Forums
Ek begin die gesprekslyn sodat ek ophou om die Alternatiewe sleepvoertuie gesprekslyn te besoedel met praatjies oor die 2013 Ford Ranger 3.2 auto 4x4 wat ek onlangs gekoop het.
Ek wil nie die goeie raad wat ander lede wat soortgelyke voertuie het/gehad het verbeur nie, so nou kan ons verder daaroor praat hier.
Almal ken teen die tyd die besonderhede van my aankoop, so ek gaan niks herhaal hier wat reeds gesê is onder Alternatiewe sleepvoertuie nie.
Daai bande....
....raas seker lekker op die teerpad, of net bo 90km/hr??
R173 550 se ekstras
My makelaar het gevra dat ek die waardes van die ekstras kry sodat dit gespesifiseer kan word op die versekering. Ek het sopas die boodskap hier onder gekry van die vorige eienaar af:
Hi Chris
Some of the invoices I can’t get ,but I called Mega world 4x4 who done most of the fitment and asked for the price and this is what they give me for replacement value .
ARB Sahara bumper 49500
ARB underbody plate 25000
Extra tank 10000
Snorkel 5500
Flood lights 6500
Lumeno light bar 2500
Rock slider11000
Suspension rear,Tough Dog 29000
Tough Dog front shocks 8550
Tough Dog front upper arm 11500
Smart and rear camera and infotainment system 12000
Dessert Roof rails 2500
Please note these are the prices given to me by 4x4 Mega Word
Regards Nick
Band geraas
Wessel, ek het op my Colt, my vorige Ranger, die Everest en die Prado AT bande gebruik. Nou wel nie BF’s nie, maar die patrone was nie soveel minder agressief nie. Mens hoor die bande meestal sing teen laer snelhede. As mens vinniger ry is dit nie so erg nie. Die vyf silinder enjin is in elk geval nie van die stilstes nie.
BF Mud-terrain
Ek het vergeet om te noem dat ek een keer ‘n toer gedoen het Botswana toe vir ‘n vriend met ‘n Defender 130 van hom wat BF Mud-terrain bande opgehad het. Hulle het iets verskrikliks geraas, en as ek reg onthou het hulle ook nie lank gehou op die teer nie. Tensy jy dus in ‘n moeras bly en nooit daar uitgaan nie, moenie van hulle opsit nie.
Versekering van ekstras
O genade, wat maak mens in so 'n geval?
Beteken dit dat jy die bakkie vir die aankoopprys en die ekstra kR173 wil/moet verseker.
Ek sal dit nie doen nie, dit gaan jou premie moontlik baie hoër maak. Jy het nie daai uitgawe gehad nie, dis 'n bonus.
Dis een ding as die bakkie gesteel word, en nie gevind word nie. Dan kan jy sonder die ekstras se versekering klaarkom. Dis egter 'n ander gefoeter as jy in 'n ongeluk was, en die bakkie moet herstel word, wat beteken dat baie van daai ekstras vervang moet word.
Loop jy die risiko dat as jy dit nie spesifiseer nie, dat jy ge-evalueer kan word in toekoms as "onderverseker"??
Weet jy wat die effek op die premie gaan wees.
Ek wag nog
My makelaar het voorgestel dat die ekstras vir die helfte van daardie waarde verseker word om toe te laat vir waardevermindering. Ek sou waarskynlik nie een van die ekstras laat insit as ek die bakkie daarsonder gekoop het nie, so dit gaan nie werklik vir my ‘n verlies wees as die bakkie gesteel word en die ekstras was nie verseker nie. Ek sal ‘n gesprek met my makelaar hê nadat hy die premie by die geel sambreel gekry het.
Tusk kappie
Ek het intussen ‘n kwotasie gekry vir ‘n Tusk kappie, wat ook baie netjies lyk. Selfs met koerier kostes is dit R3,6k minder as die Ramkappie en dis blykbaar nie moeilik om dit self op te sit nie. Ek wag nog vir my vriend om uit te vind waarvoor hy vir my die Ramkappie kan kry.
Het onlangs my Ranger se…
Het onlangs my Ranger se GoodYear Wranglers on 34000km moes vervang, die spesifieke Wranglers (All Weather) breek sulke stukke uit die loopvlak uit veral voor, vorige Ranger s'n het dieselfde gedoen. Nou Wrangler All Terrain op wat volgens my bande tiffie nie dit doen nie. baie meer agressiewe loopvlak, effe meer geraas maar nie steurend nie. Daai BFs op Chris se Ranger se loopvlak lyk amper dieselfde? Wat versekering aanbetref is dit belangrik om die toebehore ook in te sluit teen vervangingswaarde, toe my vorige bakkie gesteel was het Outsurance die ekstra's se vervangingswaarde ten volle betaal minus bybetaling. mens sal verbaas wees hoe duur ongeluk herstelwerk is en hoe vinnig versekering eerder 'n voertuig afskryf...moet byvoeg ek het nie geweet sulke toebehore kos 'n plaas se geld nie!
