TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

64084 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Augrabies My spaarwiel is daar gesteel. Johann Fouche -4 minutes ago
Welkom Barry!  Welkom Voortrekker -9 minutes ago
Frik, ken net van oom… Shocks! Johann L -28 minutes ago
Dankie Anton, die… Wes kaap saamtrek. Johann L -43 minutes ago
Daar is seker nog een ryding… Diesel vs petrol neef Herman -56 minutes ago
Johann sodra daar vasgemaak… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -58 minutes ago
maar ander datums sal… Wes kaap saamtrek. Voortrekker -1 hour ago

Gadgets

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Fri, 02/06/2017 - 12:50
Forums

Ek het hierdie warm water "giesertjie" raak geloop en dadelik vir my een gekoop (R450.00)

Dit is mobiel en maak die water tot so 59° warm terwyl dit deur die element loop, en het geen tenk nie. 

Ken iemand dit,  en wat is jul indrukke van die gadget, ek het dalk vinnig gekoop, maar glo dit gaan werk.

Die 2005 Penta het nog die los 20L kan,  en geen warm water nie.

Gieser

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 02/06/2017 - 12:54

Gieser 2Jammer, Tablet wil nie tweede foto gelyk laai nie,  agterkant van die water verwarmer.

Jy koppel dit net direk dmv gewone kraan koppelings en stuk tuinslang  aan koue water.

Centurion

Dusty

Fri, 02/06/2017 - 13:24

Johann,

Ek dink dit kan goed werk. Ook by die huis vir bv. net om gou jou hande te was in die winter. Dan hoef die kraan nie te loop en water mors nie

Meyerton

Segekok

Fri, 02/06/2017 - 14:45

Dit was gereeld op die FB bespreek.  Daar is van die mense wat reken dit trek baie krag.

 

Centurion

Dusty

Sat, 03/06/2017 - 09:37

Johann, 

Waar het jy dit gekoop vir daai prys?

Segekok, dit mag dalk heelwat krag trek, maar is dit meer as wat die geyser sou trek. Die water in die pype vanaf die geyser is koud en daar word heelwat water gemors voordat die water warm word en dan skakel die geyser weer aan om die water weer warm te kry.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 03/06/2017 - 10:09

Dusty by die Outdoor X skou by Malonjeni.

Die normale prys is R499.00 plus pos- en verpakkings gelde. Moes maar eers bietjie debat voer met PJ  (die eienaar) om pensionaris afslag te kry, ook omdat ek vir my dogter-hulle een gekoop het vir haar opwas kamer.

Die persoon wat dit verkoop bly hier in Vereeniging, ek sal sy kontak besonderhede op sit, vir as iemand belangstel.

Ek moet nou het vir my nog 'n "bracket" maak waar dit op die wa se skottelgoed staander gaan werk.

Segekok, ja, hy gebruik seker heelwat elektrisiteit, maar dit is vir baie kort tydjie.

Jy gaan nie 'n klomp koue water in jou jou gieser tap (die waens wat een in het) en daai element weer te aan skakel nie.

PJ (084) 529-2533

Meyerton

Segekok

Sat, 03/06/2017 - 10:48

Ek praat nie van die krag verbruik sover dit koste efektief is nie.  Die meeste kamp plekke se krag toevoer is 15amp.  Die geyser gebruik 15+ (volgens berekeninge soos wat deur mense gedoen is 20 amp.) sit ver oorsaak dat die krag by die kamp plek "trip"

 

hoop ek mag maar hier is n link na n gesprek wat daaroor gegaan het.

https://www.facebook.com…

Net my siening.  

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 03/06/2017 - 12:37

Johann

Ek dink ook om een vir die kombuis te kry, juis vir daai baie water wat verwarm word.  Waar kan ek ook een kry met daai afslag ?

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 03/06/2017 - 17:08

Willem jy kan vir PJ skakel op (084) 529-2533.

As ek net vroeër geweet het, kon ek vanoggend vir jou een saam met kennise Pretoria toe gestuur het, hulle het die bulletjie rugby dag daar gaan kyk (dink hul kleinseun speel)

Ek het juis nogal vir iemand dubbel-wiel jockey saam gestuur.

Centurion

Dusty

Mon, 05/06/2017 - 08:46

Willem,

As jy nie haastig is nie ek wil vir my ook van die eenhede kry. Sal terugkom na jou. ek probeer om hom in die hande te kry. Het iemand wat saam met my werk wat in Vereniging bly en hy sal dit vir my saambring

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 05/06/2017 - 09:18

Ek het vir PJ ge-whats app en hom gevra om vir julle die eenheid ook teen die afslag prys te gee, nog nie antwoord van hom gekry nie.

Maar as julle hom kontak, noem asb die forum naam, ek het vir hom gesê dat julle van die forum is.

Centurion

Dusty

Mon, 05/06/2017 - 09:23

Johann,

Het sopas met hom gesels en hy praat van 10% afslag en nie R450.00.

dit is nou R500.00 min 10 %

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 05/06/2017 - 11:03

Sal nice wees, kan jy vir my die inligting stuur na my forum naam @telkomsa.net

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Tue, 06/06/2017 - 18:24

Skuus Willem, ek was nie duidelik nie,  ek het bedoel, het jy en Dusty toe reg gekom om vir jou ook so warm water gadget te reel?