Forums
Ek begin solank die gesprek, omrede sommige grootmense reeds met idees besig is.
Ekselwers moet nog besin oor wat volgende jaar op die toerlys is. Dit is net so jammer dat Kalaghadi so effe vêr van Brits af is. Dan ook, is Bergkwagga omtrent dieselfde afstand van ons af.
Kruger bly maar die naaste Sanpark, ek ignoreer Marakele, want wildgewys is dit geen kompetisie met Kruger nie.
2025
2025 klink nog so ver, maar is eintlik om die draai. Ons wil moontlik oor Kersfees/nuwe jaar by Lake Eland staan....so ons 1ste kamp in 2025 sal dan daar wees. Ons wil daarna Port o Call in Trafalgar gaan besoek....reeds bespreek, maar nog nie deposito betaal nie.
Kruger pensionaris tye vir 2025
Volgens Sanparke se webblad is die datums vir 40% afslag as volg vir kampering in al die parke;
27 Januarie tot 20 Maart
5 May tot 13 Junie
18 Augustus tot 19 September
14 Oktober tot 28 November.
Strydoms in Kruger bespreek
Ek het nounet deur Ezi Bookings my bespreking gemaak.
Berg & Dal 5 Mei vertrek 11 Mei
Satara 11 Mei, vertrek 17 Mei
Tsendze 17 Mei vertrek 23 Mei
Wessel ...
... dan kamp ons mekaar weer raak by Berg-&-Dal aangesien ons vir presies dieselfde datums (5 - 11 Mei) daar bespreek is. Alhoewel ek dit nog nie gedoen het nie, sal ek waarskynlik die aand van 4 Mei my 71ste in Malelane-kamp vier ten einde die 5de vroegoggend in Berg-&-Dal te kan wees.
Maar dan skiet jy reeds noord terwyl ek eers ooswaarts na Krokodilbrug beweeg (waarskynlik buite die wildtuin aangesien dit 'n langpad deur die wildtuin via Skukuza en Onder-Sabie sal wees. Ek vat maar korterige skofte alvorens ek in Satara sal uitkom.
Soos op die Junie 2004 gesprekslyn genoem is my datums as volg:
5 - 11 Mei: Berg-&-Dal
11 - 16 Mei: Krokodilbrug
16 - 22 Mei: Onder-Sabie
22 - 28 Mei: Satara
28 Mei: Letaba
29 Mei: Shingwedzi
30 Mei - 1 Junie: Punda Maria
Van Satara af is dit (in my standaarde) té ver tot Shingwedzi - daarom die oorslaapaand in Letaba. En dieselfde die volgende dag wanneer ek eintlik vir Punda mik. Daarom slaap ek een aand oor in Shingwedzi.
Tans kon ek nog net 2 aande in Punda bespreek, maar ek wil die eerste 2 aande van Junie ook daar wees. Dan nog 4 aande in Shingwedzi en die laaste 6 aande in Tsendze. Maar ek kan eers op 23 Julie laasgenoemde besprekings doen
As ek vir mammie so luister, klink dit of ek maar kan vergeet van my aanvanklike gedagte om na die wildtuin te gaan lankstaan by ATKV Eiland Spa. Sy't net een ding in haar kop - en dit is om te gaan kuier by sussie in Roemenië vanaf end-Julie.
Chris B
Naand Chris B
Ja, dit gaan lekker wees om 'n kuier, 'n glasie wyn en gesels van aangesig tot aangesig te deel.
Die kompleks se boeke , jaarvergadering en oorhoofse verslagdoening raak 'n pyn en kortwiek altyd my vakansie planne in maande Mei en Junie. Alles moet afgehandel en ingedien wees einde Junie.
Len...
môre, het jy al bespreek vir volgende jaar??
Julle het mos gesien dat julle nog kan kamp en reis. Kyk bietjie die gesprek, en bespreek gougou. Ons en Chris B begin saam in B&D. Julle kan so saam boontoe sleep, ek weet nie wie van julle twee sleep die stadigste nie
Die datums is natuurlik bekend, en enige forumlid wat toevallig ook dan in die plekke bespreek, is net so welkom.
Wessel...
... ek dink nie daar is enige twyfel daaraan dat ek die skilpad onder die slepers is nie. Maar waar Len gewoonlik 'n paar dae in Pretoria verwyl, doen ek dit graag met my eerste bestemming, nl Karoo Nas Park waar ons graag eers sowat 'n week oorstaan. Dan nog 3 nagte se oorslaap (gewoonlik Gariep, Aldam en N.O.G. Een) voordat ons seker weer die eerste aand by Malelane-kamp sal inklok.
Chris B
Die kompetisie vir stadig sleep is taai. Daar is nog 'n lid, sleep met wit konserwatiwe Hilux, met laphoedjie, wat ook sterk aanspraak maak op daai titel.
