syne op sy vorige 4x4 gehad het, het ek besef dit is my volgende kappie.

Nelspruit

Koos Mol

Fri, 23/04/2021 - 21:37

Nog dieselfde Ranger, 6 jaar en nog so sterk soos by geboorte, baie trots op sy nuwe jas.

More Koos

Ek het presies so ene 'n maand gelede bestel. Ek moet nog besluit of ek die dakrak ook wil opsit.

Ek wil maar eers dit toets onder die garage-deur, en dan besluit watter tipe dakrak is nodig om te pas.