Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
122779 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
selfs ou Antonie het … Februarie 2025 HennieBo -1 hour ago
Trompie                     … Februarie 2025 Jan Meyer -1 hour ago
Trompie gaan sy agterstewe sien Februarie 2025 Trev -1 hour ago
Vakansieplanne Februarie 2025 Chris Boucher -1 hour ago
Ek deel jou kommer GW Februarie 2025 Chris Boucher -1 hour ago
Lyk nie asof die mede… Februarie 2025 Grootwind -2 hours ago

Dwarswegstrand Smalle Desember 2024

Worcester
Submitted by Wildehont on Mon, 23/12/2024 - 17:53
Forums

Op Wessel se versoek begin ek die gesprekslyn om alles oor ons kuier bymekaar te hou. 
Almal weet al ons vertrek DV 26 Desember en keer weer 11 Januarie terug. Ons staan vir die eerste keer op nr 33 tydens die besoek. Ons is baie opgewonde oor die vakansie!
 

A

Worcester

Wildehont

Mon, 23/12/2024 - 18:02

Toe ek vanmiddag gaan gas silinders volmaak, kyk ek na die braai toebehore terwyl ek wag. Ek koop toe van LK’s se vlekvrye staal sosatiestokkies. Dit was R58 as ek reg onthou. Later koop ek toe by PnP hoenderborsies en marinade. Ek het nie die keer krag om Mnr Boucher se lekker kerrie marinade te maak nie. 
 

Ek het nou-nou vinnig vier bakkies met sosatie grootte blokkies hoender in marinade gemaak. Dit gaan baie minder plek in die vrieskas vat. Dan haal mens net ‘n bakkie uit om te ontdooi en ryg dit op die stokkies op braai dag. Daarna was mens die stokkies vir die volgende keer se gebruik. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Mon, 23/12/2024 - 18:02

....dankie man, nou gaan ek lekker maklik saam kuier, jy gee mos nie om nielaugh

Worcester

Wildehont

Mon, 23/12/2024 - 18:11

Terwyl ek by PnP was om die bestanddele vir die sosaties te koop sien ek toevallig die tydskrif hier onder op ‘n tafel met afgemerkte goed. Presies wat Salomien nodig het, en daar is handige raad oor sleep in - sien die inhoudsopgawe. Iemand kan net die eerste foto regop draai.

A

B

Worcester

Wildehont

Tue, 24/12/2024 - 09:33

Ek het die oord gevra en hulle sê ons kan vroeër as 14:00 inkom teen ‘n R60 fooi. Ek het gevra of ons 12:00 kan inkom. Dan kan ons rustig kamp maak en nog ‘n uur of twee op die strand speel. Dit lyk of dit Vrydag gaan reën. Nie vreeslik baie nie, maar tydens die dag. 
 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 24/12/2024 - 10:31

...is dalk die moeite werd, minder van 'n gejaag om kamp te maak.

Onthou nou----jy moet van ablusieblok tot by 33 agteruit instoot, daar is nie draai plek voor 33 nie. Gelukkig kan jy moslaugh

Worcester

Wildehont

Tue, 24/12/2024 - 10:46

Ek sien in die tydskrif hier bo sy moet 40m agteruit kan stoot in ‘n reguit lyn. Dis amper die regte afstand van die ablusie tot op 33. 

Worcester

Wildehont

Tue, 24/12/2024 - 10:58

…by Dwarswegstrand hierdie Desember. Om Wessel se vraag te beantwoord, ons bly nie in Worcester in een nie. Ons straat het taamlik baie deurlopers. Maar as die wa twee vol dae buite staan dink hulle dalk kuiermense slaap daarin. Hulle sal in elk geval sien ons pak Donderdagoggend die laaste goed, en die wa sal dan in elk geval buite staan.
 

As hulle wil probeer inbreek het ons darem ‘n alarm stelsel en die twee Jack Russell’s bly hier. ADT is gewoonlik vinnig hier wanneer ‘n kat ons alarm in die middel van die nag laat afgaan. En ek kan op die kamera kyk. Dit laat weet my as ‘n mens van voor af oor die grense beweeg wat ek opgestel het. Skoonsuster kom ook terug hierheen na ons weg is, en trek dan stelselmatig voor ons terug is na haar nuwe tuiste. 

