Ons oorspronklike beplanning was om net Satara, Lower Sabie en Berg & dal te besoek. Wil voorkom of ek n dag of 2 ekstra kan inwerk voor ons gaan. Ek het toe al vir 1x dag by Maroela bespreek....wag nog vir n kanselasie vir die ander dag. Die roete wat dan beplan was, was via Sabie, Graskop, Bosbokrand en Orpen hek in. Ek het nou op Google maps geloer die groot area wat mens sleep via Bosbokrand. Ons het al in verlede in Graskop al insident gehad met informele nedersetting....so sou nie verkies om deur Bosbokrand te sleep nie.
Op Google maps het ek gesien om via Malelane of Krokodilbrug te sleep nie erg ompad is nie....die idee is om by Satara uit te kom
1. Via Schoemanskloof, Sabie, Graskop, Bosbokrand, Orpen, Satara is dit 539km en 7h11 min se ry
2. Via N4 Krokodilbrug, Lower Sabie na Satara is 561km 7h59 min se ry
3. Via N4 Malelane, Skukuza na Satara is 538km 7h 58 min se ry
Ek begin om te dink om opsie 3 te neem, die 2 dae wat ek beplan by Maroela oor te skuif na Skukuza.
Google maps
Soos per Google maps
Geert...
...hou jou plek in Maroela!!!
Oorweeg die volgende roete na Orpen hek. Ry Pietersburg, Tzaneen, Mica, Hoedspruit na Orpen hek. Jy kan natuurlik 'n aand by Swadini inwerk, lieflike plek. Ek het dit gesleep verlede jaar en dit is 'n lekker pad.
Anders ry jy van Tzaneen oor Gravelotte na P.Borwa hek, en slaap daar. Volgende oggend lekker rustig af na Satara.
Vergeet asb dadelik van Bosbokrand pad. Dis vir jare al 'n uiters gevaarlike pad om te gebruik.
wessel
Dankie Wessel vir voorstel. Ons het daai roete 2 of 3 jaar terug gedoen en toe 4 aande by Swadini gestaan.....vandaar ingegaan by Orpen. Ons verkies maar die N4. Vanaf ons huis is dit 380km tot Malelane.....so vandaar maak die km nie eintlik saak nie, want dit lekker om in die wildtuin te ry...is soos wildsbesigtigings roete, alhoewel olifante my altyd stress met karavaan agter
Geert...
...klink my of jy die N4 verkies. Dan het jy twee opsies;
1] sleep ligdag by huis weg, gaan by Malelane in, en sleep teen 50km/hr Satara toe, so 3 ure se sleep
2] Sleep by Malelane hek in, slaap 1 aand in Malelane kampie of B&D, en dan lekker rustig Satara toe. Dan het jy tyd vir bene rek en lekker eet by Tshokwane.
Ek sal opsie 2 uitoefen
Skukuza
Ek kon vanoggend die 2 dae kry wat ek soek by Skukuza. Nou die besluit....Maroela of Skukuza.
@Wessel....ons gaan as ons uitgaan by Berg en Dal kamp.....verkies om nie 2x daar te kamp nie....miskien is uitgaan kamp dan depressing as ons terugdink aan aankoms kamp daar
Watter lekker besluit ...
... om te moet maak. As jy N4-langs ry om by Malelane-hek in te gaan sou my logiese besluit wees om in Skukuza te bly. Maroela sal vir my te ver wees om met 'n karavaan te sleep - en dit teen 50 kpu. Nee man, gaan geniet jou tydsame wildbesigtiging. Maar net my opinie.
Skukuza !!!!!
Soos Chris B sê, as jy by Malelane ingaan, kan dit net Skukuza wees.
Om by Maroela te kom moet jy by Skukuza, Satara verby sleep om by Maroela te kom. dis 'n stewige 200km.
Ek stem saam met ChrisB, ...................
Geert ry liewer by Malelane-hek in dan is julle sommer gou-gou (63km) by Skukuza, staan julle ekstra twee nagte daar en vandaar is dit 'n lekker 92km rit tot by Satara.
As jy jou ekstra twee dae voor Satara by Maroela kan kry, sou dit die beste wees en alleenlik dan die N1 te ry oor Tzaneen, Gravelotte, Mica, Hoedspruit en in by Orpen.
