Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

56847 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het seker 10 binne ligte… Karavaan binne ligte Harry Du Randt -31 minutes ago
Kleur..... Karavaan binne ligte Len Loader -40 minutes ago
Dankie..... Karavaan binne ligte Len Loader -43 minutes ago
Hoe het..... Ons eerste besoek aan Punda Len Loader -57 minutes ago
En wat.... My liedjie oor die laeveld Len Loader -1 hour ago
Antie, sterkte daar vir oom… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -2 hours ago
Nice 👍Stuur dit vir Nodfy… My liedjie oor die laeveld Willem Brits -2 hours ago

POLL - Krag en kamp? op FB

Centurion
Submitted by Voortrekker on Tue, 23/05/2017 - 09:40
Forums

Ek het die nuutste POLL oor ekstra of apart betaal vir krag op Kamp-Mal se FB blad gaan plaas en het heelwat terugvoering al gekry:

 

Louise Knipe Gardner Hulle moet krag beperk om kamp tereine. Ons gaan kamp met ons klein kamp yskas.... En vir die res gebruik ons gas. .... Het al langs kampers gestaan wat omtrend die hele huis saambring. Ek se gee die kamper n seker hoeveelheid krag verniet dan moet hulle begin betaal.   Morne Eloff Al wat dit gaan mee bring is jy gaan nog dieselfde betaal op einde van die dag plus ekstra vir jou krag. Dit is nou soos n "loophole" in die kamp sisteem wat terrein eienaars gesien het. Meer in hul sakke en jy betaal die ekstra vir krag.   Sarel Pretorius:  nee ingesluit by prys anders netnou moet ek ook vir krag betaal in gastehuise en hotele nee ek dink persoonlik dit klink soos die regering nou moet vir als betaal en dan nog belasting ook so een prys   Stephan van den Heever Ja as kamp teriewe hulle pryse sak en n prepaid box opsit 100% hulle moet net n moerse breaker opsit want dan gaan ek hom violate tot alles klaar is ????   Gert De Koker:  Nee wat dan gaan jy seker nog dubbel betaal daarvoor ook en kamp prys sal dieselfde bly.   Deon Geyser:  Dink dit moes al lankal gebeur het.   Stephan van den Heever: Maklik haal al die krag uit kamptereine uit laat die mense wat so moan ook niks het nie ....sal my genset saamvat en hom heeldag laat loop ....dan wil ek sien wat maak kamtereine   Christo Smit:  More
Miskien verstaan ek verkeerd die prys wat ek betaal sluit alles in hoekom nou extra vir krag. Die oord eienaar moet net se 1yskas en 1stoofie want dis tog Al wat jy nodig het
  Jenny Bannink:  Ja want ons het nie hulle krag nodig nie. :)   Morne Eloff:  Orals is "loopholes" en jy sal die kry wat die verbruiker uitbuit. Dis soos aartappels wat vroeer jare 15kg sakke was. Toe word dit 12,5kg, toe 10kg, toe 7kg en intussen gaan die prys op....   Christo Kitshoff:  Die hele debat gaan oor mense wat ander niks gun en plein jaloers is. Die hele beginsel gaan slegs pryse opjaag. Onthou julle toe 'n sakkie aartappel se gewig verminder is na 10 kg, maar die prys het dieselfde gebly ... nog vele sulke voorbeelde en nog steeds leer ons nie.   Roxy Roxy Née dis were n geldmaak storie.   Christo Smit:  Ja maar hoe kom die oord eienaar op die prys wat hy vra die 1 ou vra R1000 p/n en die volgende ou vir R350p/n en dan biet hy meer as die 1ste ou   Leon van Romburgh:  Een van die dae gaan ons seker die plotte ook opmeet en prorata betaal. Asseblief man.   Stephan van den Heever:  Hahaha ja Leon van Romburgh hoekom moan mense net oor hoeveelheid krag ander gebruik ... 