TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -3 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -5 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -5 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -5 hours ago

Drink goed ...

Daspoort Pretoria
Submitted byWillem Brits onWed, 08/09/2021 - 09:12
Forums

Sien die draad "Mees sinvolle byvoeging/verandering aan jou kampeeropset" word nou 'n drink goed gesprekslyn, doorom skep ek eerder die een.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/09/2021 - 09:15

Ek drink dit nie eers nie, maar het 'n nice video maak kry nie die youtube skakel nie.  Hier is 'n ander een van die selfde plek.

video
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/09/2021 - 09:23

Ek weet party mense ry ysmasjiene saam, maar ek is nie lief vir die klein ysmasjiene wat mens tuis gebruik se ys nie. Dis nie baie dig nie, smelt vinnig en het gewoonlik ‘n gat in van die stafie waar rondom dit vries.

Ek het ook daai probleem.  Gebruik gevilterde (koop) water dit maak beter ys.

Dan maak ek met ys bakkies wat ek by BWH gekoop het, lekker groot en kom maklik uit.

Vaalpark

Johann L

Wed, 08/09/2021 - 10:12

Ek hou baie van daai magafter wat Chris S gebruik, maar my ysmaker / masjien maak vinniger ys en ek gooi dit in die "cooler box" om my Coke koud te hou.

Ek hou nie van ys in my koeldrank nie maar, as ons kamp, gooi ek tog ys in om die "warm" Coke af te koel. Die cooler box maak nie die koeldrank so lekker koud nie, eers na daar baie ys in is.

Secunda

Sleep nou

Wed, 08/09/2021 - 10:49

Soos van julle weet hou ek van rooi wyn het vroer jare brandewyn gedrink maar nou is ek n rooi wyn ou en ja soos julle tereg se n coke is nie lekke as hy warm is nie asook water so ek gaan vir karavan n ysmaker aanskaf wat ek glo n goeie aankoop/ aanwins sal wees

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 08/09/2021 - 12:46

Ek het ook vir my 'n ysmaker aangeskaf en neem dit gewoonlik saam as ons 'n groterige groep is wat saam kamp. Ek vind dit iewat lastig omdat dit redelik plek opneem en is 'n schlep as ons in die Wildtuin by verskillende kampe kamp om op- en af te pak.

Maar as die knapie werk, werk hy nogal oulik tot my bevrediging.

Centurion

Voortrekker

Thu, 09/09/2021 - 08:59

Gas koeldrank is te duur en maak vet.   Tee het nie genoeg skop nie.  Die kinders verkies ook Oros.