TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -4 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -6 hours ago

My gat jeuk

Worcester
Submitted byWildehont onSun, 12/09/2021 - 20:31
Forums

Ek hou baie van ons huis, ons dorp en ons omgewing. Ek bly baie lekker hier. Maar nou-nou, terwyl ek iets by die wasbak was, tref dit my. Dis tyd. Ek is vrek lief daarvoor. Soveel as wat ek lief is vir ons huis, is ek lief vir gat skuur. Daarvan het ons 'n goeie dosis gehad in Julie. Ons was die grootste gedeelte van die maand op die pad, en boonop in my gunsteling plek - die Kruger wildtuin.

Maar my geaardheid is so, dat ek teen die voorlaaste dag van 'n toer reeds die vooruitsig na 'n volgende, bevestigde toer benodig. Einde Julie kon ek daarsonder klaarkom, omdat ons so heerlike lang toer gehad het. Maar nou is dit weer tyd. Gelukkig vertrek ons 23 September na Onrus, vir 'n langnaweek saam met vriende. Ek sien nou sommer baie daarna uit! 

Centurion

Voortrekker

Sun, 12/09/2021 - 20:51

Ag lekker. Geen kamp vooruitsigte hierdie kant nie.

Ek dink my volgende kamp gaan eers moontlik einde November of in Desember wees.  Ongelukkig moet my gesin ook nou saam ly asgevolg van my fietsry  verbintenis.  Ek het bietjie laat begin maar darem op die minimum van 3 maande voor die 94.7 weer begin oefen, maar dit beteken 5 oefening roetes per week waarvan een lang uithouvermoë moet bou en dit gebeur oor naweke, gewoonlik vroeg Saterdag oggend enigiets van 3 tot 4 ure.

Ek het sedert 2019 goeie "seeding" opgebou wat beteken my wegspring tye is vroeër en ook saam met vinniger groepe wat dan beteken dat my tye nog kan verbeter.  Later wegspring in stadiger groepe beteken mens verloor tyd veral as die groep stadiger is as my persoonlike vermoë.

So ja, ek moet maar minder kamp en meer trap sodat al my harde werk van die vorige jare nie te vergeefs is nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 13/09/2021 - 09:35

Ai tog, dat 'n mens jouself (en jou gesin) so kan straf met die fietsryery !  Maar as die behoefte roep, moet dit seker bevredig word.

ChrisWH, ons het al dikwels by Onrus gekamp en dit nog altyd heerlik gevind.  Die geriewe was (is ?) oud maar skoon en dienlik  -  ons was lanklaas daar.  Op 'n stadium was diefstal 'n probleem, maar ek vertrou dis nou iets van die verlede.

Ek hoop julle kuier lekker en dat ons mooi fotos van julle en julle opset gaan sien.

Centurion

Voortrekker

Mon, 13/09/2021 - 09:48

Toe ek 17 was het ek 'n girlfriend gehad wie se ouers 'n  vakansie huis in Onrus gehad het.    Maar ek het nooit tent opgeslaan nie.

Worcester

Wildehont

Mon, 13/09/2021 - 12:06

Oom Len, ons was April daar vir ‘n langnaweek en het dit baie geniet. Dis hoekom ek met vrymoedigheid weer bespreek het. Sekuriteit was ook nie ‘n probleem nie. 
 

Anton, jy kan mos jou gatsaag saamvat vir ‘n kampeernaweek en drie of vier ure gaan ry die Saterdag?

Centurion

Voortrekker

Mon, 13/09/2021 - 16:21

Ek ry nie meer bergfiets nie en gebruik 'n gravel bike wat meer ten gunste van teerpad is.  Ek wil nie in die bos gaan rondneuk tussen dorings met die fiets nie.

Worcester

Wildehont

Mon, 13/09/2021 - 18:45

By Onrus karavaanpark kan jy teerpad ry van jou staanplek uit tot by die uitkyk punt op Rotary Drive of Gansbaai toe as dit te naby is. 

Worcester

Wildehont

Mon, 13/09/2021 - 22:08

My fiets gaan altyd saam, behalwe na nasionale parke. Maar my fiets gaan waarskynlik nie verder as Onrus strand ry nie. Ek ploeter maar net saam met Chris Jnr en Kara (wat gewoonlik op my fiets saamry) rond. 

Centurion

Voortrekker

Fri, 17/09/2021 - 07:52

En toe word my streng fietsry oefen program in die wiele gery toe die Gauteng Voortrekkers my benader om weer 'n sterrekunde kursus te gaan aanbied aan 'n groep van 15 graad 6'e

Ek sal dus 1 tot 5 Oktober gaan kamp en teleskoop opslaan by Venterskroon kempterrein en die kinders gaan toespreuk en leer van God se ongelooflike skepping.

Worcester

Wildehont

Fri, 17/09/2021 - 07:57

Ai, dis nou ‘n gatslag dat jou gatsaag nie kan grondpad ry nie. Geniet dit!

Centurion

Voortrekker

Fri, 17/09/2021 - 09:29

Wel, eintlik ry ek 'n Gravel bike - so hy is gebou vir grondpad  en teerpad -  maar ek verkies die teerpad en dan so nou en dan van die pad af en dan weer terug (soos ek maar is).   Maar hy is ongemaklik as die grondpad baie rof raak want daar is nie suspensie op hom nie.

Die bonus is dat my 2 latte saamgaan en ook kursusse in hulle ouderdoms groepe gaan doen.  So dit gaan 'n lekker Pa en seuns kamp wees.

Worcester

Wildehont

Fri, 17/09/2021 - 15:04

So dis die Sprite Tourer van fietse. Dis lekker dat jou laaities saamgaan. Tyd saam met jou kinders is só kosbaar, en dit boonop in die natuur.