Skukuza
Dankie vir jul voorstelle, die besluit gaan dan wees Skukuza. Ons het laas geniet om die S3, S1 en S65 te ry....vanaf Skukuza is dit makliker as van Berg en Dal en Lower Sabie wat bietjie aan ver kant raak. En dan hou ek daarvan om sommer n paar keer die S83 re ry
Dis lekker ...
... om so in jou kop deur die wildtuin te ry. Ek beplan ook juis die roetes wat ek eersdaags in die wildtuin wil ry. Die enkele voldag tot my beskikking in Berg-&-Dal sal waarskynlik o.a. die S118 en S119 insluit. Tydens die 3 aande in Skukuza sal 'n besoek aan Nkuhlu beslis op die "spyskaart" wees - en ja, die S83. Ook die Vervoerdam. En so kan ek aangaan.
Lekker vooruitsig Geert. Geniet intussen jou kopreise.
Ampie se gat....
....is altyd 'n wenner. Veral vir die ou grote wat sy horing moes inboet.
Nkhulu
My broer hulle het laas hierop afgekom by Nkhulu...op die terasse waar mense piekniek hou
Geert ...
... kon hulle vasstel watse soort slang dit was? Hoe groot? 'n Foto kan misleidend wees.
Eenkeer 'n groot boomslang daar gesien - in 'n boom onder teen die water.
Van boomslange gepraat - ek het afgelope Saterdag nogal 'n groterige een in 'n soetdoringboom in my erf gehad. Die voëltjies het hom weggegee. Ek kon met behulp van 'n langsteel-skoffel hom uit die boom jaag sodat hy oor die muur agter my erf val.
Nie slang kenner nie
Ek is nie slang kenner nie.....iemand het vir hulle daar gesê dis n Egiptiese spoegkobra. Miskien kan n slang kenner bevestig?
Nkhulu slang
Ek sal eerder raai dat dit 'n swart mamba is. Ek is egter ook nie 'n kenner nie.
Mosambiek spoeg kobra
Volgens internet se artikels is dit veel eerder 'n mosambiek spoeg kobra. Ook maar 'n gevaarlike kalant.
Wys jou net, mens moet ORAL in wildtuine oplettend wees, die wild is oral, tot in piekniek en kampterreine.
Malelane
So die eerste 2 aande is Malelane. Sal nog sien hoe laat ons ry. Het gewoonlik 4am probeer ry om spits verkeer in Pretoria en Witbank te mis, maar lyk my die spike storie bly ernstig hier op N4 Pretoria.....einde laasweek was daar groot polisie operasie om dit te probeer kamp. Hulle moet toestemming gee dat jy aanvallers kan skiet as jy in daai lokval is....al hoe hulle gaan skrik
Geert...
....nou moet jy net asb julle finale huisvestingprogram plaas, sodat ons lekker kan saam toer.
As jy net tot by Malelane kampie sleep, kan julle netsowel veilig eers 07h00 0f 7h30 eers vertrek. N4 is omtrent heelpad dubbel, dus het jy baie tyd vir padstalle ook
Stem saam Wessel,...........
...........as ons op die N4 oppad Malelane toe is, vertrek ons eers 8vm uit Pretoria en ry lekker rustig (met 'n brekkie langs die pad) en vul dan sommer op met goedkoop diesel by Obaro in Malense-dorp. Dan is ons gemaklik 15:00 by Malelane-kampie.
Ek stem ook saam ...
... Len. Die enigste keer wat ons vir een aand by Malelane oorgestaan het, het ons die oggend vanaf Bass Lake Lodge, noord van Pretoria vertrek. As ek sleep, ry ek nooit (soos in nooit) voordat die son nie op is nie. En ons het met die grootste gemak gery tot Malelane (en nog 'n Wimpy-"brunch" ingepas by Belfast).
Vir volgende jaar se wildtuinvakansie (waarvoor ek die eerste nag reeds in Malelane bespreek is), beplan ek om die voorafgaande 9 aande eers by ATKV Klein-Kariba te kuier - en van daar af Malelane toe te ry, m.a.w. terug Pretoria toe met die N1 en dan eers die N4 te neem.
Maar nou ja, soos ek al tot vervelens op hierdie forum gesê het: "Elke ou soen sy vrou op sy manier".