90% van die manse wat moan se karavane is grooter as myne en hulle het exstended rally tente met kamers ...so dit wil se hulle gebruik meer kamp terein as ek so hulle moet ook meer betaal !!!!!   Leon van Romburgh:  Ai man elke kamp het ń beperkte "circuit breaker" wat sal afskop as die verbruik oorskry so hoe nou.   Valerie Koegelenberg:  Ek gebruik nie baie krag nie, maar is heeltemal bereid om ekstra daarvoor te betaal. As ek sien hoe mense sommer aircons dag en nag aan hou ens, dink ek dis net regverdig.   Alma L Stroebel:  Nee.... ek is geregtig daarop as ek kamp net soos die persoon en die chalet... maar ek gaan beslis nie my ore af betaal vir 'n stukkie grond om op te kamp nie. Ek bring reeds my eie "chalet" saam.   Barney Kruger:  Waar val julle nou uit....die bedrag wat jy per dag betaal sluit alles in...moet hulle nou N water meter aan die stort se kop ook sit.   Hans Stekelenburg Lyk my ons is vinnig besig om soos oorsee te gaan. Elke ou "koop " ( of huurpag vir se 5 jaar) n stand met water krag en riool. Jy rig jou stand self in en maak hom gerieflik. As jy moeg raak, adverteer jy om hom te ruil of verkoop en skuif dan na n ander plek. Amper soos permanente kampers. Jy betaal levvies vir riool, water en sekuriteit. Kragmeter is jou rekening   Jakkie Theresa Vd Merwe Ja wat. As ons bv 6 of 8 mense op n staanplek is gebruik ons baie meer krag as mense wat min bring en net 2 is. Hulle kan mos nie die ander subsidieer nie.   Alma L Stroebel Oorde maak meer as genoeg geld vir die krag wat verbruik word met hul buitensporige hoë tariewe.   Johanita van der Mescht:  Nee ek glo nie dit kan werk nie en hoe meer mense jy is hoe meer betaal jy inelkgeval per persoon hoekom nou krap aan n ding wat jare so werk los dit soos dit is   Frans Smit:  Nou wat verstaan ek nié!? Kry ons tans verniet krag, of is dit ingesluit by die kosre per nag/dag wat ons betaal? Gaan die tarief per nag laer aangepas word as ons apart betaal vir krag?   Roxy Roxy: Dis hoekom Mense hul tente en karavane begin verkoop want oorde buit ons uit. Hul vra n belaglike prys vir die staanplek en Dan vra hul Ekstra per persoon ook.   Johann Olivier: As hulle krag meters installeer dan moet hulle ook die stabiliteit van die krag waarborg en pa staan as mens se yskaste oppak as gevolg van die krag wat aan en af gaan en da spike   Jonika Louw: Dit wou voorkom assof die artikel elektrisiteits kostes blammeer as die hoogste uitgawe wat kampplek eienaars moet dra - en asgevolg is daar 'n opsionele voorstel op die tafel dat kampeerders moet ekstra of apart betaal vir adisionele elektriese verbr...See More   Boetie Van Loggerenberg: Oord eienaars het besluit om kamp tereine te begin so hulle moet maar voorsien waarvoor ek betaal.   Jan van Staden: Ablusies die grootste verbruikers en die manne wat hulle aircons die heeldag aangeskakel hou! Ek het my vakansiehuis ook n prepaid meter laat insit vir vakansie huurders om mense te dwing om aircon en geyser matig te gebruik soos by hulle huise.   Gert De Koker: Hoop jou tariewe is darem billik vir die huur.   Danie van der Linde: Standaart toe rusting yskas ketel en n byte lig ek sal se n snappie chev meer as dit moet jy maar ekstra betaal n air con eet krag   Annatjie van Rensburg:  Koopkrag is die in ding ! Geen krag is beter vir jou siel. Gebruik batterye en sonpaneel.

