Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122279 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Chris B Januarie 2025 Wessel Strydom -22 minutes ago
Laaste skof Dakar 2025 Rona du Plessis -6 hours ago
Chris Januarie 2025 Rona du Plessis -8 hours ago
Klaar gepak Januarie 2025 Chris Boucher -8 hours ago
Ek moet darem ... Wors Chris Boucher -7 hours ago
Fly SAFair Januarie 2025 Wessel Strydom -9 hours ago

Len en die Kruger Wildtuin in Mei 2024

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sat, 08/04/2023 - 08:13
Forums

Nee, ek het nie kop verloor nie !

Ek (of eerder ons) het nou geleentheid gehad om die idee vir Mei 2024 te oordink en die volgende besprekings by SANParke is vasgemaak :-

  • 28 April : vertrek uit Brackenfell
  • 28 & 29 April : Karoo Nasionale Park
  • 30 April : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 1 Mei tot en met 5 Mei : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 6 Mei : Malelane satelietkampie
  • 7 Mei tot en met 20 Mei : Skukuza
  • 21 Mei tot en met 29 Mei Satara 
  • 30 Mei : Malelane satelietkampie
  • 31 Mei tot en met 1 Junie : Joos Becker Karavaanpark, Pretoria
  • 2 Junie : Reyneke Park, Bloemfontein
  • 3 Junie : Beaufort-wes (iewers in)
  • 4 Junie : Tuis

 

Nou sal my siel seker rus.

Opgedateer  15 Maart 2024

--------------------------------------------------------------------------------------------

I

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 08:37

... ek kan sien jou lus vir die wildtuin "hang uit". Soos reeds op ander gesprekslyne gestel, het ons maar besluit ons sal ons tande, vir kampeervakansies in die wildtuin, trek. Ons sal baie waarskynlik nog in vaste akkommodasie tuisgaan - uiteraard vir korter tydperke. In sodanige gevalle sal ons dalk eerder vlieg.

My Tzaneen-maters is gister hier weg - altans eers vanoggend vanaf Kaapstad gevlieg, want hulle het in Hotel Verde op die lughawe oornag a.g.v. hulle vroeë vertrektyd vanoggend. (Jy kan nie meer waag om die N2 tussen Somerset-Wes en die lughawe in die donker te ry nie). Hulle het op Struisbaai kom kuier en hul eerste en laaste aande hier by ons deurgebring. Ons het hulle op die lughawe gaan haal en gister weer weggeneem. Hulle het die afgelope 10 dae met Ralie se Honda gery.

Hulle het aangebied dat ons in die toekoms tot in Hoedspruit vlieg waar hulle ons sal kom afhaal. Dan kan ons met ons vriendin se VW T-Cross wildtuin toe gaan. Ek dink dit is 'n aanbod wat ek nie deur my vingers gaan laat glip nie. Dit is net 'n geval van "wanneer".

Jy moet lekker beplan en droom van Mei 2024.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 09:07

............Ons het vriende wat ook groot Kruger Wildtuingangers is, maar hulle kampeer nie en bly altyd in vaste akkommodasie.  Hulle vlieg ook altyd en huur dan 'n kar om mee rond te ry.  Hierdie vriende van ons kan nie vertaan hoekom doen ons dit nie ook nie.  My verduideliking is altyd, ek wil kamp in die Wildtuin totdat my gesondheid of ouderdom dit nie meer moontlik maak nie.  Die rit met ons Exclusive agterna en oornag blyplekke is vir my alles deel van 'n Wildtuin-vakansie.  Om nie eers te praat van die heerlike ontbyte en koffie-drinkery oppad nie.  As kind het ek saam met my ouers in vaste akkommodasie Wildtuin-vakansies gehou, maar alhoewel ek dit destyds geniet het, kan dit hoegenaamd nie kers vashou vir my afgelope 53 jaar se kampeer Wildtuin-vakansies nie.  Daarom gaan ek probeer aanhou daarmee tot ek nie meer kan nie.

Sommer terloops, ek merk op sosiale media baie klagtes oor vlermuise in die Wildtuin se vaste akkommodasie.  Die reuk en hulle gemors afval op beddens terwyl 'n mens slaap is onuithoudbaar.  Dit was nooit so nie en ek wonder wat gaan SANParke daaromtrent doen.  Huidiglik verskuif hulle net toeriste wat kla na ander blyplek, maar dit bly uiters onaangenaam en is nie 'n volhoubare oplossing nie.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 09:32

.... die genoemde vriende van ons, alhoewel hulle kampeerders is, bly ook by geleentheid in vaste akkommodasie oor. Hulle het die afgelope week genoem hoedat die vaste akkommodasie agteruit gegaan het. Hoe jammer!

Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/04/2023 - 10:57

Middag Len

By ons is dit "middag" as kwik bo 25C styg.smiley

Sommer paar idees vir julle oorweging.

1] Vergeet van Joos Becker, laat Willem en ander vir jou veel beter en veiliger plekke aanbeveel. Dit gaan moontlik verder wees na jou vriende, maar dalk 'n beter opsie.

2] Soek jy net staanplek vir jou wa terwyl julle by vriende aanhuis gaan oorbly/slaap. Dalk het iemand in PTA omgewing vir jou wa staanplek.

3] Ek gaan die jaar die helfte van die N1 vermy. Ek gaan van die huis af ry tot by Aldam [~380km] Dan skuif ek aan tot by Riverside Ritchie [350km]. Vandaar tot by KarooNP.  Ten minste sny ek 'n groot deel van enkelbaan N1 uit. Ek gaan van Aldam af, eers yot by Bloemfontein, dan met N8 na Kimberley, en dan verder met N12. Uiteraard sal ek verslag doen oor die roete. 

Gaan jy onderlangs probeer plek kry in Kruger???

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 11:18

Ek en Ralie was tydens die vorige verkiesing in Punda Maria. Ons kon nasionaal gaan stem in Punda se kampong. Ons kon natuurlik nie provinsiaal stem nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 11:35

.................dit help want ek is nie bekommerd oor provinsiaal nie, want ek reken die gespuis het nie 'n kat se kans in die Kaap nie.  Ek sal egter baie graag my stempel nasionaal wil afdruk.

Wessel, ek wil nie graag my Joos Becker idee laat vaar voordat ek nie seker is dat die toestand daar nie verbeter het nie.  As dit nie verbeter het nie, dan sal ek ander oornagverblyf in Pretoria soek.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 12:02

Karoo Nasionale Park : Dinsdag en Woensdag - 30/4 en 1/5

Ons kan so 8vm se kant uit Brackenfell vertrek vir 435km tot by Karoo Nasionale Park.  Teen daardie tyd het die lastige ooste son reg van voor al opgeskuif en behoort nie meer te pla nie.  Oppad sal ons langs Touwsrivier se BP garage by die padstal 'n lekker ontbyt eet. Hier staan ons juis by 'n vorige geleentheid voor die betrokke padstal :

.

Ons behoort dan so teen 15:00 se kant daar te wees sonder om op te slaan  -  miskien selfs 'n middagslapie inkry voor ons ietsie vir die aand braai. So lyk ons oornag-staanplek wat ons weer sal probeer kry.

.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 12:26

... met jou gedagtes leef jy in die toekoms in en met jou foto's in die verlede in. 

Dit bly maar lekker om lekker herinneringe op te roep (veral as jy foto's daarvan het) en in jou kop (en hart) uit te sien na iets. Ek kom agter dat jou verlange wildtuin toe is erg.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 13:41

..............pak ons die 550km na Reyneke Park aan in Bloemfontein en behoort seker so teen 16:00 daar te arriveer.  Ons staan altyd baie lekker hier met ons eie badkamer en kombuisie.  Ek weet dit klink vervelig om altyd dieselfde roete en stilhou plekke te gebruik, maar in ons twee oues se geval voel dit vir ons die veiligste om die lang rit maar so aan te pak. Reyneke Park is gerieflik geleë 5km vanaf die N1 in die rigting van Kimberley.

So lyk dit by Reyneke Park :-

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 14:06

...................is dit Pretoria toe  -  456km.  Ons behoort seker so teen 4nm daar te arriveer.  Soos hierbo in die vooruitsig gestel, hoop ek Joos Becker karavaanpark se sokkies is opgetrek dat ons weer daar kan staan tydens ons drie dae kuier in Pretoria.  So lyk dit daar toe ons 'n paar jaar gelede daar gestaan het.  Dit was in die winter (Juliemaand) en die gras was morsdood.

.

.

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/04/2023 - 14:10

Len - 'n Mens kan natuurlik nie 'n fout maak met Karoo Nas Park as oornagplek nie. Tops!!!

Jou brekfis-plek by Touwsrivier was vir baie jare ons gereelde stilhouplek wanneer ons vir my skoonmense in die Karoo ('n plaas naby Prins Albertweg) gaan kuier nie. Ek ken nie hulle brekfis nie, maar ek glo jou dat hulle 'n lekker brekfis bedien as dit al vir etlike jare'n voorkeur-brekfisstop vir die Loaders is. Ons het weer vasgehaak by Veldskoen padstal in die Hexvallei wat ons tradisionele eerste stop is - net ver genoeg om 'n ouballie se vol blaas te ledig.

Ons het slegs by twee geleenthede by Reynekepark oorgestaan - beide kere wanneer ons suidwaarts gery het. Persoonlik kon ek nog nie opgewonde raak oor dié park nie, maar dit is oraait. Die eerste keer was hulle só vol dat ons ons sogenaamde privaat-badkamer met 'n vreemde gesin moes deel. Na etlike jare het ons weer daar oorgestaan. Maar ons is die nag wakker gehou deur die voerfabriek (oorkant die N8) se stofafsuigings-siklone - sodanig dat ons die karavaan se dak laat sak het om die irriterende klank te demp. Maar ek verstaan dat dié probleem opgelos is.

