Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Wessel. Oktober 2026 saam gesels Jan Meyer -25 minutes ago
Jan Meyer Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -41 minutes ago
Dankie! Help met kamp beddens en… deon557 -1 hour ago
Huur Help met kamp beddens en… Geert -4 hours ago
Kamp goete Help met kamp beddens en… Wessel Strydom -6 hours ago
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -13 hours ago

Help met kamp beddens en matrasse

Hermanus
Submitted by deon557 on

Lekker Forum die! Dankie daarvoor!!

Ek het 'n probleem: Ek is 'n allenloper kamper wat deesdae met tente kamp (voorheen woonwa). Ek het 'n paar internasionale kuiergaste wat in November kom kuier, en hulle wil gaan uitkamp. Ek is volledig toegerus met my eie (en my hond) se benodigdhede vir kamp, maar nou het ek nog 3 gaste begekry. Nie 'n probleem op sy  eie nie - klink vir my lekker!

Ek sal graag verneem of iemand nie weet waar ek nog 2 "stretchers" kan leen of huur vir November maand nie. Ek bly in Vermont, Hermanus.\

Baie dankie

Deon Pheiffer

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 22/10/2026 - 19:23

Laat die Internasionale gaste sommer op die grond slaap - gee vir hulle die "real African experience"  😜

As ek nader was het ek vir jou 2 geleen.  

1
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 22/10/2026 - 20:48

Jammer dat ek nie van hulp kan wees nie. Hoop jy raak geholpe - gou ook, want November is om die draai. Intussen moet jy asb inval en saamgesels. Ons sal graag wil hoor waar jy beplan om te gaan kampeer en dan natuurlik die terugvoer. Op hierdie manier hoor ons ook van nuwe oorde, en wie weet, moontlik is dit op iemand se pad vorentoe. Welkom!

1
Brits

Wessel Strydom

Fri, 23/10/2026 - 04:55

Deon, dalk moet jy by woowa en kampeertoerusting handelaars gaan aanklop. Moontlik kan jy by hulle regkom.

Huur sommer 'n woonwa vir die rukkie 

1
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 23/10/2026 - 07:15

Stel ook voor om karavaan te huur. Teen Internationale geld eenheid peanuts te wees vir hulle. Loer op www.kampi.co.za

0
Hermanus

deon557

Fri, 23/10/2026 - 11:02

Ek weet nie hoe om elkeen individueel te bedank nie, maar baie dankie vir julle insette. Karavaan huur is 'n opsie, en ek ondersoek dit

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus