Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

59457 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die SA wet van 100kg is… Bal gewig Willem Brits -57 minutes ago
In my dae.... Bal gewig Len Loader -1 hour ago
Flip en Tilla, hulle die… Tugela Mouth Resort Willem Brits -1 hour ago
Laai kapasiteit Bal gewig wessels -1 hour ago
Ek het ‘n baie swak Fisika… Bal gewig Wildehont -2 hours ago
Balgewig en vering Bal gewig wessels -2 hours ago
Johan jy slaan die spyker op… Tugela Mouth Resort janwillem -2 hours ago

Willem se 3B

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Tue, 29/08/2017 - 17:59
Forums

Ok, ek gaan begin met my 3B se regmaak en hoop as ek klaar is is die 3B ook klaar.  Wees maar geduldig.

3

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:12

Ek begin met 'n paar van die eerste foto's, die kos kaste.

Hier het ek die stoof / oond uit gehaal om 'n nuwe kos kas te bou.
Hier het ek die oond / stoof uit gehaal om 'n nuwe kos kas te maak.
3
Hier kan gesien word die wasbak wat regs was is ook uit gehaal.

 

3
Hier kan julle sien ek het begin om die oond spasie rakke in te sit.
3
Hier is die blad wat ek gemaak het besig om te pas.
3
Die blad is in.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:20

Hier was ek besig om die uit trek bed te verander in 'n enkel bed en die twee bankies agter om 'n vol permanente dubbel bed te wees.

3
Die uit trek 3/4 bed is uitgehaal.
3
Die agterste bankies is ook gestrip.
3
Die nuwe enkel bed kry form.
3
Daar is hy klaar wat lekker pak plek is bo en net voor die as.
3
Die groot bed is ook nou permanent met pak plek vir die ligte goed soos kamp stoele.
3
Daar is hy klaar.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:25

Die dak was redelik vuil en moes oor geverf word.

3
LED ligte is in en voor bereiding vir die plafon verf.
3
Nog voorbereiding vir die verf.
3
Eerste laag is gedoen.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:30

Die kinders het nie gehou van die bestaande Novilon nie en moes toe maar self die nuwe vloer teëls lê wat Pa moes koop.

3
Nuwe teëls.
3
So het hulle begin.
3
Hulle is tevrede.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:42

Die oond / stoof het ek gewonder hoe / wat moet ek maak.

3
Het nie geweet of ek hom so moet aanmekaar sit nie ?
3
Het toe maar besluit om hom bo op mekaar te sit en Christo het die kas gemaak.
3
Die wind skerm is los en vou dan mooi plat.

Nou kan hulle hom laai as hulle vir 'n langer tyd gaan kamp.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:47

Ek het besluit om ook 'n buite blad te maak want dit werk vir my.

3
Het die blad by Willem (dracoza) gekry en mooi af geskuur en vernis.
3
Ek het toe 'n strip teen die karavaan gesit want die een bo die wiel is te laag.
3
Het versterkings vir die pote in gesit.
3
Ek is tevrede met die blad.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 18:54

Die neus kas se boonste deel was gebreek en ek wou hê die spaar moet ook daar in pas want die 3B se neus is redelik lig.

3
Die ou neus kas.
3
Weer eens het Christo vir my een gebou.
3
Ek het die neus van die karavaan tot bo die groen streep ge-rubberise.
3
Die neus kas is op en pas perfek,
3
Die spaar wiel pas oom mooi.
3
Die krag is ook op sy plek.
3
Tot 'n slot op gesit om hom te sluit.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 19:01

Ek het gesien dat al die venster rubbers vrot gebrand is deur die son en dit het water laat deur kom.

So het ek almal vervang en ook die strip aan die bo kant nuwe seelaar (ghries spons) in gesit.

Ek het ook onder die venster rubbers Sikaflex ingesit.

3
So het ek begin maar dit was nie maklik om die venster bank rubbers alleen in te sit nie.
3
Ek het die vernsters met die strip af gehaal.
3
Nuwe rubbers is in.
3
So het ek almal gedoen.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 19:11

Ek het ook al die water pype vervang en die binne wasbak en buite wasbak se afloop water na een plek gely.

Die opwasbak wat binne was wat ek uit gehaal het het ek in die buite opwas raam gemaak pas en ook 'n water punt vir hom daar aan gelê.

3
Ek het die water konneksie verander na die Gardinia.
3
Die afloop pyp.
3
Hier is die een plek afloop.
3
Nuwe water punt vir die buite wasbak.
3
Hier koppel jy die buite wasbak.
3
Hier kan julle sien waar die binne wasbak buite in die opwas raam pas met die droog rak.
3
Die water word steeds van die kan gevoer.
3
Met een afloop punt.

