TO
mabalingwe
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderings

84748 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Winkels Toeriste en agteruitgang Geert -7 minutes ago
Nice, baie nice. Dankie vir… Strydoms in Kalaghadi Johann L -26 minutes ago
Dankie Koos, dit kon net… Len & Annatjie se Kruger… Johann L -28 minutes ago
Goeie môre, geniet jul dag,… Mei 2021 - Koffiekroeg… Johann L -33 minutes ago
Môre môre!  Mei 2021 - Koffiekroeg… Voortrekker -1 hour ago
Goeie môre almal.

Willie…
Mei 2021 - Koffiekroeg… Dusty -2 hours ago
Lekker Wessel Strydoms in Kalaghadi Chris Boucher -9 hours ago

Landsail AT Bande

Vaalwater, Limpopo
Submitted byJosef Willem onWed, 28/04/2021 - 11:15
Forums

Goeie dag Bakkie Eienaars,

Het enige iemand anders al die Landsail Rangeblazer CLX10 AT Bande op hulle voertuie gesit? hoe vind julle die bande, enige probleme en hoe voel hy vir jou op die pad?

Wat my nou pla van die band is dat hy slegs n 50,000 km waarborg het! My Bridgestone dueler AT 265/65/R17 het al meer as 85,000 km op maar moet nou die ander twee ook vervang.

Landsail bande is R1750 per band en die nuwe Bridgestone dueler is R2400 maar hou nie van die nuwe loop vlak nie, is nie All Terrain genoeg vir my nie en lyk meer na n pad band. 

As ek dit bespreek op die verkeerde Forum, laat weet net dan skuif ek die gesprek.

Baie dankie 

Hello Josef

Gaan kyk onder die onderwerp Bande, ek hoop ek onthou nou reg. Johann Lock[?] het info gedeel.

Ek is ouskool, ek sal by die Bridgestone bande bly, ongeag loopvlak voorkoms. Waar het jy die meeste van die huidige 85000km gery, op die teerpad, langs die pad[grond] of rerig van die pad af.

 

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Wed, 28/04/2021 - 12:43

As ek nou so moet raai sal ek se dat 70,000 km op die teerpad gedoen is en die res op grondpad, grondpad bedoel ek soos Namibia se tipe grondpaaie of selfs die Noord en Wes Kaap se grondpaaie, daardie grond paaie is so lekker jy kan maar laat waai op hulle.

Josef, nou het jy mos jouself ge-antwoord. Dan weet jy mos dat die soortgelyke band [Brigestone], met nuwe loopvlak mos OK sal wees.

Ek sal wegbly van snaakse name, verskaffers. 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 28/04/2021 - 15:24

Ek het laas op die Territory Apollo Apterra HP bande opgesit en is baie tevrede, R6,489.97 vir 4 met als wat saam gaan.

Tussen die 3 bande vaar dit soos volg met een van my soektogte (kan nie die web onthou nie, weg toe my HD gegroet het)

  • KumhomCrugen HP91, dry grip-98%, wet grip-95%, road feedback-95%, handling-95%, wear-75%.
  • General Grabber GT, dry grip-88%, wet grip-80%, road feedback-74%, handling-65%, wear-86%
  • .
  • Kumho Solus KH15, dry grip-76%, wet grip-69%, road feedback-71%, handling-60%, wear-75%
  • .

Hier is die draad "sleepvoertuig bande"

Hier is die draad waar ek dit opgesit het.

Hier is 'n paar web tuistes, ek kyk ook altyd na die band se gewig limiet.

https://www.blackcircles.com/general/load-rating

https://www.tacomaworld.com/tirecalc?tires=235-55r18-235-60r18

https://tiresize.com/tyre-size-calculator/

https://hiq.co.za/contact/

https://www.errolstyres.co.za/tyres

Hoop dit help ?

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Wed, 28/04/2021 - 17:35

Ek het 29 Maart 'n Yokahoma gebars, en kon nêrens 'n ander band as die Landsail met dieselfde "size" van my ander bande nie. Die band het nou so 400Km gedoen, dus kan ek nie veel sê nie, maar ek,gaan dit ry tot op sy eiende en kyk wat doen die band.

Worcester

Wildehont

Fri, 30/04/2021 - 09:07

hou nie van die nuwe loop vlak nie, is nie All Terrain genoeg vir my nie

Ek het twee stelle Firestone ATX gehad, een op die Ranger wat ek verkoop het en een op die Everest waarmee ek nog ry. Ek was baie tevrede met beide, maar hulle het die band nou verander en ek het ‘n goeie prys gekry vir Bridgestone Duelers en in November ‘n stel opgesit. Ek is deur Kgalagadi; ook die Leeudril 4x4 roete wat matige sand en ‘n paar duine insluit en is heeltemal tevrede. 
 

Neem kennis dat die betrokke band met twee soorte loopvlak beskikbaar is, die AT en ‘n pad loopvlak. Ek het toevallig die dag toe ek myne gaan opsit ‘n kennis gekry by TWT wat die pad loopvlak op sy (baie nuwer as my) Everest laat sit het, want hulle ry net teerpad. Ek het die AT loopvlak gevat, juis omdat ons Desember oppad was Kgalagadi toe. Het jy nie dalk na die een met die pad loopvlak gekyk nie?

Pasop ook vir bande met ‘n té aggressiewe loopvlak. Ek het vir ‘n vriend ‘n toer gedoen met toeriste Botswana toe in 2005 met sy Defender wat BF Goodrich Mud Terrain bande opgehad het en die pad lawaai was vreeslik op teer. As jy nie uitsluitlik op grond, sand en modder ry nie - kry eerder AT bande. En as jy net op Namibië tipe grondpaaie en teer ry; kry pad bande. Baie stiller en effe ligter op brandstof. Dis my mening. 

Oudtshoorn

neef Herman

Fri, 30/04/2021 - 11:25

Stem saam met Wildehont omtrent aggresiewe loopvlak. Dit lyk lekker macho, maar vir gewone gebruik, my opinie, nie die beste nie, inteendeel is die teerpad vasklou nie van die beste nie. Die Landcruiser se standaard bande is n All terrain, lyk soos n padband. Woestynsand is dit puik, klippe klim net so goed. Net erge modder is n probleem, maar dit gebeur maar min .Daar is die modderbande goed, maar heeltemal ongeskik vir teerpad.

Het eenkeer n stel Michelin Mud Terrain op Landrover gesit, van die looks gehou. Het nie eers 20k gehou nie, teerpad het dit opgevreet.

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Sat, 01/05/2021 - 08:41

Baie dankie vir die inligting rondom die nuwe Bridgestone dueler, het nie besef die nuwe band het n pad en n AT nie, het net gesien die loopvlak het verander, ek het tans die ou Bridgestone dueler AT op en hulle werk lekker op alles en die pad geraas is min, ek kan my engin en turbo hoor spin en soek weer die selfde, maar sal vir die nuwe AT gaan, wil eerder nie die standaard pad band opsit en dan is ek nie gelukkig met sy grondpad vermoee nie.

Willem Brits,baie dankie vir die inligting op die kumho en grabber bande, net n vraag, wat beteken die 75% en 86% op wear, is dit hoeveel hy kan afloop totdat dit moet vervang word of is dit die spoed waarteen hy afloop, km gewys nou?

 

Baie dankie

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 01/05/2021 - 09:48

Ek vermoed dit is te doen met hoe hy afloop ?

Ek din hoe laer die % hoe gouer loop hy af ?

Hier is die web van tyre reviews waar ek dit gekry het.