Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57240 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -11 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -32 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -34 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -45 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -56 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -1 hour ago

"Cowboy" Kos

Centurion
Submitted by Dusty on Wed, 26/07/2017 - 14:09
Forums

My kleindogter noem dit "Cowboy" kos

Ek begin deur wors se vel (derm) af te haal. Dan frimmel ek die worsin 'n pot. Verbruin die wors tot amper gaar. Voeg dan 'n blikke tamatiesmoor en 'n blikkie "bake beans" (vandaar die naam "cowboy" kos) by. Sodra die vloeistof begin kook voeg ek eiers by (een vir elke persoon).

Ek het al in plaas van "bake beans" mielies by gevoeg

Die eiers moet nie "gescramble" word nie. Sodra die wit van die eier gaar is (die geel kan nog sag wees)

Eet dit dan saam met geroosterde brood.

Centurion

Dusty

Wed, 26/07/2017 - 14:26

Gisteraand het ek weer iets anders probeer.

Weereens wors se vel te verwyder en te frimmel in 'n pot. Nadat dit verbruin het het ek gemengde groente by gevoeg asook chutney en sweet chilly saam met sout en pepper na smaak.

Daarby het ek rys met 'n halwe ui fyn gekap en bietjie knoffel met 'n eetlepel gemmer by gaar gemaak. Dit was ook baie lekker gewees

Centurion

Dusty

Wed, 26/07/2017 - 17:37

Frikadel, dit is die lekker van hierdie tipe geregte. Jy kan dit skommel en verander om dit lekker te maak.

Ek gaan die boeliebeef een probeer volgende keer

Secunda

Sleep nou

Thu, 27/07/2017 - 07:52

Ek maak ook soos meeste van julle maar die bake beans groot nee na weermag eet ek hom al vir 29 jaar nie. Vervang bake beans met sweet corn

Centurion

Dusty

Thu, 27/07/2017 - 08:19

Shaun,

Ek het al sweet corn ook by gevoeg in plaas van bake beans. Nog steeds lekker.

Hierdie is 'n soort van moerby resep. Jy kan hom verander om jou smaak te pas

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 27/07/2017 - 11:13

As van die WilSur groep gaan kamp maak ons gewoonlik so pan, elkeen ge sy eie keuse van bone saam met wat se vleis ook al soos boeliebeef, worsies of oorskiet braai vleis.

K

Port Elizabeth

Antie

Thu, 27/07/2017 - 14:50

Wilsur, mens kan darem weglê aan daardie pan kos!   Lyk heerlik.   Ek neem aan dit is pap in daai driebeen.    Die arme kok kry bietjie warm, kyk hoe veel hy gesig af.  Dit is nie dalk jy nie?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 27/07/2017 - 15:13

Ek is ook 'n "afskaffer" van "bully beef" en "baked beans" sedert my army-dae 53 jaar gelede !  Vir my lyk die blik-mielies die regte ding om daardie "elke boontjie is 'n patroontjie" te vervang.

Stoffel, wat is die idee om die wors so te verniel terug na maalvleis  ?  Kon jy nie maar vanuit die staanspoor maalvleis gebruik het nie  ?

Willem, daardie oorskiet braaivleis van gisteraand opgesny in repies saam met gebraaide uie is 'n koningsontbyt !  Hier is 'n voorbeeld van ons s'n 'n week of wat gelede in die Wildtuin.

.

laugh, Lekker lag ek nou Freda, nee dit is nie ek daai nie, dit is Eddie van Botswana.  Daai vuur was vrek warm, glo my.  Dit was op Theo se wilds plaas gewees daai.  Ja daai was 'n pot pap gewees.