Soos die Jakarandas se pers blommetjies vir Tukkies se studente herinner dat eksamentyd net om die draai wag, is die naderende einde van len en Wessel se vakansies in verskillende wille parke ook 'n aanduiding dat Grootwind moet begin regmaak vir die jaarlikse Junie/Julie Scotties vakansie. Het die afgelope naweek begin om die Fleetline weer wakker te maak na die lang slaap. Wiele is af en agter in die trokkie vir hulle jaarlikse inspeksie en balansering by die plaaslike bandeplek, agterligte is nou volledig herbou soos wat Jurgens dit in die eerste plek moes gedoen het - suksesvol getoets en behoort nou vir baie jare probleemvry te werk. Ek het laas jaar vir raad gevra om die watertenk se pompie te vervang omdat die ding moeilik is om by te kom. Toe nooit daarby uitgekom nie, GW se Bestuurder was laas jaar nie te gelukkig daarmee nie...om my aansien weer bietjie te herstel het ek laas week weer onder die wa ingekruip, en Voila! Daar is twee effe weggesteekte boute wat 'n "bracket" in plek hou wat op sy beurt die hele tenk in plek hou. Tenk uitgehaal en bevestig die pompie is nie meer met ons nie (dit was 'n Whale 881 model). Die is nou vervang met 'n Comet (die word in Duitsland gemaak) met 'n effe groter vloeitempo). Die krane se mikroskakelaars is nie direk vervang nie (die goed is gemors en kan nie die stroom hanteer wat die pompie trek nie). Ek het dit eerder verander na 'n klein "toggle" skakelaar wat waterdig is en naby elke kraan gepas is (die skakelaar kan gemaklik 5A hanteer wat 'n groot veiligheids marge laat na die 2.2A wat die pompie nou trek (die ou Whale pompie was 2A en die mikroskakelaars kan slegs 1A hanteer). Tenk Saterdag middag terug gesit, en getoets en alles werk nou weer tot Mevrou Bestuurder se groot tevredenheid - Oom Grootwind se aansien is nou weer waar dit moet wees! Dink nie ek gaan weer water pomp en kraanskakelaar probleme vir baie jare ervaar nie. Komende naweek word opsy gesit om die Fleetline onderstel deur te gaan en diens waar nodig. Dan nog net 3 weke oor voor ons die N3 af kus toe aandurf, hoop om Sondag 16 Junie in die pad te val. Voor dan lê die groot skoonmaak en politoer van die wa asook grondseile was ensovoorts ook nog voor. Politoer pas afgelewer deur Takealot...Nu Finish, wat wonderlik werk en die wa laat blink sonder te veel elmboog oefeninge! Interessant as mens so in die binnegoed van 'n karavaan krap kom mens agter hoe swak Jurgens se produkte regtig gebou was, bv. die pompie word met 6 skroefies in plek gehou, maar Jurgens het 3 verskillende skroefies gebruik, mens sien dit ook op ander plekke...dink nie daar was veel aandag gegee aan kwaliteits versekering nie.
Forums
hoop om Sondag 16 Maart in…
Ek hoop jy gaan 16 Junie en nie wag tot Maart volgende jaar.
Darem lekker om dinge in plek te kry en die "yard voorman" is gelukkig. Geniet die finale voorbereidings.
Ai tog...as die vingers met…
Ai tog...as die vingers met ouderdom nie altyd tik wat hulle moet nie! Ja dis 16 Junie en nie Maart nie! Het dit darem reggemaak
Grootwind
Geniet die voorbereidings en alles wat daarmee gepaart gaan. So dag kom vinnig op mens af, veral omdat daar so baie dinge is om in gedagte te hou.
Het ook gesien, soos Hennie, dat jou maand in ander taal geskywe is
See vakansie
Altyd lekker om so voor te berei vir n see vakansie. Geniet dit
Kan my net indink hoe so…
Kan my net indink hoe so Natalse Suidkus vakansie kan wees.
Neef se herinneringe van die 70's. Warm water, branderplanke, sonbruin lywe, en ń lus vir die lewe. Goeie tye gewees.
Geniet dit.
Ek wonder
'n Lus vir die lewe of die lywe?