 

Port Elizabeth

Antie

Tue, 29/08/2017 - 19:17

Ek admireer regtig iemand wat kans sien om so taak aan te pak.  Nie sommer enige iemand kan dit  doen nie, mens moet vaardigheid hê daarvoor.  Dit was seker baie werk, Wilsur, geluk en welgedaan.   Die kinders gaan baie lekker kamp en is seker hul Pa ewig dankbaar. 

Centurion

Voortrekker

Tue, 29/08/2017 - 19:24

WOW!

dis al wat ek dink soos ek deur die fotos en beskrywing gaan

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 19:25

Ek het ook die onderstel af geskuur en geverf.  Het ook die skokbrekers vervang.

3
Die ou skokbrekers.
3
Hier het ek gesien dit is nodig om dit te vervang.
3
Die afhaal was redelik maklik gewees.
3
Ek het uitgevind dat jy nie net die skokbreker kan vervang nie, dit kom as 'n eenheid.
3
Toe ek die lot uitmekaar haal sien ek nog iets wat my verbly dat ek besluit het om dit te vervang.
3
Nuwe rims is ook aangekoop.
3
Saam met nuwe skokbrekers en sommer 'n nuwe buite lig ook.
3
Die onderstel is afgeskuur en oor geverf.
3
Selfs die hout is behandel.
3
Als mooi geverf.
3
Nuwe skokbrekers is ingesit.
3
Met die aankoop het ek uitgevind die met die rooi verf merke is 'n dikker "coil" wat meer gewig kan dra. (weet nie hoekom is die een onderstebo nie?)
3
Die nuwe rims is ook op en lyk goed.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 29/08/2017 - 19:37

Die tent het goed gelyk maar die staal pale was baie gebuig en die koppelings was nie almal die selfde nie.

Ek het later eers gesien daar is ook 'n rally.

Het toe besluit om al die pale te vervang met aluminium pale.

3
Die rally se pale is gemaak en die buite lig werk ook mooi.
3
Die blad werk ook lekker.
3
Die hoof tent se koppel stukke is gekoop en verander om te pas soos die tent loop (na ek die pale geskat gemaak het het ek nog nie die tent oop gemaak nie)
3
Een skoonseun het gehelp en ons het die tent op geslaan, hier is die klein voor stoep.
3
Die tent lyk nog goed.
3
Selfs die binne kant.
3
Die sy kante zip nie aan die dak vas nie, dit haak met ou gordyn hakkies aan die dak.
3
Die kamer gedeelte sal lekker werk met die kleintjies vir speel plek.

 

Ek admireer julle ouens wat sulke projekte aanpak. Wens ek het meer tyd gehad om ook so iets aan te pak.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 29/08/2017 - 20:19

Ek is stomgeslaan met hierdie rits fotos, Willem.  Hemel, dit wil gedoen wees  -  om die minste te sê, puik !

Die hele proses het verloop soos 'n toer-vertelling wat ek baie geniet het, veral in die lig van my klaaglied vanoggend dat hierdie forum geen tegniese geselsies oplewer nie  -  nou is ek verkeerd bewys !

Ek is baie geïnteresseerd in die foto waar dit blyk of die een wiel se as (waar die wiellaers op hardloop) amper afgebreek is of is dit 'n deel van die skokbreker ?  Hoe sou dit moontlik kon gebeur het, het jy dalk 'n verklaring daarvoor ?

Wat het jy besluit, gaan die wa 'n battery hê wat gelaai word of gaan alles net 220v wees ? As ek reg onthou van my in die 80's  En die yskas-foto yskas, dit is 'n groter yskas  -  het jy dit saam met die wa gekry of moes jy dit self koop ?  Gooi jy gas wat destyds standaard was heeltemal uit ?  En die agterligte, lyk dit nog goed of gaan jy dit vervang ? 

Baie dankie vir die vrek interessante vertelling.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 30/08/2017 - 07:18

Dankie almal, dit het my die hele 2017 tot nou besig gehou.

Len, al die ligte is 12v LED's maar het besluit om nie 'n battery in te sit nie.  Die plan is as jy langs die pad stop tap jy sommer van die voertuig krag vir ligte.  Ek het by Danie van die ander forum 'n sterk transformer gekoop wat al die 12v voorsien.

Ek het hom gekoop met die groot yskas, sou hy nog die klein een ingehad het het ek een wat 220v en gas werk soos joune hier in my kuier plek wat ek sou insit.

Die gas is uit die karavaan gehaal vir veiligheid vir die kleinkinders.

Die agter ligte lyk nog goed en gaan vir eers so bly.

Daai weg gesluite as is die bo punt van die een skokbrekers.  Ek reken dit is veroorsaak deur die rubbers wat geslyt was op die skokbreker.