TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -4 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -6 hours ago

Kruger Wildtuin roetes.

Vaalpark
Submitted byJohann L onThu, 09/09/2021 - 13:25
Forums

Almal plaas hul gunsteling roetes en kampeer plekke in die wildtuin op hul gespreks lyne, wat ook reg is, maar ek sal graag op een plek wil sien wat wie verkies, en hoekom.

Dit kan dinge net baie makliker maak vir almal wat so iets wil beplan, sonder om so baie deur te blaai n te lees?

Middag Johann

Ek ondersteun jou voorstel, maar om soektog maklik te maak, laat ons roetes vir elke park apart hou.

Ek aanvaar dit sluit ook roetes na en van die parke in.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 09/09/2021 - 15:34

Ek sal stem dat die verskillende roetes hier geplaas word.

Maar die kamp uitleg kaarte verkies ek dat dit by die resensies gevoeg word.  Daar is wel 'n gespreklys vir Oord Uitleg Kaarte maar dit is 'n slep om daar te gaan soek vir die uitlek.  Soos die Google kaart wat Anton by die begin aanheg.

Worcester

Wildehont

Thu, 09/09/2021 - 15:37

Ek dink my gunsteling roete in die Kruger wildtuin is die Mpongolo loop langs die Shingwedzi rivier, veral die Suidelike twee derdes. Die boonste deel van Babalala af tot by die eerste uitgang teerpad toe is ek nie so mal oor nie. 
 

Dit maak nie saak watter tyd van die dag mens daar ry nie, daar is altyd meer as genoeg om te sien en die vistas is uitsonderlik. Daar is ook selfs tydens skoolvakansies bitter min ander voertuie. Ek vertel meer oor die wonderlike roete wanneer ek weer tyd kry om ons toerverslag van die afgelope Julie voort te sit. 

Vaalpark

Johann L

Thu, 09/09/2021 - 15:44

Willem, bedoel jy "verskillende roetes per wildtuin, of alle wildtuine onder een hofie?"

Ek sal stem dat die verskillende roetes hier geplaas word.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 09/09/2021 - 18:43

Ek sal my kommentaar t.o.v. (my persoonlike opinie en voorkeure) van Krugerwildtuin-roetes van noord na suid hanteer. Dus begin ek by Punda Maria.

Alhoewel die S62 en S63 by Pafuri wonderskone natuurskoon bied, is dit eerstens (in my standaarde) té ver om daarnatoe te ry en weer terug. Jy ry 'n lang ent deur 'n baie "dooie" area alvorens jy daar kom. Pafuri piekniekplek is sonder twyfel (wat my aanbetref) die mooiste piekniekplek in die wildtuin - maar ek kom nie meer daar nie a.g.v. die afstand vir 'n dagbesoek.

Die S99 (Mahonie-omrit) is by verre die beste roete om te ry wanneer jy in Punda Maria tuisgaan. Ek ry dit dag na dag wanneer ek dáár kamp - een dag kloksgewys en die volgende dag anti-kloksgewys. Dit is 'n goeie roete vir koedoes, njalas, buffels, wildehonde en luiperds.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 09/09/2021 - 18:46

KNP-roetes :-

Ek kamp die hele Kruger Wildtuin vol, van noord na suid en het nie spesifieke ruskamp voorkeure nie.  Netso het ek geen voorkeur roetes nie, want ek het al op onpopulêre roetes baie interessante wildlewe raakgeloop.  My gebruik is om sover moontlik die meeste paaie in die omgewing van die ruskamp waar ons kamp, deur te ry.

Ek het ook die gebruik om min of meer 'n maand voor ons vertrek, Wildtuin forums deur te werk en notas met datums van interessante besigtigings op my kaart aan te teken.  Dit waarborg natuurlik niks nie, maar het nogal interessante waarnemings tot gevolg wanneer ons eers self daar is.  Daardie notas is dan ook my kompas watter paaie om op die proef te stel.

Secunda

Sleep nou

Thu, 09/09/2021 - 19:12

Ek ken net roete Phalaborwa hek tot Letaba en weer terug uit Phallas hek sal baie leer hier maar het onlangs kaart afgelaai van wiltuin maar ja ek ken wiltuin maar sleg

Durban

Jan Meyer

Thu, 09/09/2021 - 19:56

Ons is baie soos Len met kamp in die Kruger en roete wat ons rondom  elke kamp ry. Het nie regtig voorkeure nie want het by elke kamp iets ander belewe hoewel ons nie maklik by Satara verby sal hou nie. Nie beste kamp nie maar sien altyd baie wild. 

Van die geriewe by sekere kampe is nie meer op standaard nie maar ons maak die beste van wat daar is en vir die prys wat ons betaal bly dit 'n winskoop. 