Jaaa....Chris B. Dis daai…
Jaaa....Chris B. Dis daai lywe wat Scotties soveel beter maak as Oom Paul se willetuin, bedoel mos nou hoe vervelig kan dit nou eintlik wees om dag in en dag uit dieselfde bokke en oolfante en so aan te moet sien? Daai lywe oppie strand aan die ander kant...
dis nou die nuwer uitgawes, nie die gekreukelde (soos Jan Spies gesê het) tantes nie
(as Ma nou hier lees slaap ek die hele maand by Scotties in 'n tent weergawe van die "dog box"!)....o hel, ekke lyk ook maar effe gekreukel innie spieel
Vandag 4 grondseile gewas,…
Vandag 4 grondseile gewas, ene oor vir more dan is die kamp vloer reg!
Slaan groot op
Ek het laas n resensie video gesien van Scottburgh....heelwat van die lankstaan mense slaan vreeslik groot op. Miskien was jy ook in die video....5x grondseile
Groot staanplek moet mos…
Groot staanplek moet mos benut word! Klink erger as wat dit regtig is, twee seile is eintlik diggeweefde skadunet wat onder twee 6x3m grondseile kom (die Fleetline se tent en afdak), en dan nog 'n 4x4m grondseil vir die gazebo. As die kinders saamkom is daar nog 2 grondseile wat onder hulle tente kom, maar nie die keer nie....hulle is landuit en woon nou in Ierland
16 Junie???
Middag Grootwind, nou is dit my beurt om vir jou te vra----wil jy rerig 16 Junie op die pad wees???
Dit boonop na die verkiesing wat ANC in Natal gaan verloor??
Sal nader aan die tyd 'n…
Sal nader aan die tyd 'n besluit moet neem, in beginsel egter is daar basies twee moontlike probleem areas nl. by die Mooirivier tol plaza en dan by die Shell Ultra City op die N2 suidkus pad net voor Scottburgh. Maar gesien dat Zumpie lyk of sy MK party KZN se verkiesing gaan wen glo ek nie daar sal veel drama wees nie...daai areas is oorheersend Zuma ondersteuners.
Grootwinde
Gelukkig is jy nie alreeds daar nie....ek sien gister n video waar die kampeerders behoorlik aan hul tent toue hang by Scotties agv die grootwinde wat daar was
Het jy dalk 'n skakel na die…
Het jy dalk 'n skakel na die video Geert? Ons staan altyd op #91 wat onder teen die strand is in Seewindelaan, daar is 'n paar verdwaalde bome voor ons met ook 'n effense wal, benaadeel nie regtig ons see uitsig nie maar help geweldig baie met wind - ek gebruik 5 stormbande en dis dit Baie "amateurs" (
) staan bo op die bult net in die pad af waar ons staan, wonderlike uitsig, seker mens kan op 'n mooi dag Australië sien van daar af! Maar op 'n winderige dag lei daai mense meestal skade.
Skakel
Is facebook plasing
https://www.facebook.com…
Grootwind...
....nounet met my vriend gepraat wat in Scotties is. Die wind het die tente geroer, tesame met baie reen.
Hy het nie skade nie, want hy het "cargo" net bo-oor sy tent gespan gehad. Dan het hy ook sy stoeptent betyds laat sak.
Volgens hom het die ouens met die boswaens erg deurgeloop. Dalk is dit 'n grappie, want hy weet ek het ene. Dalk is dit waar, want ek weet net van 1 persoon wat ordentlike tentstruktuur aan sy Kavango het, en dis nie ek nie.
Mooi staanplek
91 lyk na mooi staanplek. Ook mooi gras
Ou foto
....nog met Wimpy
Bietjie vol....
....na Chris S se smaak. Hy verkies mos groot oop strande met weinig grootmense en wye verspreiding.
Geert se foto ...
... van Scottburgh se strand is hoe ek dit nog onthou toe ons die enigste keer (in die vroeë 90's) daar met vakansie was in 'n woonstel. Ek onthou ook nog die treintjie waarmee ons en die kinders daar voor teen die strand en woonwapark gery het. Bestaan dit nog?
Dan ook 'n halfdag-ekskursie geneem met die Banana Express (smalspoor-trein) vanaf Port Shepstone). Lekker herinneringe wat Geert se foto nou in my wakker maak.