TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84747 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -1 minute ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -4 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -9 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago
Hoeveel rooiwyn .... Len & Annatjie se Kruger… Chris Boucher -9 hours ago

Dinge wat pla.

Vaalpark Vrystaat
Submitted byJohann L onMon, 26/04/2021 - 21:59
Forums

As 'n reel, het ek min goed wat my pla as ons kampeer, maar wragtag, een ding wat my grensloos irriteer, is skerp ligte in die nag.

Die naweek by Zelpy het een ou 'n drie miljoen kerskrag led lig wat seker tot by die groot pad verlig het, elke nag deurnag laat brand, het lus gehad en gaan spuitverf die donnerse lig met matt black spray. 

Kan 'n bangbroek nie maar liewer tuis bly nie?

Goed, ons moet almal vesigtig wees, maar neem net ander mense in ag.

'n Ander ou weer, het laataand op gedaag een sy bakkie so getrek dat ons ander in die ry onder hom, moes koes agter ons tente om uit sy "spot lights" se verblindende straal te kon sien, trek maar jou voertuig so dat jy direk op jou taak verlig, en nie die hele straat verblind nie.

Dankie, nou het ek lekker af gepak, en kan ek weer op lekkerder dinge konsentreer.

Dit laat my wonder, wat doen ek wat ander irriteer?

 

Secunda

Sleep nou

Tue, 27/04/2021 - 08:09

Ek is op jou page ons het by Buffelspoort gekamp vir drie nagte die ou skuins oorkant ons se wa het vier ligte rondom hom daai goed skyn n gat in n radiator in die hele nag lyk dit soos Elispark innie nag nee dit irriteer die wit waks uit my ook

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 27/04/2021 - 09:00

Naglig : Ek stem saam, verblindende ligte in 'n kampterrein is uiters steurend en onsensitief teenoor ander kampeerders. As ek soiets teëkom, sal ek die betrokke persoon op 'n vriendelike wyse versoek om die verblindende ligte asseblief af te skakel.  As veiligheid 'n kwessie is, kan 'n gewone, minder steurende lig wel buite aangeskakel gelaat word.

Ek verkies dat alle buite ligte slaaptyd afgeskakel word en sal dan net my buite-alarm aktiveer vir sekerheidsdoeleindes. Hierdie alarm skakel ook 'n lig aan wanneer geaktiveer word

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 27/04/2021 - 10:46

Ek kan ook nooit verstaan as mense hulle ligte so stel dat dit ander pla nie.  Sit hom dan eerder hoër en laat hy grond toe skyn.

Môre Ski

.....die rondloper diertjies. Mens kry mos in die wildtuin dat wilde dier deur die draad kom en dan snuffel en mens se goed wegdra. Netso gebeur dit in parke wat nie in wildtuine is nielaugh

Worcester

Wildehont

Mon, 10/05/2021 - 08:34

Ek het nog nie steurende ligte ervaar nie, maar kan dink dat dit kan pla. Ek slaan gewoonlik so op dat ons ‘n mate van privaatheid in ons leefarea het, dit maak dalk ‘n verskil?

Wat my egter warm onder die kraag maak, is wanneer mense musiek speel. Ek wil nie na ander mense se bokkie-baby doef doef luister nie. Dit pla my veral wanneer mens in die natuur is, en dis die soort plekke wat ons oorwegend besoek. Ek wil na die see, die voëls/soogdiere of net na die stilte luister - nie na jou musiek nie. 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 10/05/2021 - 09:53

Ek is 100% eens met Chris WH wat musiek aanbetref. Daardie raasgat-bure wat ons vir drie aande in Punda gehad het, het ons selfs "vermaak" met CCR- musiek. Ek hou van CCR se musiek (dit was my jongdae-musiek), maar beslis nie in die wildtuin nie. Ek raak sommer ernstig beswaard as iemand sy musiek op my afdwing, maak nie saak waar dit is nie.

'n Paar jaar gelede het 'n oubaas hier in einste Shingwedzi, waar ons tans is, saans sy klassieke musiek geluister en ons moes maar saam luister.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 10/05/2021 - 10:27

As dit kom by musiek, is daar 'n maklike oplossing, trip net sy krag, dit is in alle omstandighede steurend vir ander, nie net in kampeer areas nie!!

Lawaai mense: vir my is dit 'n moeilike situasie. Ek het 35% gehoor en my familie het geen keuse as om luidrigtig te klink vir ander nie, my gehoor apparate bring nie 100% gehoor terug nie.

My vrou word kwaad as ek sê dit sou beter wees om totaal doof te wees?

Maar, ek kry die omstaanders wat nie weet van ons probleem nie jammer, party mense gee jou kort kort so vuil kyk,  dan moet ek maar altyd loop verduidelik,  tot my vernedering.

En ophou kamp gaan ek nie, punt.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 10/05/2021 - 10:31

As ons kamp, luister ons nie musiek nie, omdat dit te hard gestel sal wees vir die ander mense.

Ons het onlangs die tv probeer, maar jy vrou sê teen die tyd wat ek kan hoor, is dit so hard, ander mense gaan kla, dus luister net sy tv, ek kyk die prentjies en lees maar boek.

Secunda

Sleep nou

Mon, 10/05/2021 - 11:57

Die naweek was hier n groep wat vier tente by onderste staanplekke gestaan het gehoor hier so 16H00 is die musiek vir almal maar vinnig is hulle stil gemaak n swaeltjie en sy vrou kwaai mense ja musiek speel so dat net jy dit hoor