TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -4 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -6 hours ago

Weskus blomme 9 September 2021

Brackenfell, Weskaap
Submitted byLen Loader onFri, 10/09/2021 - 11:10

Ons het gister 'n draai gaan maak by die Weskus Nasionale Park tussen Yzerfontein en Langebaan om 'n bietjie na die veldblomme te gaan kyk.  Dit is net onder 'n 100km vanaf ons huis.  Dit was gelukkig 'n heerlike warm dag (30º) met 'n klompie wolke wat teen 11:00 heeltemal oopgetrek het.  Weer eens 'n bevestiging dat Weskus blommekyk op sy beste is tussen 11:00 en 15:00.

Hier is 'n paar fotos.

Ons eerste stop was by Tsaarsbank, aan die weste kant van die Park, teenaan die see :-

.

Die volgende is 'n klompie fotos van die blomme :-

.

.

.

Bontebokke tussen die blomme :-

.

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 10/09/2021 - 11:26

My suster was ook gister daar en het verskeie mooi foto's gestuur. Dit is klaarblyklik 'n besonderse blommejaar.

Môre Len

Lyk of jy gelukkiger was as my suster. Sy was verlede week in Clanwilliam omgewing, tot by Niewoudville. Sy het ook mooi blomme gesien maar nie so plate vol nie.

Vaalpark

Johann L

Fri, 10/09/2021 - 12:48

Dankie vir die deel Len, die weskus (blomme toer) sal seker nog 'n ruk op my wens lysie moet bly aangesien beide my vrou en ek versot is oor die weskus in Februarie tot  April.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 10/09/2021 - 14:29

die weskus (blomme toer) sal seker nog 'n ruk op my wens lysie moet bly 

Ja dit is nog altyd my droom om te gaan kyk. 😫😢

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/09/2021 - 07:33

Hier teen die berg is die veld ook baie mooi. Sekerlik nie so in oormaat soos die wekus nie, maar as jy naby kyk, is die veskydenheid iets besonders.blomme

gister middag vir ouma n bossie veldblomme .

blom

 

bl

 Septemberbos het die heerlikste geur, die veld ruik stroopsoet. Die Carpentor bees(sorry vir die engels) dreun soos n eskader Harvards.

Môre neef

....hoe mooi daai klein Karoo omgewing kan wees in lente tyd. Menige kere daar deur gery tot by de Rust en soms verder deur Meiringspoort om op N1 te kom. 

Die eerste keer wat ek in de Rust oorgebly het, dog ek dis leeu wêreld, soos die volstruise brom.

Ek wens ek het die geld gehad om weer al die mooi dele in ons land te gaan platry.

pretoria

pieterc

Sat, 11/09/2021 - 08:57

Ek stem saam Wessel, dit is n pragtige deel van ons land wat ek graag beter wil leer ken. Kleinplaas lyk na die ideale basis om die omgewing vanaf te verken. Dit is net vrek ver van ons af.

"Ouma" Vonnie is baie bevoorreg om so n spesiale bossie blomme uit die veld te kry!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 11/09/2021 - 10:40

Herman, dankie vir die Klein-Karoo fotos -  ook pragtig !

Hier is nog 'n fototjie by Weskus Nasionale Park, hierdie keer by Kraalbaai.

.

Secunda

Sleep nou

Tue, 14/09/2021 - 07:33

Die wereld daar mooi die blom toer ding moet ek en Berdien ook doen ons bly in n mooi wereld