Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

53840 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Weer eens............ Pretoriuskop. Len Loader -1 hour ago
Baie dankie Johann vir al… Pretoriuskop. Voortrekker -1 hour ago
,,,--__,,, Toyota bly maar die BAAS! Len Loader -1 hour ago
..-.--.. Toyota bly maar die BAAS! Voortrekker -1 hour ago
Len, net dat daar niks fout… Toyota bly maar die BAAS! Johann L -1 hour ago
In die aande, wanneer ons om… Pretoriuskop. Johann L -2 hours ago
Len ek kan want ek het mos… Junie 2019 - Koffiekroeg Willem Brits -2 hours ago

Lekker tent kamp

Albemarle
Submitted by DK on Sun, 21/05/2017 - 17:05
Forums

ń Paar maande gelede leen ek my 2 man tent uit, die persoon bring nooit my tent terug nie.

So 3 maande gelede kom hy met hierdie tent en sê, oom jou "replacement" oor jou verlies van jou 2 man tent.

Vandag vir die 1ste keer opgeslaan. 

Nou is ek reg vir Soetdoring, September.

tt2

 

Centurion

Dusty

Mon, 22/05/2017 - 04:37

Dennis,

Hy het darem jou tent vervang. Daai persoon kry 10 uit 10 by my.

Baie kere bring die persoon wat iets geleen en beskadig het eenvoudig die item net terug en se nie 'n woord nie.

Lekker kamp met jou tent

Albemarle

DK

Mon, 22/05/2017 - 07:22

Geraldine en ek het begin as tent kampers en nadat ek gister die enetjie staande gekry het, het ons weer die lus gekry vir tent kamp.

Daarom het ons besluit op einde September met die lang naweek.

Glo darem nie ek sal afskryf van die karavaan nie

Port Elizabeth

Antie

Mon, 22/05/2017 - 07:50

Ons het dit altyd geniet toe ons nog met die tent ook gekamp het.   Dit voel soos regte kamp.  Dit is net die pakkerasie wat jy moet saamkarwei wat nie altyd so lekker was nie.  Maar as jy eers jou "huis" reggekry het, was dit baie lekker.  Ons laaste tent het twee vertrekke gehad, slaapkamer en kombuis.  Daai kombuisie was so lekker ingerig, ek wou net kosmaak daar!  Julle moet dit geniet, DK.  

Centurion

Dusty

Mon, 22/05/2017 - 07:53

Het ook 'n paar keer met tent by viswaters gekamp en partykeer sommer so onder die sterre.

My helfte het nooit gekamp nie en was in die begin sku gewees vir kamp. Deesdae kan sy nie wag om die wa te haak en te gaan kamp nie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 22/05/2017 - 18:09

Heel lekker tent daai, ek dink hy sal lekkerder opslaan as my L-shape Campmaster. Ek vat hom nie eers meer saam nie, te veel gesukkel om alles uit te sorteer.

@Dusty, dis waar wat jy sê, ook al gekry dat iemand iets stukken terug bring en net so stil bly. Dit gebeur darem min. 

Johann, hulle slaan vinnig op.

My laaste was die L-Shape en hom aan my jonger broer geskenk. By Kokoriba het ons hom in die rëen binne 10 minute staande gemaak.

@ Tannie Freda. Ons was ook altyd goed ingerig. Ons het tot ń eetkamer gehadlaugh.

Ons het begin met  ń 4 man Cabin, Uwaphu, daarna ń 16 man Lagoona wat ek sommer staande verkoop het by Weesgerus nadat ń kamper aangehou het hy soek die tent.

5 Jaar gelede het ons afgesluit met die L-Shape.

Albemarle

DK

Tue, 23/05/2017 - 07:13

Johann L verwys jy na hierdie tipe tent.

Dit was my L-Shape wat ek aan my jonger boet geskenk het. Hierdie foto was geneem 2 maande gelede met ons kamp by Soetdoring.

t

 

Secunda

Sleep nou

Thu, 27/07/2017 - 13:22

Kamp op die oomblik met twee howling moon tente baie lekke sal hulle nie verkoop sodra ek wa gekoop het nie net tent gebruik as ek diep in bos gaan wees

Secunda

Sleep nou

Tue, 25/12/2018 - 06:46

Ek kamp nou nog in my tente 2019 koop ek wel n karavaan maar sal nooit my Howling moon tente ontslae raak nie of jy tent of caravan of trailer kamp doen dit bly kamp

Ek het in 2018 belê in 'n Howling Moon raam tent. Het vir 2 weke by Yellows gekamp met die Howling Moon, goed gewerk. 

Secunda

Sleep nou

Fri, 11/01/2019 - 07:34

Puik tente hoop net Howling Moon maak weer oop hulle al n paar maande toe