124305 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Franschoekpas Heuwelsig Franschoek Wessel Strydom -7 minutes ago
Karoo padstal Ons 4-maande toer Wessel Strydom -13 minutes ago
Sien ons moet die… Heuwelsig Franschoek Jan Meyer -21 minutes ago
Grootwind... DDS (Doen Dit Self) Wessel Strydom -29 minutes ago
Na 'n lekker brekkie ... Ons 4-maande toer Chris Boucher -50 minutes ago
Servaas... Tweede aftree Wessel Strydom -50 minutes ago

Ukraine

Oudtshoorn
Submitted by neef Herman on Mon, 14/02/2022 - 17:59
Forums

Weet nie of die ander kampers die Rusland, Ukraine gebeurlikheid volg nie. Ek is maar redelik bekommerd  oor die "Sabre rattling". 

Die strategiese plasing van Putin se skepe, oraloor is effe van n " show of power" vir Nato. Met alliansies soos China en Noord Korea, is Rusland nie speletjies nie. En dat Europa baie afhanklik is van gas uit die oosblok, is nie n grap nie.

En dan hoor ek Putin se, hy voel f..ol vir enige sanksies.

Hoop neef is totaal verkeerd, maar as die stand van sake nie opgelos word nie, kan ons maar die waens op blokke sit. Daar sal nie gekamp word nie.

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 14/02/2022 - 19:06

Wat ons Rock Spiders nie moet vergeet nie, SA is nie n Nato lid nie, soos geen ander Afrika Unie lid nie.

Dan is ons ekonomies verbind aan BRICS. Brazil, Russia, India China en SA.  Nie een van die bende is Nato lede nie, so as die sanksies kom, sal SA seker ook betrokke wees.

 

 

Ek volg dit ook, en is baie bekommerd.

Die gebult van russiese spiere is 'n wesenlike uitlokking, en ek twyfel ook of Biden die diplomasie en intellek het om aaleen dit te stuit. 

Dan twyfel ek ook of binne NAVO 'n sterk leier is om NAVO sinvol te lei in die onderhandelinge.

 

Irene

Grootwind

Tue, 15/02/2022 - 13:04

Blykbaar iets soos 10 000 Russiese troepe besig om van die Ukraine grens te onttrek....ekke vertrou die klomp Russe glad nie...dalk is dit bloot 'n uitruil van troepe wat l 'n paar weke daar sit met vars troepe. Hoe dit ook al sy, eerste plek waar ons die Ukraine ding gaan voel is brandstof, oileprys is vanoggend deur 95 Dollar en sal seker in die volgende paar dae dalk 100 Dollar bereik. Wil nie weet wat die petrol/diesel pryse begin maart gaan wees nie...crying

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 15/02/2022 - 17:47

Kom ons kyk wat gebeur. 16de Feb is glo n belangrike dag in Rusland, blykbaar soos ons " day of reconciliation" en die beweringe is dat dit dalk Die dag vir inval sal wees.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 16/02/2022 - 08:40

..............lyk dit of dinge 'n bietjie uitverband opgeblaas is.  Rusland sê dit is maar net militêre oefeninge, maar ek dink dis eerder 'n bietjie magsvertoon aan die Westerse wêreld.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 16/02/2022 - 08:58

Van die ontleders noem dat die situasie baie naby is aan wat WW twee begin het. Leiers het blad geskud, en geglimlag dat die saak besleg is toe dunsnor inval. Het Nato al toe gestem dat Ukraine nie lid word nie, indien nie sal Putin nie sy tenks huistoe vat nie. Hy sal gesig verloor by die res.  Verder is die Amerikaners wat so magdom toerusting stuur ook nie gerusstellend nie, waar hulle hulle neuse indruk, gebeur niks goed nie.

 

Irene

Grootwind

Thu, 17/02/2022 - 09:49

Ek vertrou daai Russe geensins....lyk asof hulle sg onttrekking van troepe eintlik maar net 'n rotasie met vars troepe is, die Yanks reken hulle het oornag nog 7000 troepe bygevoeg. Een ding is ek seker van en dit is dat elke Amerikaanse en Europese spioenasie satelliet tans bokant die Ukraine geparkeer is. Ek dink nie een van daai Russe kan gaan "go-kart" ry sonder dat hy op iemand se foto verskyn nie:)

Môre vriende

Ek lees nounet 'n paar interessante artikels. 

1] die skatting is nou dat daar ongeveer 130000 troepe byeen is op die grens met Oekraiene. Dus, om 8000 te onttrek maak nie 'n reuse verskil nie.

2] hierdie magsvertoon gaan nou egter gepaard met detail ondersteuning, wat tevore ontbreek het. Byvoorbeeld daar is reeds volledige veldhospitale ingerig.

