TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84744 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -1 hour ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -8 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -8 hours ago
Dit was 'n baie lekker kuier… Len & Annatjie se Kruger… Koos Mol -9 hours ago
Dis darem lekker as man met… Die Boucher's en die… Koos Mol -9 hours ago
Hi Chris, die besoek is… Die Boucher's en die… Lapskag -10 hours ago

Secunda na Phallas kuier kuier Maart 2021

Secunda
Submitted bySleep nou onSat, 24/04/2021 - 16:18
Forums

Gaan vir julle paar fotos wys / deel van my rit vanaf Secunda na Phalaborwa Maart 2021 kyk ons het n mooi land met mooi plekke so ek gaan van die hoeveld af na die laeveld 

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:23

So stop ek op die N4 oppad Belfast toe vir n vinnige R40 se ontbyd hier is ook baie diere te sien maar kyk die kompleks raak vir jou besig my Nissan 1400 het my amper 11km op n liter gegee nie te sleg

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:35

Nog paar fotos van dullstroom en Origstad die laeveld wys net hoe mooi hy kan wees die een foto wys n slaghuis (Latsky slaghuis) so 3 km voor Origstad daai ouens se vleis baie goed met lekke geelvet biltong en hulle boere wors is regtig nice so kom julle daar verby stop en koop gerus 

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:47

Dit bly mooi of hoe julle stop bietjie en kyk die mooi voor jy die tonnel deur ry na die laeveld toe

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:54

Ingang vannaf Mica se kant af hier staan ek saam my moeder en sy werk nog elke dag behalwe sondae sy maak haar wassery oop 07H00 en maak hom toe 17H00 en sy word 75 jaar ja n vooorbeeld vir baie

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 16:59

Paar rooi bokke naby Phalborwa kyk as ek een innie hande kon kry was hy biltong en wildsvleis pot 

Secunda

Sleep nou

Sat, 24/04/2021 - 17:02

Die Selati rivier loop net so wes van Foskor hy loop mooi na die onlangse reen hier is mooi kurper geelvis baber en mooi groot plathonde

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 24/04/2021 - 21:57

Shaun, dit was nou n lekker saam toer. Uitstekend, baie geniet, vertel nog. 

  Het jy probeer Forel vang ?Klink my jy hou van hengel.

Die grafte is van die 2de vryheidsoorlog, of boereoorlog 1899 tot 1902. Lees Deneys Reitz se, Kommando, of, Van perde en manne, daar is baie boeke oor die onderwerp. Maar pas op, as jy eers begin lees oor die stuk geskiedenis, gaan jy nie ophou nie. dit is n erg boeiende periode van ons afrikaner erfenis.

 

Shaun,

.....het darem jou hoed afgehaal toe jy deur daai tonnel gery het.laugh

Neef: Ek wil nie dit lees nie, ek moet versigtig wees vir hoe bloeddruk.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 25/04/2021 - 11:37

Pragtige wereld daai, was net baie jonk toe ons daar gebly het.  Onthou toe die eerste OK daar gebou was.

Secunda

Sleep nou

Mon, 26/04/2021 - 07:37

Neef ek gaan hom lees gaan genoeg tyd he om dit te doen , Wessel ek vergeet om hoed af te haal maar darem hoeter gedruk , ja Willem daai is mooi wereld

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 26/04/2021 - 20:40

Shaun, dankie vir die lekker artikel, was so lekker om weer van die omgewing iets te sien, op jou fotos. My broer het daar naby gewoon en ons was paar keer daar (Dullstroom en omgewing).

Ons het regtig 'n besonderse mooi land.