Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57241 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -15 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -36 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -57 minutes ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -59 minutes ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago
baie beter as die ou Coleman… Koelhouers Voortrekker -1 hour ago

Kom ons maak ekonomiese POTJIES

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Sun, 13/08/2017 - 16:14
Forums

Met vleispryse wat nou so duur is, kan ons almal gerus idees uitruil vir potjies wat ekonomies, maar nog steeds baie lekker is.   Ek deel my Frikadel Koolpotjie vir almal wat hou van kool.

Jy benodig:

1 Kop kool  /  4 Uie opgekerf  /  4 Aartappels in blokkies gesny  /  2 Blokkies Chicken Stock, opgelos in 500 ml kookwater en voeg by kerriepoeier (opsioneel, na smaak) en 2 eetlepels blatjang.  Jy kan die kerriepoeier heeltemal los, maar voeg nog steeds blatjang by.

Vir die frikadelle:

1kg  Maalvleis   /   3 snye witbrood in melk geweek   /  2 eiers  /  1 groot Wortel, fyngerasper  /  Sout & peper na smaak  /   Knoffel en Rissieflokkies (opsioneel, na smaak).

Maak die frikadelle  :    Druk die oortollige melk uit die brood, meng al die bestandele vir die frikadelle saam en vorm redelike groot frikadelle.  Rol die frikadelle liggies in meel en verkoel in die yskas vir omtrent een uur.   Verhit 'n goeie laag olie, botter en twee eetlepels soya sous saam in 'n pot tot warm.   Braai die frikadelle 'n paar op 'n slag tot bruin, verwyder uit die pot en hou eenkant.  ('n Wenk:  moenie die frikadelle te gou of aanhoudend draai nie, laat dit goed braai aan een kant, draai dan om met 'n vurk en braai die ander kant.  Dan breek die frikadelle nie so maklik nie.)

Braai nou die opgekerfde uie in dieselfde pot tot bruin en skep uit.   Sny die kool in die helfte deur, verwyder die ergste van die dik stronk en sny elke helfte in dik skywe.

Sit die pot aanmekaar:

Pak 'n derde van die frikadelle onder in die pot, gevolg deur 'n derde van elk van die aartappelblokkies, gebraaide uie en laastens kool,   Herhaal die lae.  Jou boonste laag moet kool wees.   Voeg nou die hoenderaftreksel by die pot.  Sit die pot op redelike warm kole, net vir die begin, om dit aan die kook te kry.  Sodra dit kook, maak die kole minder en laat dit stadig prut.  Moet gladnie die pot roer nie.  Voeg nog kookwater by, indien nodig.  Na so twintig minute, meng botter met meelblom en sit stukkies bo-op die boonste koollaag, wat die sous dan sal verdik.  Omdat die aftrekselblokkies sout is, wees eers spaarsamig met sout byvoeg, maar proe hier na die einde of dit nog sout nodig het.

Bedien saam met rys.  Dit is genoeg kos vir omtrent 8 mense en sal so R120 - R140 kos.

Secunda

Sleep nou

Sun, 13/08/2017 - 16:40

Freda dankie goedkoop en kamp n klomp kinders kleinkinders se magge vol maak

Centurion

Voortrekker

Sun, 13/08/2017 - 17:55

Freda ek het juis weer vandag 'n hoender potjie aanmekaar geslaan, al 8am begin met die hoender boudjies braai in die warm pot olie met net sout, uitgehaal en toe die uie gebraai terwyl ek toe 'n sousie moes beplan om die pot karakter te gee.

HOENDER POTJIE

.... toe ek begin soek vir mango sap en of ingemaakte perskes kon ek niks kry nie!    Dog ek toe by myself, WAT VAN DAAI ARM MAN se hoenderpotjie???

YIP -    1 koppie tamatie sous + 1 eetlepel Paprika + 1 eetlepel suiker + 2 koppies water -   NET SO!     Dit was heerlik!

Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 13/08/2017 - 18:18

Dit klink nou lekker.

Ek is juis lief vir n kool, uie, aartappel met mince mengsel, met baie swart peper.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 13/08/2017 - 18:37

Freda, tot my skande moet ek erken ek weet niks van kosmaak nie, seker maar omdat my anderhelfte 'n uitstekende sjef is.  Een van my lekkerste geregte is juis kool-frikadel en ek het dadelik 'n afskrif van jou resep vir my sjef gegee en dit bestel vir ons volgende kamp !

Baie dankie.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 13/08/2017 - 20:18

Mensig nee nou is ek so lus vir kool, ek kan my vingers af kou. Jy kan kool van rou, gebak, gebraai in olie tot koolslaai vir my gee.

Dankie Freda, ek gaan beslis die resep vir my vrou gee, die naweek kom daai sosaties (van Ian / Willem) eerste op die tafel. Saterdag maak ons daai potjie vir aand ete.