TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -2 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -4 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -4 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -4 hours ago

Weskus blommekyk : 2021

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onWed, 28/07/2021 - 10:27
Forums

Alle aanduidings is daar dat die blommeprag in die Weskus-omgewing fantasties behoort te wees gegewe die lieflike reën wat ons hierdie jaar gehad het.

Ons oorweeg om by Kardoesie, bo-op Piekenierspas naby Citrusdal te gaan kamp om vandaar af blomme te gaan besigtig.

Vraag : Het iemand wat hier lees al daar gekamp en indien wel, wat was die ervaring.

Ek en Natasha het juis gisteraand so gepraat om ook nog die blomme te gaan kyk eendag. Soos ek ook lees is alle aanduiding dat die jaar 'n fees gaan wees. Was nog net in daai omgeweing begin July as die eerste blomme net-net begin kop uit steek.

Ons het nou weer gedink om in Lamberts Baai kamp op te slaan en van daar rond te beweeg. Ek ken daai omgewing glad nie so goed nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 30/07/2021 - 12:26

Ek het al verskeie kere by Kardoesie padstal stilgehou, maar was glad nie bewus dat hulle akkommodasie-fasiliteite, o a. kampering, aanbied nie. Ek is bly jy't my bewus gemaak daarvan. Ek het dadelik op hulle webblad gaan loer en volgens die foto's lyk dit nogal netjies. As julle wel gaan, moet jy maar terugvoering gee Len.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 30/07/2021 - 13:11

Kardoesie

Hier is die web blad, lyk nogals nice ?

Mountain slopes

Beautiful sunset

Village view

Camping

Unique swimming pool with a wooden deck. Enjoy mesmerising sunsets!
Facilities include warm showers, toilets and a bath for the ladies. Seperate power points at each site.

Wood can be bought at the farm stall and also meat in the freezer.

Middag vriende

Ek het sopas oor die plek gestruikel, naby Sprinbok. Dit lyk vir my uit die boonste rakke, en ook nie te duur nie. R250/nag vir 2 volwassenes

Dan is daar ook Verbe.

Môre vriende

Ek wil voorstel dat ons die draad gebruik om insette rakende oorslaapplekke en kampering aan die Weskus en Namakwaland omgewing te versamel.

Dit sal baie handig in die toekoms wees om die inligting dan weer op te spoor. Ek wil ook graag in die toekoms gaan blomme kyk, en dus die versoek.

Ek het gister so bietjie gekyk, en dit is baie vêr van Brits af tot byvoorbeeld Springbok. Dan moet ek nog 'n ompad kry om Vryburg en Kuruman te mis.  

 

Centurion

Voortrekker

Mon, 02/08/2021 - 08:08

Kardoesie lyk soos 'n lekker plek.

Moenie vergeet van Groenrivier karavaanpark in Nieuwoudtville nie.   

Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Mon, 02/08/2021 - 08:15

Toe ek my toer in April gedoen het was Kardoesie ook een van die opsies gewees, moet op hulle website gaan kyk, hulle het n oulike video met n hommeltuig gemaak en sien mooi hoe die plek lyk, die uitsig moet asemrowend wees met sons op en ondergang.