Ons normale oorslaapplek na Karoo Nas Park is Aventura Gariep by een van hulle sogenaamde "luukse staanplekke" - met privaat badkamer. En vandaar tot Aldam. Laasgenoemde is niks om oor huistoe te skryf nie, maar vroeër jare het ons gewoonlik by Kroonpark oorgestaan. Hier wil jy egter nie meer oorslaap nie. Die laaste keer wat ons daar gestaan het was een grootskaalse gemors.

Ek sien uit na die res van jou beplanning en is nuuskierig om te verneem wat julle uiteindelik in Pretoria gaan doen t.o.v. julle karavaan.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 14:33

Ons ken die park goed en het in die 70's daar vir twee weke gekamp terwyl ek by Volkskas se destydse tak daar werksaam was.  Dit was 'n pragtige oord maar is feitlik tot as bemors en verwaarloos.  Maar ek verstaan die dorp se inwoners het ingespring en die spul reggeruk, maar ons was nog nie weer daar nie.

Hier is 'n foto hoe dit destyds in een van die badkamers gelyk het voor dit so te sê vernietig is.

.

.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 08/04/2023 - 19:40

....by die bekende plekke vir oorslaap langs die N1. Met Gariep kan mens nie verkeerd gaan nie. Onthou die nuwe plek, ook by die damwal----Waschbank. Volgens Johan Lapksag se foto's en resensie, is dit 'n baie netjiese plek.

Wel die jaar gaan ons heelwat nuwe plekke besoek soos, Riverside, Jongensfontein, Rondeberg, Kroon Lodge en Oranjerus. Almal na goeie aanbevelings van staatmaker forumlede.

Klagtes oor Kroonpark op internet is steeds volop, ek sal maar vermy.

Ons het laasjaar met die afry, en terug daar oorgeslaap. Ablusieblok was skoon en in werkende toestand. Boonop het ek veilig gevoel, al was ons stoksielalleen in die woonwapark. 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 20:49

Ons behoort Malelane-hek (385km) teen middagete te bereik en seker 'n halfuur daarna by die Malelane-kampie te arriveer.  Ons kan of 'n middagslapie inkry of Berg-en-dal toe ry (so 10km dieper in) vir middagete en/of om die S110 sirkelroete te gaan ry  -  sal later besluit.

Dis heerlik om eerder binne die Wildtuin te oornag voor 'n ou die eerste werklike kamp bereik.  Dis iets wat ek by ChrisB geleer het, het dit verlede jaar probeer en gaan dit beslis op hierdie trip weer doen.  Hier staan ons in Mei 2022 by Malelane-kampie net nadat ons die Wildtuin binne is.

.

.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 21:09

...........ons vir 7dae gaan kamp opslaan.  Dis so 'n 2, 3 uur se ry vanaf Malelane en ons sal by Afsaal Piekniekplek (so 18km vanaf Malelane) 'n brekkie gaan geniet.  Ek weet Skukuza is nou nie almal se "cup of tea" nie, maar ons het nog altyd heerlik hier gekamp.  'n Groot voordeel is die 360º se wildkyk-roetes in die omgewing met volop wildlewe.  Hier is een van baie kere waar ons voorheen by Skukuza gekamp het :-

..

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/04/2023 - 22:02

..............Satara vanaf Dinsdag 14/5. Daar is maar baie klagtes oor Satara en die kampterrein is maar stowwerig.  Maar ons het nog altyd heerlik hier gekamp en die omgewing rondom Satara is 'n wildlewe paradys.  Hier bly ons egter weg van die westelike grensdraad want die namiddag se westelike son is onuithoudbaar, die stof is ook erg en die kragpunte is myle uitmekaar.  Ons het ons voorkeur staanplekkie suid van die suidelike ablusie-gebou met 'n groot familie gebande muishondjies in die bosse daar naby wat 'n groot keel opsit sou daar 'n slang wou rondsluip.  Hier is die betrokke staanplek :-

.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 09/04/2023 - 07:03

... maar jy droom lekker Len. Ek sien al daardie plekke wat jy noem in my geestesoog - almal plekke wat ek ook goed ken en soms oor droom (in my dagdrome).

Ek het gister tot my skok agtergekom dat om Hoedspruit toe te vlieg my 'n spreekwoordelike arm en 'n been gaan kos. 'n Retoerkaartjie (per persoon) vanaf Kaapstad gaan my R10 000+ kos - m.a.w. meer as R20 000 vir die twee van ons. Daar vlieg my hoop om van my vriend in Tzaneen se aanbod (om sy een voertuig te gebruik) by die deur uit. Dit blyk dat ons wildtuin-tande is dus getrek, want met die wa sal ons nie weer gaan nie.