Forums
So laat diens [30 000km] ek my Hilux by die agente onder die diensplan. Die faktuur toon dat die dieselfilter nie vervang is nie, en ek besef dat met die vorige 2 dienste, dit ook nie gedoen is nie.
Ek neem toe Grompie na my jarelange werktuigkundige en hy sit toe 'n nuwe filter in. Groot was my verbasing dat die ou filter omtrent halflyf sommer so donker [swart] vertoon.
Ek dink daaraan om die dieselfilter ook maar saam met oliefilter elke 10 000km te vervang.
Hoe gereeld vervang julle, julle dieselvoertuie se filters??
Ek is maar in die hande van…
Ek is maar in die hande van my Toyota-agentskap - waarmee ek klaarblyklik meer tevrede is as jy (Wessel). Nog 'n rede om Wes-Kaap toe te kom daar uit die warm dienslose Brits. Daardie bietjie wat jy dalk meer sal betaal vir 'n huis hier onder - hoe lei die speekwoord: "'n Lykskleed het nie sakke nie en 'n lykswa sleep nie 'n Venter-waentjie agterna nie".
Ek het nog altyd die …
Ek het nog altyd die dieselfilter saam die oliefilters laat vervang. Daai bietjie ekstra betaal het nog net altyd vir my meer gemoedsrus gegee. Vertrou ook nie altyd die diesel wat in voertuie gegooi word nie. My 2c.
Wessel, ek hoop jou…
Wessel, ek hoop jou vriendelike moutermâk het ń Toyota filter ingesit. Die diesel en oliefilters is baie belangrik.
Ek vervang dit elke 20 000km en dan is dit ook so halfpad swart. So dan is daar nog sowat 50% van die filter skoon?? Sit my nou aan die dink. Hoekom so mooi halfpad vuil, en die res nog skoon geel papier?
Dit word vuil van die rigting van waar die diesel inkom. Dalk is die vloei is so stadig deur dit, dat dit dalk van ń kant af vuil word??
Ander kant van die saak kan seker so wees. Na 20000km, is sowat 2000liter diesel deur die filter. Of 10 outydse 44gallon dromme. Ek reken dit is nie te vrot nie. Die Cruiser se filter is so dig geweefde konsertina cartridge en so groot as 10 Marie biscuits op mekaar. My stukkie useless vir die dag.
Arbeid intensief
Ek het bygestaan met die takie, dit is baie meer werk as 'n inlyn filter op 'n petrolvoertuig. Dis pypies wat ontkoppel moet word, en sensortjies wat versigtig ontkoppel moet word. Dan moet die filter uitgelig en vervang word.
Jy is seker reg, die diesel beweeg moontlik stadig deur die filter en die deel naaste aan die inlaat, vang die meeste vullis op. Ek glo nie die diesel beweeg vinnig genoeg om turbulensiese gedrag uit te haal nie.
Ek hoop maar die ene was 'n goeie gehalte filter wat hy ingesit het.
.
Bakers Blue Label
Hopelik bevat dit nie no name brand koekies nie.
Sien, tot by Marie biscuits…
Sien, tot by Marie biscuits kry jy Chinese kopieë.
Agent
Ek los dit ook maar vir agent se besluit.Toyota het al afgelope 60 jaar seker miljoene Hiluxes gediens....as daar gereeld probleme sou opduik en filter vroeer vervang moes word sou hulle seker hul diensplanne aangepas het? Dink nie Toyota sal sy naam deur die modder sleep met "swak uitgewerkte diensplanne" nie. Maar my 2c