Net om die Kruger se saligheid te beleef is genoeg en is dankbaar waar ons ook al plek kry.

Ideaale kamp sal wees: Satara met Letaba se kampterein en bome, Laer Sabie se Mugg and Bean, Shingwedzi se besonderse netheid en gevoel met  Pretoriuskop se swembad.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 09/09/2021 - 20:13

Watter kamp!! Ek verskil met Len - ek het besliste kampvoorkeure. En Shingwedzi val in die kategorie van voorkeurkampe.

Wanneer ek in Shingwedzi tuisgaan het ek ook besliste voorkeur-roetes. Die S50 (stroomaf langs die Shingwedzirivier) is sonder twyfel hoog op ons roete-voorkeure - veral die sowat 10 km onderkant die gewese Kanniedooddamwal. Dit is 'n parkagtige deel van die wildtuin met meeste van die tyd uitstekende "sightings" - leeus, olifante, seekoeie en krokodille. Ook wonderlike voëllewe.

En ek stem saam met Chris Wildehont t.o.v. die S56 (Mpongholo-omrit.) Dit is een van min paaie waar ek al bevoorreg was om bastergemsbokke te sien. Maar dié roete bied van die mooiste vistas en die mees indrukwekkende njalabome (ek wonder hoe oud is hulle?).

Ook die inritgedeelte tussen die hoofteerpad (H1-6/H1-7) en die kamp stel selde teleur.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 10/09/2021 - 08:50

Tsendze is nie elke wildtuin-entoesias se tipe kamp nie. Eerstens, omdat dit 'n "rustic camp" sonder elektrisiteit is, en tweedens omdat dit geleë is in 'n area wat by baie wildtuingangers nie juis populêr is nie, naamlik in die hartjie van die struik-mopanieveld. Ekself kan 'n paar nagte sonder elektrisiteit oor die weg kom (alhoewel ek bykans geensins daarvoor toegerus is nie) en tweedens het ek nie 'n probleem met die struik-mopanieveld nie. Hier sien jy diere wat nie eintlik in ander gebiede voorkom nie bv. elande, bastergemsbokke en tropiese grysbokke. Verder kom hier groot getalle olifante en buffels voor.

Maar laat ek terugkom by die opskrif van die gesprekslyn (dankie vir dié woord Len). Die volgende is weer my persoonlike voorkeur, gegrond op my ervaringe oor die jare.

Die S50 verby die onderskeie Shawu-suipings is meestal 'n goeie roete tot en met die S143-afdraai. Die S143 (Steenbokskeerkring omrit) lewer ook gereeld goeie "sightings". Ekself is lief om die ompaadjies noord van Tsendze te ry tot waar ek kan regs afdraai op die S49 tot by Mooiplaas suiping. Hier neem ek die pad links wat aansluit by die Shawu-vleiepad (S50) en voltooi die Tropic of Capricorn Loop.

Vir 'n kort rit ry jy suid vanaf Tsendze tot by die samevloeiing. Hier word jy selde teleurgestel (na my mening een van die beste luiperd "spots"). Of andersins die kort rit tot by Shipandane skuiling - dalk selfs tot by die Pionierdam skuiling.

Omdat ek gewoonlik op 'n daaglikse basis ys benodig vir my primitiewe stelsel om sonder elektrisiteit te kan kamp, besoek ons daagliks Mopani ruskamp (net meer as 7 km vanaf Tsendze). Die uitsig oor die Pionierdam is pragtig en gevolglik verwyl ons gewoonlik 'n taamlike tydjie daar. By die afdraai na Mopani is 'n dammetjie (lyk of dit 'n vroeëre gruisgat kon wees). Maar hier sien jy meermale tsessebe's.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 10:19

Dankie ChrisB, baie interessante voorkeur-roetes wat beslis ook deel uitmaak van paaie wat ons ook graag ry wanneer ons in die betrokke nabygeleë ruskamp kamp.

Ek glo nie ons verskil eintlik nie, miskien net ten opsigte van absolute voorkeure in rangorde geplaas, ruskampe en paaie.  Daar is natuurlik niks mee verkeerd nie, maar ek dink Jan Meyer se kommentaar hierbo verwoord eintlik presies hoe ek 'n Wildtuin-besoek (keuse van ruskampe en roetes) aanpak, heeltemal ongekompliseerd.

