TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -3 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -5 hours ago

Politieke twakpraat

Brits
Submitted bywessels onWed, 08/09/2021 - 08:19
Forums

Na aanleiding van 'n versugting elders, begin ek die gesprekslyn. Wat dink julle van al die politieke kapperjolle, gatomswaai ensovoorts wat tans aan die orde van die dag is? Hoe uitgesproke kan ons op die forum wees, die regskenners op die forum moet help sensor asb.

Ek kan nogal baie kwytraak oor die mediese parool van sekere persone.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 09:15

Give that man (Wessel) a Bells !

Wessel, baie dankie, dit is nou presies hoe ek ook voel.  Ek weet daar is vantevore die spot met my gedryf omdat ek gekla het oor die "sinvolheid" van sommige gesprekslyne (ek hou van hierdie woord, gespreklyn), maar wraggies die jongste tyd het die bietjie gesels wat daar op die forum was in baie gevalle tot absolute twakpraat gedaal.

As ons werklik nie meer kampsake het om oor saam te gesels nie, moet ons eerder ander onderwerpe soos politiek, landsake en selfs godsdiens nader trek.  Gewoonlik is hierdie onderwerpe taboe op forums omdat ouens mekaar in die hare vlieg, maar ek dink tog dis moontlik om op 'n ordentelike manier sodanige debatte te voer.

Vir 'n wegtrek voel ek ons moet sommer op hierdie gesprekslyn lostrek en nie noodwendig 'n nuwe draad vir elke sodanige "taboe"-onderwerp begin nie.  Ouens wat daarteen gekant is, kan dan sondermeer die gesprek verby blaai.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/09/2021 - 09:29

Vir 'n wegtrek voel ek ons moet sommer op hierdie gesprekslyn lostrek en nie noodwendig 'n nuwe draad vir elke sodanige "taboe"-onderwerp begin nie.

Soms is 'n nuwe draad/gespreklyn nodig om nie die doel gerugte een te besoedel nie.

? Len, wanneer is dit 'n draad en wanneer is dit gesprekslyn ?

 

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 08/09/2021 - 09:43

Neef skink vir neef n glasie Witblits, self gestook, en moet versigtig wees dat die "we, I and Us" nie te sterk deurkom nie.

Narsisme, is nie meer n slegte indruk nie, dit is die wat ander beindruk en tot groot hoogtes laat styg. me, me, me...I..I..I

Die gesprek is soos die toestand in Afghanistan.

Totaal ontnugter en heeltemal stomgeslaan in die leiers van die groot nasies. So om hier in ons reenbooglandjie te sukkel met kaders en skelms, is dalk n seening. En so voel ek nie meer so sleg nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 09:44

JZ se parool-vrylating :-

Wat my pla is die volgende :

  • Piet Croucamp het oor die naweek in 'n radio-onderhoud gesê hy verneem van een van sy bronne wat bevriend is met JZ dat laasgenoemde 'n kolon-operasie ondergaan het en dat dit verband hou met sy siekte. PC het wel gesê hierdie kon nie bevestig word nie.  Ek glo nogal dat dit waar kan wees, maar dis operasies wat daagliks plaasvind en is nie noodwendig terminaal van aard nie.  Presies vandag en gister 'n jaar gelede het ek twee kolon-kanker-operasies gehad met ernstige komplikasies daarby en hier is ek vandag, springlewendig en ek het selfs intussen 'n maandlange Wildtuin-kampvakansie gehou !
  • Die verskriklike geheimhouding van JZ se siekte en sy weiering dat onafhanklike dokters sy terminale toestand bevestig, laat 'n wrang smaak na dat hier maar weer die gebruiklike leuns ter sprake is
  • Dat Artur Frazer van Korrektiewe Dienste ('n oud JZ-lakei) die uiteindelike parool deurgevoer het, is ook uiters verdag
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 09:47

Willem, ek dink "draad" is platvloers en het meer as een betekenis !  Dus, Wessel se gesprekslyn is die regte een !

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 09:50

En so voel ek nie meer so sleg nie.

Herman, is dit die glasie Witblits wat jou beter laat voel ? 

In die huidige politieke arena sal ek 'n hele bottel Witblits nodig hê om my beter te laat voel.

Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 10:38

die regskenners op die forum moet help sensor asb.

 Grootwind is offisieel kampforum se regskenner wink -   ek hoop hy sal darem so nou en dan kom inloer en ons almal in toom hou.  

