Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57242 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Gegroet hier vanaf Eiland… Julie 2019 - Koffiekroeg Chris Boucher -50 seconds ago
Julle moet dit geniet Wessel… Manyane Pilansberg Voortrekker -34 minutes ago
Beteken dit dat ek nie meer… WilSur se Braai en/of Buite… leeu -55 minutes ago
Hallo Antie! Môre begin die… Julie 2019 - Koffiekroeg Voortrekker -1 hour ago
Baie Geluk oom Len!   Verjaardae Voortrekker -1 hour ago
Wind ... Lag 'n slag Willem Brits -1 hour ago
Tentco Coolers ... Koelhouers Willem Brits -1 hour ago

Inmaak van kos

Meyerton
Submitted by Segekok on Sat, 26/08/2017 - 15:27
Forums

Is daar nog mense wat kos inmaak.  Bv. Kerrie wortels/boontjies pekel uie ens.

Konfyt kook ...  Daai soort van goed soos Ouma hulle altyd gedoen het...

Ek onthou baie jare terug as daar gaan kamp is by die see het my ma altyd die vis wat gevang is ingelê of kerrie vis gemaak.  Een jaar was die vis skaars en sy het op n koejavel boom afgekom naby die kamp en daar is merr koejavels as vis ingelê daardie jaar.

 

Port Elizabeth

Antie

Sat, 26/08/2017 - 16:32

Ek lê meestal kerriebone en beetslaai in.  Dan doen ek  soms taaipitperskes,  pere en koejawels.   Ek maak kerrievis maar nog nooit ingelê nie.  Het ook nog nooit konfyt gekook nie.   Ek sorg altyd dat ek beetslaai en kerriebone inlê 'n ruk voor Kersfees, dan weet ek ek het sommer klaar twee slaaie vir die kerstafel. 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 17:39

Sit ek nou juis vanoggend en dink, as ek net geweet get hoe om marmalade (spelling) van suurlemoen te maak,  my boom het oorvloedig gedra die jaar en ek het al so uit gedeel.

Ek is mal oor marmalade konfyt,  die Spar maak te veel wins uit my met die konfyt.

Meyerton

Segekok

Sat, 26/08/2017 - 19:08

Ek het vanmiddag go n paar bottels kerrie wortels gemaak. Gaan gou more bietjie wortel konfyt kook. Het laas naweek mushrooms ook ingelê.

Het verlede jaar soutvleis ook gebottel.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 19:23

Weet iemand hoe om marmalade te kook, ek onthou my ma het altyd helfte suiker en helfte vrugte gebruik,  maar kan nie onthou wat by kom of hoe kank dit moet kook nie.

Deon, daai sampione behoort moou te loop. Gee bietjie die resep as jy wil.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 20:06

My wederhelfte is ook 'n inlê mens en die produkte word altyd saam ingepak vakansietye:-

Kwepers, koejawels, noedelslaai (laasgenoemde ongelukkig alles opgeëet) :-

.

Port Elizabeth

Antie

Sat, 26/08/2017 - 20:23

My suster maak heerlike marmalade, nie te soet, nie te bitter en 'n pragtige kleur.  Sy vat 'n mengsel van 2/3 lemoene en 1/3 suurlemoene.  Probeer vrugte met dun skille gebruik, dan is daar minder wit in die skil.  Hoe meer wit, hoe bitterder is die konfyt.   Sy sny die koppe van die vrugte af, dan in die lengte middeldeur, dan sny sy dit in skyfies.   1Kg vrugte en 1kg suiker.  Kook saam in pot, nie te vining.  Skep deurentyd skuim af.  Kook tot verlangde dikte en onthou dit word dikker as dit afkoel.  Die ideaal is mos dat jy dit geset wil hê maar  bietjie souserig ook.  Ek dink die geheim van lekker lemoenkonfyt kom met die kookproses.  Ek dink sy skep op stadiums bietjies van die sous in 'n bordjie om af te koel en kyk dan hoe dit set.  As dit loperig bly, moet jy langer kook.  As dit dikkerig raak, moontlik genoeg gekook.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 26/08/2017 - 20:56

Len, kwepers is heerlik, en, dit hou miskiete weg, dit maak glo die bloed onsmaaklik vir muskiete? Weet nie of dit waar is nie.

Die noodelslaai, ai, dit is 'n wenner, veral as dit eers so dag gestaan het, soos koperpennieslaai, moet eers "ryp" word.

Deon, jammer ons verdraai nou jou vraag, nee ongelukkig is my vrou nie een vir inmaak nie, maar ek gaan my hand hiermee probeer.  Ek is so lief vir ingelegte vrugte met roomys.

My mond water nou.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 26/08/2017 - 21:21

Willem, jy het dit darem reggekry om 'n jong blaar in te lê  -  'n beter prestasie as om vrugte in te lê !

Florauna, Pretoria

chris dupreez

Mon, 28/08/2017 - 08:10

Ek le mushrooms in ,en gebruik die Spur se Derky sous. ek sit dan so rissie of twee by. Dit werk absoluut fantasties, jy kry so gepekelde mushroom met n bietjie byt. die mushrooms word kleiner as hulle ingele is so ek gooi na so week dit bymekaar in een houer ,as ek nou meer as een houer ingele het. Ek draai ook gereeld die bottels op hulle koppe sodat die Derky sous weer kan afsak , want die sous het mos stukkies fyn uie en so aan in.Ek kook ook konfyt. Daar is n baie maklike mikrogolf konfyt resep op die internet en werk soos n droom. Vat omtrent 40 minute dan het jy lekker jam.

Port Elizabeth

Antie

Mon, 28/08/2017 - 09:30

Ek moet erken, hierdie is die eerste keer dat ek hoor mense lê self mushrooms in.   

Jare gelede kon mens mushrooms mos net in blikkies koop.  Ingelê in water of in sousvorm, soos natuurlik vandag nog beskikbaar.   Sekeres was maar redelik smaakloos.   Toe vars mushrooms egter op die rakke kom, het ek nog nooit weer 'n blikkie mushrooms gekoop nie.   

Deon en Chris, ek sou graag wou weet.  Word die mushroom net so rou ingelê of vooraf gekook, of iets? 

Ek le dit net so rou in, maar hierdie het n gepekelde smaak, smaak glad nie soos die in blikkies. Ek het eenkeer vyf liter van Spur se Derky sous by n vriend gekry ,en het nie geweet wat om met alles te maak nie, het toe maar van dit weg gegee en het op daai stadium n klomp mushrooms ook gehad. Die gadagte het by my opgekom om die mushrooms in die sous te bottel, dit het baie lekker uitgekom, ek los hulle omtrent twee weke voordat ons van dit begin eet. Die Derky sous is ook by supermarke beskikbaar. Die sous bevat fyn uie , asyn ,asook knoffel, en ek weet nie wat nog nie, maar dis baie lekker. 

Meyerton

Segekok

Mon, 28/08/2017 - 14:36

Freda jy kan dit so vir 5 min kook as jy wil maar ek lê ook die mushrooms rou in.  Die asyn in die pekel doen wondere...

 

Nou ja ek het iemand hier gehad wat die kerrie wortels kom toets het.

Voortrekker

Anton dit was baie lekker om jou hier te kon \hê.

( dit is dommer so in die werkswinkel geneem).