Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -10 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -11 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -13 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -13 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -14 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -15 hours ago

Woonwa tendense

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on Sun, 10/03/2024 - 14:49
Forums

Dis seker geen geheim dat boswaens deesdae meer populêr is as die konvensionele padkaravane nie.  Voeg daarby dat die jarelange bekende padkaravaan-handelaars stadig besig is om te verdwyn, trouens in Kaapstad is daar nie een so 'n handelaar oor nie.  Daar is wel nog handelaars onder andere in Somerset-wes, Mosselbaai en ook in Boksburg en Randburg.

Dit blyk agter dat die Okto-padwoonwaens nog die trotse bouers van konvensionele woonwaens is.

Ek het gehoor dat iemand wat hierdie naweek die Kyknet-buitelewe skou naby Malmesbury bygewoon het, sê dit is feitlik uitsluitlik gerig op 4x4 en boswaens. Maar dis seker maar die tekens van die tye, die vraag na hierdie produkte bepaal wat 'n mark sal aanbied.

Ns. Lyk vir my ek het 19 jaar gelede net betyds my ou waentjie aangekoop wat my sal moet deursien tot ek my kampeerskoene sal moet ophang.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 10/03/2024 - 16:29

Ek merk juis vanmiddag op dat gebruikte waens se pryse bepaal word deur die ligging. Pryse hierbo aan die Rand is baie meer, as pryse in PE en Mosselbaai omgewing.

Len is reg met sy opmerking, boswaens en grondpad waens oorheers die mark tans. Ek verstom my aan die legio vervaardigers, en blykbaar maak hulle almal 'n goeie bestaan.

Ek wonder soms of daar 'n besigheid is wat die tipiese bakpanele vir Jurgense, Sprites en Gypsey's kan verskaf, indien mens dit nodig sou kry.

Wie vervaardig tans die genoemde waens?? 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 10/03/2024 - 16:43

East Rand Caravan World in Boksburg verkoop nog van die oorblywende Leefek waens en hulle sê hulle dra die volle waarborg van hierdie waens en het 'n groot voorraad onderdele.  Dit lyk of hulle nog vir 'n geruime tyd kan help.

Worcester

Wildehont

Mon, 11/03/2024 - 07:51

gebruikte waens se pryse bepaal word deur die ligging. Pryse hierbo aan die Rand is baie meer, as pryse in PE en Mosselbaai omgewing.

Wat dubbelkajuite betref is dit andersom. Nie net is daar baie meer van hulle tweedehands te koop aan die Rand nie, maar die pryse is laer. Dus hoekom ek my Ranger daar gaan haal het. Die bonus is dat daar geen risiko van roes is nie. 

Pretoria

Geert

Mon, 11/03/2024 - 08:31

By Gallagher Estate se karavaan skou was die bos waens en off-roaders ook baie gewees, maar daar is tog heelwat pad karavaan vervaardigers nog. Name wat ek vinnig aan kan dink is Okto, Loftus wat die Swift karavane invoer, Destination, Sprite, Quantum, Cascade, Stealth, Skipper. Ek moet eerlik sê....90% van die boswaens wat op skou was trek my niks nie. Baie is ook meer tent bo op die wa as soliede panele. Lere klim is ook nie meer vir baie beskore nie

Ek hou maar nog van die pad karavane, maar sou egter n gravel roader onderstel verkies om bietjie makliker by grondpad oorde uit te kom.

Die mark vir pad karavane sal nie maklik verdwyn nie....veral lankstaan kampeerders is deesdae groot mark en hulle verkies nie n wa met tent op nie en ook meer binne beweegruimte

Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/03/2024 - 08:51

Geert, jy moet dalk vêrder kyk as die waens by die skou. Daar is boswaens wat 'n padwa sal laat skaam kry. 

As ek dink aan Mobi Lodge, Nyala Okapi, Gecko, sekere Bush Lapas, die Afrispoor produkte, sal jy geen seilwerk as deel van die romp vind nie, behalwe die "pop up" deel.

Ek het 'n Overlander [boswa] gesien laasjaar in Berg&Dal. Jammer om te seg, dit maak 'n Exclusive minderwaardig. Dit het 'n lieflike tent en volbadkamer binne. Boonop kan jy rowwe paaie aanpak, nie net grondpaaie nie.

Ongelukkig kom die kombinasie van padwa gerief en ruimte, in boswa formaat, teen 'n vreeslike prys.

 

Brackenfell

HennieBo

Mon, 11/03/2024 - 08:59

Ongelukkig kom die kombinasie van padwa gerief en ruimte, in boswa formaat, teen 'n vreeslike prys.

En dan moet jy ook die "regte" sleepvoertuig vir daai tipe wa hê. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/03/2024 - 09:06

....nou praat jy so na my ore!!!

Kyk, daai waens word nie sommer deur 'n intreevlak Hilux of Ranger gesleep nie. O nee, dit moet verkieslik 'n nuwe Land Cruiser, Prado, LR Discovery wees. Dalk 'n 3.2 Ranger Wildtrack in 4x4 aandrywing.

Ek sou kon doen met 'n [paar] miljoenlaugh

Brits

Wessel Strydom

Mon, 11/03/2024 - 13:37

.....bederf jouself jou ou rowwe rakker!!

Ek hoef sekerlik nie vir jou te sê om te gaan kyk by;

Caravanparks.com, onder gebruikte "off road" waens nie.

My oog dwaal mos van nature so oor al die mooi goete.devil

Brackenfell

HennieBo

Fri, 06/09/2024 - 12:34

Ek sien elders 'n "Nayela Okapi X" wa. Hoe vergelyk dit met ChrisS en Wessel se waens, of is dit in 'n heeltemal ander klas? Miskien kan hulle vertel.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/09/2024 - 13:05

....klas!!! Ek is van mening dat die Nayela Okapi en die MobiLodge in 'n klas van hulle eie is. Ek mag verkeerd wees, maar pryse begin so rondom R800 000 en dan kom ekstras nog by.

Die Kavango's is volgens my in die groep van Bush Lapas, Afrispoor Conquerer produkte. Hier pas ook die Gecko, en deesdae die BERG produkte, om slegs 'n paar te noem.

Mens moet besluit waar jy met die boswa wil toer, en waarmee gaan jy dit sleep. Hoe groter en swaarder die boswa, soveel meer perde voor die wa.

Ek dink steeds dat 'n uitstekende kompakte luukse wa die Gecko is. Dit kan gemaklik met 'n Hilux en Ranger 4x4 gesleep word. 

 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/09/2024 - 16:01

....hoe lyk dit vir my of daar 'n jeukerigheid vir boswa- kampering is? 

Ry sommer 'n patrollie daar na  Buffeljagsrivier [Swellendam] se kant  toe, en gaan kyk na hulle Enkulu 2 boswaens. Lekker kompak en luuks vir 2 persone.

Brackenfell

HennieBo

Fri, 06/09/2024 - 16:56

....hoe lyk dit vir my of daar 'n jeukerigheid vir boswa- kampering is?

Gladnie. Ek is en was nog nooit 'n boswa aanhanger. Die wa's is egter baie mooi maar nie my "cup of tea". Ek is maar baie allergies vir grondpad sleep. Dieselfde soos ChrisB. 

Brits

Wessel Strydom

Fri, 06/09/2024 - 17:10

....die teerpaaie in Wes Transvaal, Mapumalanga en Limpopo provinsies. 

Ek kon darem 'n paar mooi plekke die jaar met my Kavango besoek, soos Mokala, Bergkwagga en KrugerNPlaughlaugh