 

Adriaan Greyling: Ek sal met graagte betaal vir eie krag gebruik. Dit sal meer regverdig wees aangesien ons slegs twee persone is wat kamp. Aangesien kragverbruik so n groot uitgawe vir die oord is, kan die oorde die tariewe dienooreenkomstig aanpas. Party mense gebruik slegs n lig en yskas op oord se elektrisiteit terwyl ander....tv, lugverkoeler, elektriese panne, stowe ens. gebruik. Ek stel vir koopkrag vir jou staanplek

Johannes Kruger Almal deel die koste vir die ablusiegeriewe, maar elke ou moet self betaal vir die krag by sy staanplek. Dis net regverdig. Party mense bring hul hele huis met yskas en wat nog als, ander ou laai net sy foon.   Bets Erasmus Smalberger:  Stem saam met Valerie Koegelenberg

 

Andrè du Plessis:  Ja.drop dan die staan plek prys

Dis die ding hoeveel krag is daar per paal in kampe .Is dit 5 amps of 10 amps brekers ? Het laas jaar by Krokkidil gekamp ,die kamp was vol en die manne met die aircons het heeltyd die krag getrip en almal se moer gekoer .

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/05/2017 - 16:41

Ek is van mening dit is 'n sinnelose onderwerp waarop jy nooit in der ewigheid eenstemmigheid gaan kry nie, selfs al is die een keuse in getal meer as die ander.  Dit is soos om te vra, wat is die beste, Ford of Toyota ?

Ek sou sê laat die keuse aan oordeienaars oor om te besluit of hulle, en hoe hulle onderskeid wil tref tussen hulle onderskeie kliënte se kragverbruik.  Daar is net een manier en dit is kragmeters vir elke kampeerder en dit sal hulle 'n fortuin kos waarvan die koste weer van ALLE kampeerders gevorder sal word.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 23/05/2017 - 20:46

Anton, ek verskil respekvol.  Al het 1000 mense kom stem, beteken nie een van die twee keuses is die korrekte besluit wat gevolg gaan word nie.  Ongeag wat deelnemers aan die opname gesê het, dit gaan reuse kapitaal-investering en die administrasie daarvan verg van oordeienaars en hulle sal elkeen 'n besluit daaroor moet neem.

Die enigste nut is miskien dat die leser 'n gevoel kry watter kant weeg die swaarste vir kampeerders oor die algemeen.  Maar selfs dit is gebrekkig want dit is hoogswaarskynlik mense wat tans sonder lugversorgers en induksie-stowe sit wat van mening is 'n hoër tarief moet vir sodaniges geld. Hierdie items word alhoemeer deur kampeerders ingebruik geneem en mettertyd mag die stemming 'n ander uitslag toon.

Ek wonder net hoeveel van die wat regtig gestem het is kampers daar is gedurig op daar die groep n storie oor wat en waar mee wat jy mag kamp  Dit is wat my al n af gesaagde storie want dit duik kort kort op op daardie groep an dan is daar n hele relaas daaroor 

Hierdie onderwerp is holrug gery  Gaan die oord my afslag gee omdat ek nie sy swembad gebruik nie ek moet dan minder betaal as die persoon wag hom wel gebruik want daar word ook elektrisie tyd gebruik om die swembad te onder hou dan moet die tariewe verlaag word en jy be taal vir elke ding volgens wat jy gebruik een persoon gaan stort 2 keer n dag gaan 5 keer toilet toe e die ander een stort 1 keer n dag en gaan 2 keer toilet toe dan moet daar mos ook verskillende tariewe daarvoor wees as ek nie die warmwater swemba gebruik nie gaan ek nie minder betaal as die persoon wat hom vir 6 ure gebruik nie

Port Elizabeth

Antie

Fri, 26/05/2017 - 13:44

Dit is 'n baie goeie punt wat jy maak, Tjaart.  Presies reg.  Swembaddens, glybane, speel areas, onthaal areas en dies meer word deur baie (veral ouer) mense gladnie gebruik nie, maar dit is 'n uitgawe vir die park tot voordeel van mense wat dit wel gebruik.   Die wat dit nie gebruik nie, gaan nie minder betaal nie.