3] Die gewone Rus wil ook nie oorlog hê nie. Blykbaar is dit hoofsaaklik 'n ouskool geharde Rus se laaste poging om met groot eer in die geskiedenisboeke opgeneem te word. 

4] Putin voel dit is sy verantwoordelikheid om die Oekraine terug te win, of dan slegs te verhoed dat NAVO dit benut, om basisse daar op te rig. Vandaar is Rusland 'n maklik bereikbare teiken vir Westerse invalle. 

5] Daar word bespiegel dat Putin en 'n paar ander geharde ouskool Russe dit hulle verantwoordelikheid ag om afstand tussen Rusland en die Weste te bou. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 17/02/2022 - 13:25

Dis 'n storm in 'n teekoppie, 'n magsvertoon deur twee opponerende moonthede.  Ek twyfel baie sterk of 'n volskaalse oorlog sal uitbreek.

Net die tyd sal leer of hierdie oubaas die pot totaal mis gesit het.

Irene

Grootwind

Thu, 17/02/2022 - 13:45

Dink dis effe meer as a storm in 'n teekoppie. Die koste om soveel troepe en toerusting slaggereed te kry is astronomies. Nuutste is dat die troepe getalle nou gegroei het tot sowat 148 000 en dat hulle nou ook 'n "pontoon" brug oor 'n rivier oornag gebou het wat hulle binne slegs 4 km of iets van die grens plaas met nou 'n maklike roete om die grens te kan oorsteek na Ukraine se hoofstad. Dis duidelik dat iemand ou Putin se klokke ernstig gekielie het en dat hy niks daarvan gehou het nie wink Lastigheid met die soort ding is dat almal nou met hulle vingers op die sneller rondloop en al wat dit vat is een ou wat besluit hy gaan nou maar die ding aan die gang kry....Boonop het Putin reeds gewys dat hy nie veel gepla is oor die impak op sy ekonomie nie....soos gewys in sy anneksasie van die Krimea en sy lae intensiteit betrokkenheid in die ooste van Ukraine...Iets is daar aan die uitbroei,,,hopelik verander dit nie in 'n warm situasie nie.

Middag vriende

Wat ek vreemd vind is dat Amerika [Biden?] vir Rusland bewyse vra aangaande die onttrekking[?] van sy troepe. Slaap die Amerikaners, of is hulle sateliette afgeskakel??? 

In vandag se tyd vra mens nie by jou vyand bewyse nie---jy konfronteer hom met jou eie intelligensie inligting. In die goeie ou dae so Engeland vir James Bond gebel het, hom 'n Aston Martin gee, 'n satelietfoon, sneeupakkie, en met opdrag---gaan kyk gou wat broei.

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 17/02/2022 - 16:24

Blykbaar was daar n artillerie aanval op n kleuterkool in die "Russiese" gedeelte.  Nou word oor en weer beskuldig. Daar is n baie sterk teenwoordigheid van Russiese ondersteuners in Ukraiene, lyk of hulle die vuur wil aanblaas.

Ook gelees van hospitale, en glo n versending bloedplasma. Wessel, seker 007 wat die inligting verkry het, plasma sien jy nie met n satteliet nie.

Putin kan nie onbepaald met die as net n oefening voortgaan nie.

....dat ons regering, as deel van BRICS, troepe ter ondersteunende oefening wil stuur nie.

Ek het nie meer lus om inspeksie te staan, boots te polish en vroeg op te staan nie. Aan die anderkant, was ek nog nooit kosteloos in daardie geweste nielaugh

Irene

Grootwind

Thu, 17/02/2022 - 18:16

Nee wat Wessel, geen kans dat ons weer inspeksie sal staan nie, my Browns pas my lankal nie meer nie! Ek dink ook nie onse ou sein toerusting werk meer so lekker nie, ek kom uit die era van TR15 Hoppers en B56's! In alle geval bestaan onse "beste weermag in die suidelike halfrond" - jammer, het vergeet dit was erens in die 70's en 80's - deesdae net uit 'n paar ou bakkies en AK's. Stem egter saam, James Bond moet nader getrek word, moet net nie die mooi meisies vergeet nie!

Neef, wat die sg. aanval op die kleuterskool aanbetref was dit duidelik 'n vals vlag aanval, duidelik ontwerp om mense se emosies op te sweep, hoekom anders 'n kleuterskool? Daar loop al lank blykbaar stories rond dat daar "onbekende klein groen mannetjies" in Ukraine rondsluip om solank te kyk wat waar aangaan. Blykbaar dieselfde gebeur toe Krimea ge-annekseer was. 

Worcester

Wildehont

Fri, 18/02/2022 - 08:57

Ek lees nou op Maroela Media net 46 van die lugmag se 217 vliegtuie en 27 van hulle 87 helikopters is diensbaar. By die vloot is net een van die vier fregatte en geen duikboot diensbaar nie. Dank die Here ons bly ver van Putin af.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus