TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -50 minutes ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Op-I Plaas boskamp

Secunda
Submitted bySleep nou onSat, 24/04/2021 - 15:48
Forums

So was ek Maart oppad na my ma in Phalaborwa net verby Origstad tussen die plaase aan die linkerkant kry jy n groot skoen en so 10 meter verby skoen aan jou linker kant is daar op die plaas n lekke paar staan plekke onder bome met nice gras en verder aan innie bos paar staanplekke vir die ouens wat weg wil wees innie bos

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:01

Paar fotos van staanplekke onder bome en gras kyk hier word dit warm temp word tot 45 in somer

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:11

Elke staanplek het sy eie sleutel vir badkamer nie nuut nie maar skoon lekke warm water wanneer nodig en spoel toilet al die toilet deksel covers is ook nou vervang en nie soos in my foto nie 

Middag Shaun

Ons ouens oppad wildtuin toe wil graag weet;

1] presies watter pad jy gery het. Ek raai N4-Belfast Origsts, Strydom tonnel deur.

2] Sal jy dit aanbeveel vir 'n woonwa of nie.

Hoor graag 

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 20:12

Die pad soos jy beskryf het ek gery Die pad vanaf die oord hek na oord baie mooi grondpad daar is soos jy sien so 6 mooi staanplekke onder bome gras is kort gesny verder aan begin boskamp waar gras lank is maar vir my nice verseker Wessel gaan slaap oor 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 25/04/2021 - 08:25

Ek kan daai een vir jou antwoord - NEE!! Ek het dit nie só lank terug gery nie en dit was plek-plek haglik. Dit was sonder om te sleep. Veral die gedeelte tussen Orighstad en Lydenburg is skrikwekkend. Lydenburg se strate is 'n skande. Die pad tussen laasgenoemde en Dullstroom is gat op gat. Bly weg met 'n woonwa as ek jou kan aanraai - selfs met 'n Kavango.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 25/04/2021 - 08:43

Die paaie rondom  en in Lydenburg is al vir jare in 'n haglike toestand en word net erger en erger.  Om dié rede ry ek glad nie meer die verskillende roetes rondom Lydenburg nie.

More Chris, Len, Shaun

Ek bly mos hoop, want dit is eintlik so 'n mooi deel om te ry.

Dit is natuurlik net so mooi deur Heanertsburg en Georges valley. Ek het nog nie van Gravelotte suid gery in die rigting van Swadini en Orpen hek nie. 

Wel, die jaar gaan ek, want my wildtuin vakansie begin met 2 aande in Swadini.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 25/04/2021 - 13:52

.... ek sien jy maak melding van George's Valley. Dit kan maar 'n k@kkerige pad wees as jy daar agter 'n houttrok beland.

Ek het gisteroggend met my ou groot vriend in Tzaneen gepraat oor die moontlike opsies tussen Polokwane en Tzaneen - gemeet aan die huidige situasie.

Hulle was verlede naweek by ZZ2 se privaat wildsplaas om oortollige wild te gaan uitskiet. Hulle het met die R81, die sogenaamde Duiwelskloofpad, gery. Volgens hom is daar tans twee Stop/Go's waar jy baie lank kan staan. Maar volgens hom is dit net mooi waar die nedersettings is. Jy word klaarblyklik toegepak deur smouse en bedelaars. Hulle was bevrees dat hulle van hulle wildsvleis beroof mag word omdat sommige dele van die karkasse onder die seile uitgesteek het. Hy reken hy sal onveilig voel om met sy karavaan daar te moet wag.

Sy aanbeveling is Magoebaskloof. Die laaste keer wat ek afwaarts daarlangs met die karavaan gery het, het Ralie byna "horries" gekry. Ten spyte van eerste rat (destyds) met my 4-spoed auto, het die karavaan en die swaar vrag in die bakkie byna die enjin laat uitklim. Ek gaan hierdie keer maar weer Magoebas ry. Dit is my vriend se aanbeveling (ook 'n karavaan-sleper).

Middag Chris

Ek het 1 keer daar af gegaan, en my wa se remme, poeier gebrand. Mens kry net nie kans om die inlooprem uit te trek nie.

Ek sal dan eerder die Georges valley ry, trokke en al. Ry/stoppe by nedersettings is eers gevaarlik/sleg.

Hou ons maar ingelig, groete

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 25/04/2021 - 19:24

Ek het in die verlede menige kere Magoebas af met my wa. Maar dit was elke keer met handrat voertuie - Toyota Cressida, Ford 3.0 V6 Courier, Ford 2.5 TD, Colt 2.8 en Toyota 3.0  en nooit probleme ervaar nie. Maar toe ek die eerste ( en enigste) keer met my eerste auto (4-spoed) Toyota daar af is, was my vrou 'n senuweewrak - en dit in 1ste rat.

Ek gaan dit Vrydag 'n traai gee met die 2.8 6-spoed auto. Ek sal terug rapporteer.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 25/04/2021 - 20:07

Die Exclusive is vir my baie te gewigtig om daar af te gaan.  Sal wag om te hoor hoe is die Duiwelskloofpad teen Oktober as en KNP toe gaan, anders sal dit ook die Georges valley pad wees.

Secunda

Sleep nou

Mon, 26/04/2021 - 07:34

Ja die paaie is maar sleg soos almal se wat n jammerte is daai kant van die laeveld baie mooi

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/04/2021 - 11:24

Help asseblief hierdie outoppie reg :

Ten spyte daarvan dat ek gereeld van /na Phalborwa oor Tzaneen ry is ek nou deurmekaar met die name Magoebaskloof en Duiwelskloof terwyl ek nou bogenoemde kommentare lees.  As ek vanaf Tzaneen (in die rigting van Pietersburg ) reguit aan ry , is dit die Magoebaskloof-pad ?  Indien wel, dan aanvaar ek vir die Duiwelskloof-pad moet jy net buite Tzaneen regs draai en 'n paar kilometer verder weer links draai.  Is ek reg ?

Ons ry altyd buite Tzaneen reguit aan en as ek reg is, is dit die Magoebaskloof -pad.  Ek het nog nooit met hierdie pad (in albei rigtings) met my Nissan handrat sleepvoertuie 'n probleem gehad nie.  Ek het wel al die ander pad (is dit nou Duiwelskloof-pad ?) ook gery, en my enigste probleem was die hout-trokke wat jou geweldig ophou.  (Moenie vergeet nie, ek ry Nissans met handratte).

Middag Len

om verwarring te voorkom gaan ek Pietersburg as wegspring gebruik. Kyk dan op Google maps vie;

1] die R81 oor duiwelskloof en Mooketsi

2] die R71 wat reg Oos loop voor die universiteit en Moria verby. As jy op dit bly, word dit die pad wat deur Magoebaskloof gaan.

3] Draai jy egter net verby Heanertsburg regs, af van die R71, ry jy deur Georges valley. 

Ek hoop dit gaan help. Laasgenoemde pad is na my mening nie so steil af in rigting van Tzaneen nie, en het ook nie sulke erge haarnaalddraaie nie.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 26/04/2021 - 12:15

Dankie Wessel, as ek dus reg verstaan is hier drie paaie ter sprake :-

  • R81 oor Duiwelskloof en Mooketsi
  • Die Magoebaskloof-pad, die R71
  • Die Georges Valley-pad wat regs uitdraai uit die R71