Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57239 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -17 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -19 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -30 minutes ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -42 minutes ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -54 minutes ago
Baid geluk Len, mag dit jaar… Verjaardae Johann L -54 minutes ago
Wessel julle moet dit geniet… Manyane Pilansberg Johann L -57 minutes ago

Rys slaai

Secunda
Submitted by Sleep nou on Tue, 01/08/2017 - 10:53
Forums

Deel bietjie n resep wat lekke werk Aldus my kinders en kleinkinders. Kook een en n half basmaties rys tot lekke gaar, een kant in n lekke pan braai 2 uie en pak sampoene tot goud geel haal uit pan, braai dan twee pakkies 250 gram bacon en 500kg dun boere wors tot die gaar is gooi die saam met uie binne pot rys, meng goed en daar is hy, hy loop veral by n braai

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 01/08/2017 - 11:58

Klink baie lekke, maar 500g bacon en 500kg dun wors is nogals baie vleis vir daai rys ?

laugh

Port Elizabeth

Antie

Tue, 01/08/2017 - 12:31

Dis nou heeltemal 'n nuwe idee vir rysslaai.   Ek stem darem saam met Wilsur, die bacon & wors lyk bietjie baie.  Ook, as die slaai eers in die yskas was, sal die wors nie bietjie droog en hard begin raak nie?   Ek sou dink as dit net vars gemaak is, moet dit baie lekker wees.  Kan amper 'n maaltyd op sy eie wees.

Pretoria

Slowstrike

Tue, 01/08/2017 - 12:36

Ken daai slaai wat Sleep beskryf. Ek maak dit nie dit is my vrou se voorreg. Sy gooi daai Paarman vrou se rys speserye by die rys en ook fyngekapte green peppers in.

Een interessante ding as jy uie en knoffel braai. Braai eers die uie tot amper reg en gooi dan die knoffel by en draai die hitte af. Knoffel wat te warm word of te lank braai word bitter

Lekker man lekker

Meyerton

Segekok

Tue, 01/08/2017 - 13:07

1 x groot Brokkoli  Stoom dit so 2 -3min in micro,
braai pakkie gesnipperde spek bros, 
kap 6 spring uie, 
2 koppies gerasperde kaas, (kan ook in blokkies gesny wees, so 1cm x 1cm) SOUS:  1 k Mayonnaise, 
3 eetl asyn,
1/2 k strooisuiker. 
meng en gooi oor slaai. laat staan verkieslik oornag.
Meyerton

Segekok

Tue, 01/08/2017 - 13:24

Hier die resep deel ek nie maklik uit nie.  

BenA en n paar van die ander lede het die al geproe...  

 

 

DEEL 1

200g BOTTER (margarien is gif)

5 KNOFFELHUISIES (gekap)

1 UI (gekap)

250G MUSHROOMS ( gekerf)

Braai die boonste goedjies liggies saam

DEEL 2

100ML KOEKMEEL

20ML GROENTEAFTREKSEL POEIER

4ML NEUTMUSKAAT

4ML FYN KOLJANDER

5ML PIETERSIELIE

SWART PEPER NA SMAAK

Meg die bestanddele van deel 2 tot ’n pasta met water . Meng in by deel 1

DEEL 3

250 ML ROOM

250 ML WATER

1 LITER MELK

1 SKYF FETA KAAS

200G GEKERFDE BILTONG... ( BILTONG POEIER WERK NET SO LEKKER)

Meng in by deel 1 en 2 en laat stadig prut.......

Waarskuwing.....  baie ryk en baie baie lekker...

Secunda

Sleep nou

Tue, 01/08/2017 - 14:08

Eish julle slaan uit  met lekke resepte ja wors en bacon is baie maar dis vir 4 groot mense en 4 kinders die volgnede dag is hy nog lekkerder

Secunda

Sleep nou

Wed, 02/08/2017 - 07:28

Thanks johann en Willem iesh ja ek bedoel 500 g wors he he