TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -5 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -7 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -7 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -7 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -7 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -7 hours ago

Will nie die twak praat gesprek met ernstige dinge

Vaalpark
Submitted byJohann L onFri, 10/09/2021 - 18:01
Forums

Nou ja, julle het gevra vir my opinie, hier is dit.devil

Hierdie entstof is nie die merk van die dier nie.

Die Bybel sê die merk van die dier kom op die regter hand of voorkop.

My ent was op my linker bo armlaugh

Hierdie hele episode is 'n dress rehearsal vir die merk van die dier, al is daar 'n siekte wat ernst8g is, word dit gebruik, lees misbruik.

Die anti Chris (maw ook die merk van die dier) kan nie gebeur voordat die wegraping nie plaas gevind het nie. (Die Heilige Gees en kerk verhoed hom om homself te openbaar).

Ja, ek weet die woord "Wegraping" kom nêrens (per say) in die Bybel voor nie, maar, lees gerus wat sê I Thessolecence 4:13 tot 18. Lê klem op vers 17 waar die Woord sê, ....ons sal Hom in die lug tegemoet gaan.....maar lees vanaf vers 13 om vers 17 se impak te vertsaan.

Verder, lees ook I Korinthiërs 15: 53 tot 54, waar die Woord se....in 'n oomblik in 'n oogwink......

Vaalpark

Johann L

Fri, 10/09/2021 - 18:33

En die 7 jaar van verdrukking het nog nie eers plaas gevind niesurprise

Johann hier is baie forum lede wat glo dat hulle alreeds in die 1000 jr vrederyk leef.

Met al dit wat gebeur? As die 1000 jaar vrederyk so lyk, is ek bly ek gaan dit mis.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 20:15

Ai mense, ek is só bly my Christelike geloof is so eenvoudig soos dié van 'n kind.  Ek weet niks waarvan julle praat nie,   en wil ook nie probeer verstaan nie,   en vind dit ook nie nodig om te probeer verstaan nie.

Centurion

Voortrekker

Fri, 10/09/2021 - 20:23

Len, daar is wel party mense wat 'n passie het om die woord van God te bestudeer in diepte en om oor sulke goed te gesels.   Maar alle mense is nie dieselfde nie, en elkeen het sy eie gawes en belangstelling. smiley

Maar laat ek 'n ander blik wurms oopmaak.  Die verwysing na Matt 18  en die woorde daarin spreek eintlik nie ons as heidense gelowiges in Christus aan nie oor hoe ons moet optree en glo nie.  Jesus spreek hierso die Jode aan.   As jy wil leer oor die geloof en gedrag van die kerk (bruid) van Christus, dan moet jy veel eerder gaan bestudeer dit wat die apostel Paulus geskryf het.   Paulus is tog die apostel van die heidene en nie van die jode nie.

Die gehoor wat Jesus in Matt 18 aanspreek was voordat Hy gekruisig was en voordat Hy opgestaan en opgevaar het en voordat die Heilige Gees uitgestort was.   Ek sê glad nie dat die woorde van Christus nie vir gelowiges en lede van die kerk van Christus bedoel is nie en ons moet dit aanhang - maar die volkome openbaring van Christenskap het eers heel later gekom , en aan ons as nie jode het dit gekom met die leringe van Paulus.  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 10/09/2021 - 20:55

Ongetwyfeld Anton, dis waarom ek MY dankbaarheid uitgespreek het dat EK my nie bekommer oor wat MY aanbetref, onnodige bekommernisse en voorspellings is nie.

Die "party mense" waarvan jy hierbo praat is ek maar al te deeglik van bewus en het groot bewondering vir sommiges wat so 'n diepgaande studie van die Christelike geloof maak.  Trouens, my enigste broer en famililid wat ek het, is 'n afgetrede dekaan van 'n teologiese fakulteit by 'n oer-oue universiteit in Europa wat nou nog op sy oudag steeds navorsing doen, artikels skryf en boeke publiseer oor die grond-skrifte van Die Bybel.

Ek kritiseer niemand nie, ek wou net MY persoonlike berusting konstateer oor die onderwerp wat ter sprake gekom het tydens die Covid-19 inenting gesprek.

Vaalpark

Johann L

Fri, 10/09/2021 - 21:41

Baie mense glo nie aan die wegraping nie, net omdat die woord nie in die Bybel voorkom nie, maar bybel studie en vertalings, wys dat die Griekse woord vir wegraping na "caught up in the air" verwys. In die Afrikaanse vertaling het dit weer na "...Hom in die lug......." (Raptore)

Na dit gebeur het, kan die anti Christus eers geopenbaar word. Hy gaan een wêreld geloof, een geld stelsel en een regeering instel om "vrede" te bring. Die merk van die dier gaan ook deur hom in gebring word. Vir 7 jaar gaan hy regeer met 'n groot verdukking, daarna gaan Jesus vir die tweede keer af kom aarde toe en vir duisend jaar regeer waarna die groot Wit Troon oordeel gaan gebeur.

Baie kort opgesom.

Môre Johann

....'n kind. 'n Vriend sê juis verlede week vir my---die Bybel is so vlak dat 'n kind dit kan verstaan, maar so diep dat 'n geleerde daarin kan verdwaal.

Juis omdat daar 'n wegraping vir ons wag, moet ons so leef dat ons in geloof daaraan kan deel hê. Andersins, as ons sterf voordat dit plaasvind, moet ons lewe so gewees het, dat ons deel gaan hê aan die 1ste opstanding, om saam met die lewendes, Jesus in die wolke te gaan ontmoet.

