6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Twee Rivieren [TR] Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -28 minutes ago
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -7 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -8 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -17 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -19 hours ago

Hentiesbaai 2025

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Ek begin die onderwerp, synde my trippie eintlik môre begin. My goeters is alles gepak vir môre se groot inpak op Grabouw.

As alles volgens plan verloop, val ons Saterdagoggend om 04:00 in die pad. Skof 1 neem ons tot Vanrhynsdorp waar by Kaap Agri met diesel volgemaak word. My seun is 'n lid van Kaap Agri en poog om sover moontlik by laasgenoemde se takke vol te maak. 

Daarvandaan druk ons vir Vioolsdrif grenspos, maar iewers sal daar eers langs die pad padkos genuttig word. Die volgende volmaakplek vir diesel is net anderkant die grens by Noordoewer waar ons die eerste goedkoper diesel kry as Suid-Afrika s'n.

Grünau Chalets is ons eerste oornagplek - 807 km vanaf Grabouw. Teen daardie tyd is hierdie oukêrel gatlam gery.

Ek sal poog om so gereeld moontlik terugvoering te gee, maar maak geen beloftes nie.

Worcester

Wildehont

Thu, 20/02/2025 - 16:53

Julle moet veilig reis en ek wens vir julle stywe lyne toe. Ek sou nie omgee om ‘n draai in Suid-Wes te maak nie. 

Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 20/02/2025 - 17:40

Mooi ry Chris. Nes Wessel vang ek ook saam vis.

Het jy die baaikostuum aangepas? Ek het ń idee die huidige een gaan jou ń "Camel toe" of note gee.devil

Brits

Wessel Strydom

Thu, 20/02/2025 - 19:45

jy kry ook die effek soos by fietsrybroeke, ek dink daar word dan verwys na 'n voëlverklikker voorkoms.devil

As ek reg onthou het hierdie Henties manne juis 'n kostuum tradisie

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 20/02/2025 - 19:46

... ek vertrou dat ek nie nodig gaan hê om die kostuum aan te trek nie. Die ou wat die vorige dag 'n "mombakkies" gehad het - m.a.w. geen houbare vis gevang het nie - moet die eenstuk vroue-kostuum aantrek.

Soos hierdie ou maat van ons 3 jaar gelede. Donkie - ons het baie sports op só 'n trip. Jy moet die reaksie van ander hengelaars sien wat so-iets sien.

Henties

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/02/2025 - 07:43

Die gewone- en kerrie-frikkadelle sowel as die hoenderboudjies is gemaak vir môre se padkos. Vanaand word die eiers gekook en die ham-&-kaas toebroodjies gemaak. Teen hierdie tyd môre-oggend het ons al hopelik meer as 3 ure se reistyd agter die blad en sal dit bykans tyd vir padkos daar iewers in Namakwaland wees.

Worcester

Wildehont

Fri, 21/02/2025 - 07:58

Die padkos klink gaaf, maar is die eiers ‘n goeie plan? Vier manne in ‘n beperkte ruimte vir 8+ ure met spysvertering wat die eiers afbreek en H2S gas vervaardig. Hou maar die Gazoo se vensters oop. 

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/02/2025 - 11:40

... gewoonlik het my seun nie eens eiers nodig nie. En dan put hy nog groot plesier daaruit as hy ons kan vergas terwyl hy die ruite sluit.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/02/2025 - 11:53

windgatte in 'n windgat Hilux!!!!

Hoe gaan die spreekwoord----aan jou vriende se winde, sal jy geken wordlaugh

Brackenfell

HennieBo

Fri, 21/02/2025 - 12:13

... gewoonlik het my seun nie eens eiers nodig nie

Hoe lekker lag ek nou. Kan dink watse stront word daar alles kwytgeraak op so 'n trippie.

Dit was ook elke jaar ons geval met die 4 of 5 pelle wat so ons jaarlikse Kaaptrippies gedoen het met die motorfietse. Groot pret. 

Kaap

Goeie Hout

Fri, 21/02/2025 - 15:53

Ja nee.  Nou weet ek wat jy bedoel.

Die rooi waarsku mense dat daar eiers geeet word.....

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 21/02/2025 - 16:10

Henties

Hier kom die manne - Raymond (63), Stiaan (45), Nico (36) en die ouman (70). 'n Goeie mix. Die 36-jarige is die eienaar van die sirkus-Hilux.

Brits

Wessel Strydom

Fri, 21/02/2025 - 16:25

....gaan kwaad word en jou erens vergeet!!!

Maak julle beurte om te bestuur, of bly dit die genot van die trokkie se baas??

As ek so na die laaste foto kyk, kan daar nog paar bottel voggies ingeprop word. Skeurbuik gaan met boks Tru Cape beveg word laugh

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus