Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear

luister nou wereldwyd stereo

help lekker reseptenuwe onderwerparrowgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

41050 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ry ook maar altyd n 12V… Is jou spaar styf Harry Du Randt -1 hour ago
Ons tel die 3 slapies saam… Amper tyd! Voortrekker -1 hour ago
Stephan, daai opgewondenheid… Amper tyd! Johann L -1 hour ago
Stephan julle moet dit… Amper tyd! Dusty -1 hour ago
Baie beter!!!

Net 'n meer…
Army Dae Arie -1 hour ago
More golden words Lag 'n slag Voortrekker -2 hours ago
Golden words. Lag 'n slag Johann L -2 hours ago

Servaas se Namibia Toer 2017

Centurion
Submitted by Voortrekker on Mon, 21/08/2017 - 14:43
Forums

Dankie Servaas vir die deel van julle avontuur!

Vrydag 23 Mei 2017 het ons uit Hermanus vertrek op 'n toer Namibia toe. Dit was ek en my vrou en vriende van ons, ook van Hermanus. Ons met die Land Rover en ons pelle met hul Pajero. Ons het via Villiersdorp; Worcester; Gouda; Porterville gevorder tot by die Kardoesie restaurant bo op Piekeniers pas vir ontbeit.

Gepak en reg om die pad te vat
Gepak en regt om te ry.

Kardoesie

Uitsig vanaf Kardoesie

Oppad
Gaan eers by my dogter op Aggenys aan.
Hulle bly tydelik in Park Homes terwyl hul huise in aanbou is op Aggenys
Huise nog in aanbou. Hulle bly tydelik in Parkhomes

Vanaf Aggenys het ons vertrek na Oranjerus naby Uppington.

Word Vervolg.

Die grondpad na die plaas was baie sleg maar die voertuie het hulle goed gedra.

Vandaar is ons na Pella waar die sendingkerk is.Sending Kerk

Sending Kerk
Baie indrukwekkend. 

Sending Kerk

Ons is toe verder en stop by die bekende Piek Padstal. Baie vreemde plek maar tog interesant .

Piek padstal

Piek padstal
Ek het hierdie nogal humoristies gevind.

Vandaar is ons na Augrabies waar ons middagete geniet het.

Augrabies
Die rivier was nie baie hoog nie maar dit bly maar indrukwekkend

Augrabies

Augrabies

Na middagete is ons fort na Oranjerust karavaanpark by Uppington. Altyd lekker om daar te kamp. Vriendelike mense en super skoon ablusies.

Oranjerus

tOranjerus

Kgalagadi
Ons het Kgalagadi toe gery en een aand in Twee Rivieren gebly. Daar na is ons vir twee nagte na Mata Mata
Mata Mata
Ernstig besigt met beplanning vir wat voorlê
Mata Mata
Die outjie het iets kom soek om te peusel
m
Meerkat familie binne in die kampterrein. 
Mata Mata
So lyk son opkoms vanaf ons dubbelbed agter in die Land Rover.

Word vervolg.

Vanaf die Kgalagadi het ons Windhoek toe gery en vir twee aande by Arebbusch Travel Lodge gebly. Die kampplek was vol met die gevolg dat ons chalet's gehuur het. Ons het twee dae gehad om Windhoek te beleef. Die plek het my baie laat dink aan Pretoria in die vroë 70's.

Windhoek
Ek dink hulle noem die gebou die "Bevrydings Museum". Baie impressive.
Windhoek
Ons kon nie Joe's Beer House mis nie
Swakop
Ons kom in Swakop aan waar ons vir drie nagte bly

Ons vriende het 'n woonstel by Langstrand vir ons gekry om in te bly vir ons tyd in Swakop. Ons besoek Henties asook Walvisbaai en doen al die doendinge in die gebied.

Swakop
Staan Nick in die venster van ons verblyf by Langstrand
Swakop
Hier geniet ek en Martie 'n ietsie by die Brauhaus in Swakop.
Swakop
Sons ondergang vanuit ons woonstel in Langstrand
Walvis
Restaurant in Walvisbaai.
Walvis
Duin 7 net buite Walvis.

Vanag Walsbaai het ons deur die Naukluft Park gery na Sesriem; Soususvlei. Ons het 'n kamp bespreking gehad by Betesda Lodge. Toe ons egter daar kom, is die naam verander en het die nuwe eienaars die kampplek toegemaak. Al die blyplek was volbespreek en moes ons toe dringend ander verblyf kry. Gelukkig kon ons kampplek kry by Klein Aus Lodge

Walvis
Hier nuttig ons padkos in 'n droe rivierloop binne die Noukluft Park
Solitair
By Solitair het ons gestop vir die gebruiklike Appeltert. Dis nog net so lekker al is ou Moose Mcgregor nie meet met ons nie.

Solitair