Genadiglik is daar ook nog 'n merk, die merk van God soos in Openbaring 7 vers 3.

 

Vaalpark

Johann L

Sat, 11/09/2021 - 06:56

More Wessel, presies soos jy sê, ons moet soos kinders glo, en ja, daar gaan twee merke wees.

Genadiglik is daar ook nog 'n merk, die merk van God soos in Openbaring 7 vers 3.

Vaalpark

Johann L

Sat, 11/09/2021 - 07:12

Ek wil darem net gou 'n regstelling maak.

Die belangrikste is om in Jesus te glo, (my persoonlike opinie) die res sal van self kom soos jy in Hom groei. (Deur die geloof)

As jy nie weet van die wegraping nie, of nie daaraan glo nie, dink ek nie jy gaan hel toe nie. GLO in Jesus en maak Hom jou saligmaker, en jy sal gered wees.

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/09/2021 - 07:38

Ek moet nou n geselsie oor seks begin. Dan dek ons die hele spektrum van onderwerpe wat altyd in n onenigheid opeindig. Skuus het vergeet van rugbyspanne en hulle ondersteuners, ook n taboe onderwerp.

...gerus. Dit kan ook ontaard in 'n "uitstekende" onderwerp, maar die naakte waarheid is steeds 'n ontblotende vrug waaraan gepeusel moet word. laugh

 

Centurion

Voortrekker

Sat, 11/09/2021 - 08:42

Neef ek dink jy moet 'n nuwe draad begin?  

Dalk iets soos  "Die seks lewe van 60 jariges en ouer" ?

Ek is seker ons sal ook meer van Arie hoor op die forum.

pretoria

pieterc

Sat, 11/09/2021 - 09:07

Neef ek dink jy moet 'n nuwe draad begin?  

Dalk iets soos  "Die seks lewe van 60 jariges en ouer" ?

Ek is seker ons sal ook meer van Arie hoor op die forum.

En hoeveel eerlike deelname verwag jy, of is dit maar ok as daar bietjie gelieg word ook? 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/09/2021 - 09:19

Vir n voorbeeld gaan ek nou my eerste plasing op die voorgestelde onderwerp van;

Seks na 60.    ( Val nogal mooi op die oor).

Goeie dag maters. gedink dat dit hoog tyd is dat ons bietjie kleur inbring en gesels oor seks na 60.

Wat neef kan bydra is...hmm..hmm...hmmm. Kan jy glo daar is niks om oor te gesels nie!!!

Worcester

Wildehont

Sat, 11/09/2021 - 09:25

Ek glo ook soos ‘n kind, en ek glo dis hoe God wil hê ons moet glo. Jesus het gesê volgens Johannes 14: 6 “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.” En Hy het vir ons die reëls gegee om te gehoorsaam volgens Matteus 22: 37-40: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat.”

Dis so eenvoudig soos dit volgens my. Glo in Jesus en leef uit liefde. ‘n Dominee het een keer in ‘n preek gesê; voordat mens iets dink, doen of sê moet jy jouself vra; is dit wys, is dit liefdevol en is dit opbouend. As dit nie is nie, moet jy dit nie dink, doen of sê nie. En so werk God; Hy het my sopas daaraan herinner dmv van ‘n forum wat oor kampeer gaan.

Centurion

Voortrekker

Sat, 11/09/2021 - 09:32

Ai Johann.  Nou verander jou wegraping draad in 'n seks gesprek.   Maar ek sal dit probeer in lyn bring.   Daar is niks verkeerd met seks nie, beslis nie in die huwelik nie - dit is tog 'n gawe aan getroude man en vrou om intiem te kan wees en ook om die groot mandaat van Genesis 1:28 te vervul:   " And God blessed them: and God said unto them, Be fruitful, and multiply.."

Seks buite die huwelik, losbandigheid en ook egbreek asook seks met selfde geslag is egter iets waarteen daar gewaarsku word in die woord van God -  die bruid van Christus moet egter wegbly van hierdie goddeslose lewenstyle wat egter baie populêr is in vandag se tye.  Om juis aan te sluit by wat Johann vroeër genoem het van die bespotting soos in die dae van Noag deur die goddeloses.

Ek wil dan graag ook nog 'n skrif uit die woord van God aanhaal rondom die roekelose en goddelose lewens van ons dae:  2 Timoteus 3: 1-5 "

 1Dít moet jy weet: in die laaste dae sal daar swaar tye kom. 2Die mense sal selfsugtig wees, geldgierig, grootpraterig en verwaand, beledigend teenoor hulle medemense en ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar en ongodsdienstig; 3hulle sal liefdeloos en onversoenlik wees, kwaadpraters, bandeloos en wreed, sonder liefde vir die goeie; 4hulle sal verraaiers wees, roekeloos en hooghartig. Hulle sal eerder liefde vir genot hê as liefde vir God. 5Hulle sal nog die uiterlike skyn van die godsdiens hê, maar die krag van die godsdiens sal hulle nie ken nie. Bly weg van sulke mense af. 

 

 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 11/09/2021 - 09:39

Widehont, die is n groot waarheid. Wens so dat ek hier erens binne my die kan file en elke dag dit uitleef. Ek kry so baie keer skaam vir my gedrag. Daar is n boekie geskryf" The Dalaih Lama's Cat" Niks met geloof te doen nie, maar vol van sulke lewenslesse.

voordat mens iets dink, doen of sê moet jy jouself vra; is dit wys, is dit liefdevol en is dit opbouend. As dit nie is nie, moet jy dit nie dink, doen of sê nie.