Secunda

Sleep nou

Wed, 08/09/2021 - 10:46

Wat my hande innie lug laat slaan is dat ewe skieklik wereld wyd leiers van hulle lande en mense ewe skieklik beter weet as dokters , spesialiste ens en dit afdwing op almal en se doen dit of dat of jy word eenkant gestoot wow die mensdom verstom my baie mense moet hulle beroepe los uit aftree kom en nou spesialiste word in medesyne , viruse , en bekamping daarvan angry

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 12:08

Shaun, ja ek gooi ook my hande in die lug dat daar nog mense is wat nie glo wat by verre die meeste medici en virus-wetenskaplikes wêreldwyd aanbeveel nie.  In Bellville se Melomed Hospitaal sê die praktiserende internis wat ook die ICU van die hospitaal bestuur, dat daar nie een  ingeënte pasiënt in sy hospitaal se ICU is wat gekoppel is aan 'n ventilator nie.  Almal wat ernstig siek aan Covid is en gekoppel is aan 'n ventelator is nie ingeënt nie. Dit beteken dat ICU-beddens en ventelators onnodig beset word sodat pasiënte met ander ernstige siektes 'n bed en toerusting ontneem word.

Gelukkig is daar darem wêreldleiers (en les bes, ook radio omroepers) wat hulle laat lei deur wat die medici en virus-wetenskaplikes oor die hele wêreld aanbeveel.

Uit 'n menseregte oogpunt is dit wel die reg van 'n individu om oor sy eie liggaam te besluit, maar as hierdie reg die gesondheidsreg van 'n ander individu deur 'n wêreld-pandemie op risiko plaas, moet wêreldleiers beskermend optree.

Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 13:18

genis

Burgemeester Genis is beswaard. Diep beswaard.  Daar is mense wat sonder eer aan die volgende plaaslike verkiesing deelneem, die dorpsbestuur is in wanorde en die regering is net daar vir sekere mense om hulle sakke te vul…  

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 13:57

As jy ge-ent is, is jy steeds aansteeklik vir ander, (ge-ente mense ook) ek het familie wat ge-ent was aan die dood af gestaan. En dit is agv die virus, nie ander siektes nie.

Al is ek nou ge-ent, (my tweede spuit gekry) gaan niemand my oortuig ek het die beste, besluit geneem nie, my vrou is nog nie, en gaan ook nie vir die ent nie, wie sal vir haar sê (oor 5 jaar?) sy was reg, of verkeerd?

Al hierdie dinge is eindlik maar net kleed repitusies vir groot dinge wat binne kort kom. As ek kyk wat oor die hele wêreld gebeur, en veral nou in die midde ooste, raak ek baie opgewonde, die Woord is onveranderbaar waar.

'n Familielid gaan so tekere oor die "antivaxers" dat sy selfs 'n radio omroeper se stelling dat niemand sy drimpel sal binne dring wat nie ge-ent is nie, sy het gesê sy stem saam met hom. Ek het haar laat weet "baie dankie, nou hoef ons jou nooit weer te besoek nie"

Goed, ons het nou so bietjie, soos gewoonlik, van die gesprek af gedwaal, maar dis mos mens wees, jy sit tog nie om die kamp vuur en vertel jou kamp ervarings oor en oor niedevil

Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 14:00

Ek het haar laat weet "baie dankie, nou hoef ons jou nooit weer te besoek nie"

 laughlaughlaugh

Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 14:03

So van inenting gepraat.   Wat is die WERKLIKE persentasie van ons nederige bevolking wat nou al volledig gejab is ?     Weet iemand?   10 - 15% ? 

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 14:16

Geen idee nie Anton, ek twyfel in elk geval oor die syfers, behalwe die van weskaap.

Ek volg 'n wedergebore christense jood (Amir Tsarfati) en hy doen absoluut wonderlike werk vir die Here, ek heg hier onder 'n stuk aan van sy leerstellings.

Centurion

Voortrekker

Wed, 08/09/2021 - 14:23

Johann ek het nou uit interressantheid gaan loer en dit lyk soos ongeveer 16%  -    dit lyk vir my maar baie laag en na 'n hopelose situasie.   Ek verneem dit weerspieël seker 'n paar dinge van ons land se mense?  

Middag vriende

Ek glo nie aan toeval nie, net 'n gat val toe. 

Dit is net verstommend hoe alles net in plek val vir die vorige president. Die sterretjie op die koek is die parool vrylating, bemagtig deur A Fraser. Ons ken mos sy agtergrond uit die boek van J Pauw. 

As al die protokolle gevolg is volgens die letter, dan moet mens dit so aanvaar, maar....