Centurion

Voortrekker

Fri, 26/05/2017 - 14:03

Ja Tjaart, terugvoering aan kampplekke indien nodig.  Deel kampeerders se gevoelens. Kyk realisties na die saak. Waar lê die werklike hoë elektrisieteits verbruik ens. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 26/05/2017 - 18:22

Baie lede ken seker vir Flip en Tilla, nou hy bestuur op die oomblik 'n oord in KZN, en het onlangs die vraag gevra, juis ook om 'n algemene gevoel te kry in die verband.

MAAR, soos Tjaard noem,ek gebruik min krag, dus sal ek graag wil sien dat krag uit gesonder word op die oord se rekening.

Die persoon wat stewige aircon in het, en / of groot urn ens. ens. gaan dit nie wil uit appart hê nie.

Ongeag van wat ek en u gestem het, die vraag bly staan, gaan oorde wel hul tariewe afwaarts aanpas na gelang van die finale besluit om meters in te fasseer al dan nie, as hulle natuurlik wel besluit om daai pad te volg??

Ek dink nie krag by staan plekke is werklik 'n oord se groot uitgawe nie, maar eerder die instandhouding en lone. Dit is maar my leke opinie.

Bloemfontein

OOM JEEP

Fri, 26/05/2017 - 20:59

My opinie is dat die dinge wat hoē krag verbruik, is die dinge wat met elemante werk. Soos geasers. In n ablusie waar baie mense warm water gebruik gaan dit meer krag verbruik.  As ek nou my eie karavaan geaser gebruik dan spaar ek die oord se geaser verwarming.  My karavaan geaser kom gouer tot die regte temperatuur as die oord se geaser a.g.v. die grote. Dws. Ek spaar indirek krag. 

Ek dink die oorde wat klae het vergeet van die enorme verhoging in elektrisiteit en nou soek hulle n culprit om meer geld te mask. 

Een ou vra R1000,,, volgende ou R500. Ek glo die eerste ou se lopende koste soos erfbelasting is waarskynlik meer. Hy het meer ander komponente wat dit meer maak as no.2.  Dolphin vra in Desember n enorme daaglikse tarief. So ook Natalia en ander oorde. Wat bied Natalia aan. Verhitte swembad, personeel wat agter jou gat skoonmaak tot laat innie nag. Daardie personeel werk nie vir nuts nie. By waenhuiskrans huur hulle meer tydelike personeel oor Desember en April. Hulle werk ook nie vir nuts nie.

Saamgevat sou ek sê. Die eienaar/bestuurder van n oord bepaal hoeveel hy aan die einde van die dag in sy sak wil he. As jy n paar miljoen uitlê verwag jy n x persentasie op jou belegging. Kus oorde is a.g.v. hulle populariteit duurder. Kus oord kan jy maklik R10milj. voor betaal teen helfde vir n binnelandse oord. As jy nou daai geld betaal met jou lopende kostes per dag ,  sal jy ook enige vorm aanwend om meer uit die deal te kry.

Ek wen die Lotto van R10milj.. sal ek n park koop met al die stressors van daaglikse moelikheid. NEE. Al like ek dit hoe om n park te besit.

Gun die ou wat duurder vra en iets probeer om n extra geldjie te wil in.  Soos op dié forum. As jy nie like nie..... blaai verby.  As jy nie wil baie betaal nie... hou verby.

Jammef as ek so biki afgedwaal het oor kragverbruik-topic, maar daars meer in as wat ons besef.

 

GOEIENAG. moet nou hierdie griepgat innie bed kry.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 14/05/2019 - 09:23

..............dit het maar 'n "once-off" funksie.  As jy eenkeer gemeet het dan weet jy mos.  Dieselfde storie met hierdie neusgewig-meters  -  net eenkeer weeg en dan vergader dit stof.

As kragverbruik by die meerderheid oorde 'n kwessie word, kan dit dalk help, maar nie eintlik nou nie.