Ekstras
Willehont, verskoon tog asb, maar ek moet vra. By We Buy cars is n 2013 met 168 000 km op te koop vir R 178 000.00 selfde kleur as joune. Daar is heel paar van die nuwer shape vir onder R200 00 of baie naby. Was dit al die ekstras wat jou laat besluit het ?
Btw BF Goodridge All Terrain is ń puik band met min geraas. Lyk soos die wat jy op het?
Genugtig, kyk daai pryse van…
Genugtig, kyk daai pryse van daai ekstras, Ek wonder wat drink daai mense in die oggend want dis wragtig nie koffie nie.
Was dit nie....
....vir al daai ekstras nie, kon daai Ranger nie loop waar 'n standaard Hilux loop nie.
Sommer 'n grappie uit jaloesie uit gehoor.
Ek glo nie ou Grompie sal aan beweeg kom met daai bande nie, net te veel rolweerstand vir sy enjintjie.
Hoekom het ek die bakkie gekoop?
Oom Neef vra of dit die ekstras is wat my laat besluit het om die bakkie te koop. Dit was 'n bysaak. Maar voor ek die vraag antwoord en my redes gee waarom die bakkie tans voor my huis staan, eers 'n paar ander kwessies:
Webuycars gee meestal Dekra verslae. Gaan kyk na die Dekra verslae van die bakkies wat vir die pryse beskikbaar is waarna Oom Neef verwys. Gaan kyk ook na die km lesings.
Toe ek begin rondkyk het, het ek min of meer besluit dat dit 'n bakkie gaan wees as ek die RAV vervang. Ek het ook min of meer reeds besluit dit gaan 'n T6 Ranger wees. Verder het ek eintlik gesoek na 'n 2.2 en nie na 'n 4x4 nie.
Daar is redelik baie XL (die intreevlak) modelle beskikbaar. Dis ook iets wat Oom Neef dalk buite rekening gelaat het. Daar is XL, XLS en XLT modelle. En afhangende van die jaarmodel is daar handrat en auto van elke spesifikasievlak. Dan is daar ook 4x2 en 4x4. Nou praat ek nie eers van die Wildtrak of Raptor modelle nie want hulle is te duur.
Maar hoekom het ek spesifiek op hierdie bakkie besluit? Dit was nie op Webuycars geadverteer nie, ek het dit op die 4x4community forum gesien. Dit was wel 'n 3.2, boonop 'n 4x4 en ouer as wat ek oorweeg het. Ek het gesoek na 'n 2.2 wat nie ouer as 2017 was nie, want hulle het 'n paar ekstra kW oor die ouer 2.2 modelle.
So wat het in die bakkie se guns getel?
Herman, is dit..................
.......die voertuig waarna ek vir jou moes gaan kyk het ? Nie weer van jou gehoor nie.
Willehont, jou besluit was…
Willehont, jou besluit was vir jou reg, en dit is belangrik.
Ek het my Prado aan We Buy cars verkoop, sonder sukkel. Dekra verslae is baie omvattend, deeglik en onafhanklik.
Len. Dit was ń 2017 VW Tiguan. Wil my rondskarrel ryding vervang. Die klein Nissan bakkie is half ongemaklik met die sakke en k@kke wat nou aan my lyf hang.
Dit was die middag nadat ek jou gebel het verkoop.Hulle werk first come first served, of jy moet ń holding deposit aanstuur. Ek sal dit volgende keer doen.
Daai Ranger lyk reg vir…
Daai Ranger lyk reg vir Worcester se sypaadjies![yes](/libraries/smiley/images/thumbs_up.png)
Chris se Ranger
Daai Ranger is reg vir see sand bos berge nice exstras op Chris geniet![wink](/libraries/smiley/images/wink_smile.png)
Dis eintlik hoekom ek die bakkie gekoop het
Dis die eerste keer wat ek sulke bande op ‘n voertuig het. Die is nog nuut, Hy het hulle opgesit verlede jaar voor ‘n toer Namibië toe. Hulle sing wel teen lae spoed, dalk maar omdat die enjin dan nie te veel raas nie dat mens dit kan hoor. Eintlik net as mens jou voet van die pedaal af haal om stadiger te ry as jy bv aankom na ‘n stopstraat toe.
BF Goodridge
Dit sal nou wel nie so stil as n pad-band wees nie, maar vir verrigting en lang lewe baie goed. Het so stel op n Disco 3 gehad en regtig Namibie plat gery, het een keer n klip deur die loopvlak gekry. Natuurlik links agter op n grondpad wat maar klipperig was.
Ek sien nou die Tusk Canopy…
Ek sien nou die Tusk Canopy waarna Chris verwys. Baie netjies
Koerier koste
Net jammer ek moet die Tusk laat koerier hierheen. Ek wag nog om te hoor watse afslag kan my vriend kry op Ramkappie.