Jis, dis seker maar 'n bestiering dat ek nou met klein diesel Hilux sleep, en nie 'n V6 ene gekoop het nie. As daai pad deur Karoo, soos van Beaufort Wes via Aberdeen, na Graaff Reinet so lank en reguit , sonder verkeer voor jou lê, dan wil die regtervoet vloer toe gaan.
Mei / Augustus
Watter maande is die lekkerste in Wildtuin? Mei of Augustus? Minste mense?
Geert,
wat voer jy in die mou? Miskien moet jy jou komende vakansie verleng, dan ervaar jy Augustus sommer eerstehands. Bespreking vir 2025?
Geert, beide............
Mei en Augustus is redelik besig vanweë die 40% afslag vir seniors, maar nie naby so besig soos gedurende skoolvakansies en langnaweke nie. My voorkeur is Meimaand, die dagtemperature is heerlik en die nagte net koel, nie koud nie. Die riviere, spruite en damme is nog redelik gevul na die somerreëns en die veld en bome is nog redelik groen . Augustusmaand kan winderig en stowwerig wees terwyl motte en muggies saans lastig kan raak.
Len verwoord ...
... my opinie 100%.
Dankie
Dankie...ek laat my gedagtes solank gaan vir volgende jaar. Senior tyd klink goed alhoewel ek nog nie afslag kry nie. Staanplekke behoort seker dan hoofsaaklik net 2x rustige kampeerders elk te bevat. Sal maar nog loer watse tyd volgende jaar ons KNP trip gaan inwerk
Kyk hoe fyn.................
...............spog hierdie knaap met sy jongerige ouderdom !
Mei, Junie / Augustus, September
Ek wonder nog wanneer vir volgende jaar die ideale tyd sal wees vir KNP....Mei, Junie of Augustus, September. Wat ons laasjaar en hierdie jaar baie ervaar het is hierdie tent dorpe wat toermaatskappye opslaan in kampeer areas, dan kom daar klomp toeriste wat vir ons relatief onplesierig is veral die toestand wat hulle badkamers, kosmaak en opwas geriewe agterlos. Dié wat ervaring het van hierdie datums wat ons wil gaan....ervaar julle ook die groeps kampering daai tyd?
Soos op foto....laasweek by Krokodilbrug....22x tente
Mei/Junie vs Aug/Sept
Ek weet daar is mense wat van my verskil, maar myns insiens is Jun/Jul die beste tyd vir ‘n Krugerwildtuin besoek. Selfs Mei is nog te groen en voor dit kan dit nog reën. Dan is wildbesigtiging nie so goed nie.
Augustus kan die wind (en stof daarmee saam) lastig wees, en September raak naby aan Oktober. Dan raak dit erg bedompig op die laeveld, en ek geniet dit nie. Die lente is wel mooi.
Ek het gelukkig nog net een keer ‘n groep teegekom in Letaba, toe Das Rollende Hotel daar was met hulle rooi bus waarin mense in sulke pigeon holes slaap in die agterste helfte van die bus of in die sleepwa as hulle met die bus ry wat regdeur sitplekke het. Gelukkig slaan hulle nie tente op nie.
Ek het hulle al ...
... in Letaba, Satara, Maroela en Skukuza gekry.
Ek gee weer voorkeur aan Mei/Junie. Aug/Sep kan soos Wildehont sê, stowwerig wees en Augustus blyk dit ook die hooftyd te wees vir beheerde brande wat die veld maar kaal en swart agterlaat.
Geert, my voorkeur..................
................is Meimaand, buite 'n skoolvakansie. Soos WH hierbo sê, dis nog groen van die afgelope somer, maar die natuur is nog pragtig - vir my tel dit baie. Die weersomstandighede is fantasties in Mei. Ons het nog nooit in hierdie tyd toergroep-tente teëgekom nie, maar wel by twee geleenthede skool-kamp toergroepe by Satara. Dit was kinders van die omliggende gebiede en was uiters gedissiplineerd. Hulle het tussen 16:00 en 17:00 gestort onder toesig van onderwysers en SANParke skoonmakers wat alles perfek, netjies en stigtelik gehou het. Soggens was hulle weer onder toesig in die ablusie tussen 05:00 en 06:00. Vir my was dit die regte ding om te doen om kinders van die omgewing op te voed in natuurbewaring en die vieslike gevolge van strikke, asook die netheid en hiëgene in publieke ablusies. Dis belangrik dat hulle blootgestel word wat binne-in die Wildtuin aangaan.
Ekstra week skool vakansie?
Lyk my volgende jaar is daar n ekstra week skool vakansie gedurende einde April. Handig vir dié wat in seisoen bespreek
Nie op die regering se webwerf nie
Die datums op die regering se webwerf verskil van die wat Geert hier bo geplaas het.