Byvoorbeeld, ons kamp altyd heerlik by Shingwedzi, Punda, Tsendze en Balule, maar het nou besluit om 'n bietjie weer die suide te besoek, Pretoriuskop, Ondersabie en Berg-en-dal.  Netso het ons sommer op die ingewing van die oomblik besluit om in 2022 net 3 kampe en nie 6 kampe nie te besoek, met 'n bietjie langer tye by elkeen van die drie.  Die langer tydperke per kamp is juis gemotiveer deur die behoefte om rustiger die meerderheid van paaie rondom elk van ons gekose kampe, te kan bespied.

Nog iets, ek sal byvoorbeeld nooit Balule bo Skukuza in 'n rangorde plaas nie  -  ek dink net nie so oor 'n Wildtuin-vakansie nie.  Beide kampe verskil soos die noordpool van die suidpool, maar elkeen het sy eie uniekheid wat vir my 'n heerlike ervaring is.  Balule met sy eenvoud en rustigheid en Skukuza met sy besige, vakansie-"vibe" atmosfeer  -  ek geniet beide maksimaal en hou van verskeidenheid.  

Ek besef maar al te goed dit sal nie almal se "cup of tea" wees nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 10/09/2021 - 10:57

.... ek hoor wat jy sê. Ekself is ook maar te dankbaar dat ek net iewers in die wildtuin kan wees. Maar ek het besliste voorkeur-kampe gebaseer op vele faktore soos kampbestuur, netheid, algemene voorkoms soos byvoorbeeld boomrykheid, gelyk staanplekke - en nog andere ook. Die volgende kamp waaroor ek kommentaar gaan lewer is Letaba, maar daaruit sal dalk 'n bietjie meer blyk waarom 'n pragkamp soos Letaba laer op my "rangorde" van voorkeur-kampe is.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 10/09/2021 - 11:22

Dit is beslis een van die mooiste kampe (en veral kampeerterrein) in die wildtuin, maar op die huidige oomblik lyk dit ook na een van die mees verwaarloosde kampe in die wildtuin. Twee jaar gelede het die ablusies onversorg en onnet voorgekom. Vanjaar was daar steeds geen verbetering nie. Maar dit daar gelaat.

Een van my hoofredes waarom ek Letaba 'n "skip" gee is die voorkoms van wild. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek het al pragtige "sightings" in die Letaba-omgewing beleef, maar daar is beslis baie beter areas vir wildbesigtiging. Ons gebruik Letaba deesdae bykans slegs as 'n oornagpunt tussen ander kampe wat (in my standaarde) te ver van mekaar is.

Die hoofpad noord van die H9-kruising (die H1-6) volg vir die eerste paar kilometer die Letabarivier stroomop. Dit is nie net mooi langs die rivier nie, maar oor die algemeen is wild volop. Die S95 wat jy verderaan vind is ook 'n mooi en redelik goeie paadjie om te ry totdat jy net voor die brug oor die Letabarivier weer by die H1-6 aansluit. Dit is altyd lekker om op die brug (tussen die geel lyne waar jy mag uitklim) stil te hou en minstens 'n bietjie koffie te geniet.

Net anderkant die brug draai die S62 na regs. Alhoewel ek nog nooit iets opwindends op hierdie pad beleef het nie (en selfs algemene wild nie volop is nie) bied dié roete tog mooi uitsigte oor die Letabarivier en op die verste punt 'n lieflike uitsig oor die Engelharddam. 'n Besoek aan die Matambeni-skuiling (langs die bo-lope van die Engelharddam) is ook meermale 'n goeie roep.

Alhoewel ek al goeie wildbesigtiging suid en wes van Letaba beleef het, is daar na my mening nie juis roetes in dié onderskeie rigtings wat ek met vrymoedigheid sal aanbeveel nie.

Môre vriende

Terwyl julle ouens toutrek oor paaie binne die wildtuin, gaan ek my voorkeure deel oor paaie na/van die wildtuin.

Hekke wat ek verkies is; Malelane, Krokodilbrug, Orpen en Palaborwa. Dit is suiwer gebaseer op veiligheid en begaanbaarheid.

Weens begaanbaarheid het ek Julie'21 Orpenhek van Mica se kant benader, op mede forumlede se aanbeveling. Ek hoop net die pad gaan hou, want die trokke van Zim na Mosambiek ry dit reeds.

Die paaie via Dullstroom, Origstad en Lydenburg is blykbaar onbegaanbaar vir woonwaens. Tot trokke stop omtrent vir die slaggate.

Ek is nie'n voorstaander van Numbi hek nie, bloot omdat ek ongemaklik voel van Witrivier af tot daar.

Ek het baie lanklaas die R539 van Montrose- die R37 na Sabie en dan met R536 na Hazeview en Krugerhek gery. Dit mag moontlik 'n goeie alternatief wees.

Nagedagte, ek is die trotse eienaar van 'n d....nerse stuk N4-pad by Ngodwana. Kry gister die foto as bewys, ek moet net betaal.