Pretoria

Geert

Wed, 25/12/2024 - 03:21

Hulle het ons Januarie ook R60 ekstra gevra toe ons 12pm daar aankom. R60 gaan my nie armer maak of hulle ryker nie, maar ek het my gevoelens daaroor. Maar reels is seker reels en dis hulle reels. 

Pretoria

Geert

Wed, 25/12/2024 - 03:24

Sterkte met die laaste dag van voorbereidings en veilig sleep môre! Sien uit na weer lekker terugvoering en foto's....altyd lekker om te volg

Worcester

Wildehont

Wed, 25/12/2024 - 08:20

R60 gaan my nie armer maak of hulle ryker nie, maar ek het my gevoelens daaroor

Ek verstaan ook nie waarvoor die R60 is nie. Of hulle die staanplek vroeër of later skoonmaak, hulle moet dit skoonmaak. Ek is net bly ons kan 12:00 ingaan. 
 

Dit laat my dink aan die storie van die ou oom en tannie by die landbou skou. Daar is helikopter ritte vir R50 en elke jaar wil die oom gaan ry want “Mamma, dis net R50”, dan sê die tannie  - R50 is R50, en dan mag hulle nie gaan nie.
 

Na ‘n paar jaar ken die vliënier al vir hulle en hy maak ‘n aanbod. As hulle die rit kan deurgaan sonder om ‘n woord te sê hoef hulle nie te betaal nie. Die ou oom smeek en die tannie stem in. Die loods haal elke toertjie in die boek uit, draai onderstebo, op die een kant en dan die ander, maak loops en duik maar die twee oues is tjoepstil.
 

Toe hulle geland het draai hy om en daar sit die ou oom alleen. Hy vra waar is die tannie? Die ou oom sê toe die helikopter een keer op die kant draai het die ou tannie begin uitval en hy kon haar nie in die helikopter hou nie. Die vliënier vra ontsteld waarom die oom nie vir hom gesê het om dadelik regop te draai nie. Die oom sê toe R50 is R50.

Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 25/12/2024 - 22:01

Veilige reis vir julle môre, Wildehont. Foto's en nuwe nuus vanaf Dwarswegstrand gaan lekker weeslaugh. Geniet dit!!

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/12/2024 - 09:52

....is nou verstreke. As julle nog nie in die pad is nie, gaan julle onnodig dit betaallaughlaugh

Geniet die vakansie wat begin sodra jy wegtrek.

Ons wat droëbek by huis sit, hou jou insette dop. 

Worcester

Wildehont

Thu, 26/12/2024 - 10:40

Ons is 08:18 weg en rek nou bene in Riversdale. Die pad is darem nie regtig besig nie. 
 

A

Brits

Wessel Strydom

Thu, 26/12/2024 - 11:20

...ek sien so vinnig 4 woonwaens, dus vakansiegangers wat nog gaan soos julle, of al terugkeer huistoe. 

amper daar, dan moet Salomien tru stootdevil

Worcester

Wildehont

Thu, 26/12/2024 - 15:31

Dit het gelyk of die verkeer meer in Kaapstad se rigting was, maar nie baie woonwaens nie. Ons het 12:07 by die slagboom gestop en hulle het ons verwag. Ons bure het tot teen die pad en tot teen ons grens opgeslaan. Van hulle toue se penne staan in die pad. Ek het maklik agteruit gestoot van die ablusie af, maar kon nie knap genoeg draai met hoe hulle opgeslaan het nie. Toe haak ons maar af en stoot die wa tot op sy plek. Gelukkig maklik gewees op die plaveisel. 
 

Dit is vrek bedompig. Net 27° maar dit voel baie erger as gister se 42° sonder ‘n bries in Worcester. Nie aangenaam vir kamp opslaan nie, maar eerder dit as reën. Ons is al redelik goed ingerig. Die wa, afdak, gazebo, stort en meubels is opgeslaan en die silwer seil is oor. Nou nog net bed opmaak. Ek neem later ander foto’s, die een hier onder was net na ons begin opslaan het.

 

A