Die N4 is tans onder herstelwerk, en mens sleep effe moeilik omtrent van Milly's af tot by SAPPI.    

 

Vaalpark

Johann L

Fri, 10/09/2021 - 12:43

Wessel ek het twee jaar terug die Numbi hek via Witrivier gebruik, ons het nêrens onveilig gevoel nie. Soos oral, kan die situasie in 'n oogwink verander.

My enigste groot probleem met die roete, is die spoedwalle wat eers sigbaar is as jy amper bo op dit is, daarom verkies ek ook Krokedilbrug, Kruger hek of Phalaborwa.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 13:05

Roetes na KNP :-

Wat ek beslis nie van die N4 hou nie, is die reuse kostes van die tolhekke op dié pad, maar andersins is dit 'n lekker roete as jy in die suide van die Wildtuin wil ingaan.

Numbi-hek :  Dit is iewat riskant as gevolg van betogings, spoed-hobbels en roekelose taxis, maar snaaks genoeg ek verdra maar hierdie risikos omdat ek BAIE hou van Numbi-hek, veral as ons eerste kamp Pretoriuskop is. Miskien is dit maar van nostalgie uit my kinderjare (60/70 jaar gelede) toe dit ons ingangshek was.  Ook seker 50 jaar gelede toe ek en my pasgetroude vrou by Numbi-hek in is waar ek by die destydse Volkskas Skukuza-agentskap 'n oudit moes gaan doen.  In daardie dae was daar nie 'n Phabeni- of Kruger-hek nie.  Ek kontroleer steeds voortdurend  netvoor ons die hek gebruik by die hekpersoneel, Benmarie karavaanparkie in Witrivier en FB of daar dalk probleme is.

Phabeni-hek : As ons eerste kamp nie Pretoriuskop is nie, gebruik ons baie graag hierdie hek nadat ons by Numbi-hotel se karavaanpark in Hazyview oornag het.  Dis 'n lieflike pad met baie wildlewe verrassings.

Kruger-hek : Ons gebruik dit nooit nie  -  teveel afleweringsvoertuie wat gou by Skukuza wil uitkom.

Malelane en Krokodilbrug hekke : Ons gebruik hierdie twee hekke meestal as uitgangshekke omdat dit lekker vinnig op die N4 huis toe gaan roete is.

Orpen-hek : Ons gebruik NOOIT die pad oor Lydenburg nie, maar eerder oor Tzaneen en Mica

Phalaborwa-hek : Ons  voorkeur-hek vir sentraal en noord Kruger Wildtuin

Punda-Maria-hek : Vanweë die gebrek aan 'n naby geleë oorslaapplek, gebruik ons dit net as uitgangshek as Punda ons laaste kamp is.

Pafuri-hek : Die hek is te ver om sinvol te gebruik.  Toe ons in Zimbabwe gewoon het, het ons dit altyd as ingang- en uitgangshek gebruik.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 10/09/2021 - 14:24

Inderwaarheid moet ek eerder my snater toezip as dit by kommentaar oor roetes rondom Balule kom. Ek het nog nooit daar gekamp nie - wel in 1981 in een van die hutte gebly. Ek het egter die roetes rondom Balule heelwat kere gery wanneer ek in Olifants tuis was.

Dit is ook een van die areas waaroor ek minder opgewonde raak, tog is ek lief vir Olifants as kamp. Al rede wat my weghou van Balule is die afstand wat ek gruispad moet sleep, maar dit wat ek verneem klink dit of die elektrisiteitlose kampie se atmosfeer my sal aanstaan.

Alhoewel ek al pragtige en opwindende "sightings" in dié omgewing gesien het (o.a. 'n luiperd kon bekyk hoedat hy 'n vlakvark vang en beide my vaalboskat-waarnemings in die wildtuin in dié omgewing gehad het) is daar nie werklik roetes wat vir my uitstaan nie. Ek is egter baie lief om die gedeelte van die hoofteerpad tussen die brug oor die Olifantsrivier en waar dit uiteindelik, in die rigting van Letaba, wegdraai vanaf die rivier. Veral N'wamanzi uitkykpunt is 'n groot gunsteling vir ons. Maar dit gaan grootliks oor die mooiheid van die deel van die wildtuin.

Middag vriende

Ek hou bloot van die kampie omdat dit net ongeveer 16 staanplekke het. Daar is dus outomaties 'n gedempte stilte. 

Ons was nie baie gelukkig met wild direk om Balule nie. Eers toe ons Timbavati se kant toe ry, en af na Satara het die sigbare wild merkbaar verbeter.

Ek sal weer gaan, maar my vrou hou nie van die donker ablusie nie.