Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -2 hours ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -4 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -11 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -14 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -14 hours ago

Aartappelsop (Vichyssoise)

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Niks weggelaat nie - presies net so:

  • 30g botter
  • 3 preie, in dun skywe gesny
  • 1 ui fyngekap
  • 3 middelslag-aartappels, geskil en in dun skywe gesny
  • 1 liter hoenderaftreksel
  • 250 ml room
  • 1-2 e gekapte grasuie
  • sout en peper

Self bygevoeg: vars pietersielie, knoffel, lourierblaar (haal uit voor opdiening.

Smelt die botter in 'n kastrol en braai die preie en ui (knoffel ook) oor lae hitte. Roer gereeld om te keer dat dit aanbrand of bruin braai.

Voeg die aartappels en die aftreksel by (lourierblaar ook). Bring tot kookpunt, sit die deksel op, verlaag die hitte en laat prut vir 15-30 minute tot die groente sag is.

Verpulp die mengsel, geur met sout en peper, roer die room in (ook fyn vars pietersielie), en laat staan in die yskas. Strooi die grasuie oor net voordat jy dit heerlik koud tafel toe dra.

** Ek het dit al vir 2 dae in die yskas gehou en dit was steeds dieselfde, heerlike sop.

**Eie opmerking: dit smaak vir my lekkerder teen kamertemperatuur as yskas-koud agv die room daarin. Warm is ook goed.

BRON: Onbekend (vir my) maar met erkenning aan die Franse sjef, Jules Gouffė wat die resep reeds in 1869 uitgedink het. 'n Amerikaanse sjef het begin om dit op 'n warm dag by die Ritz-Carlton in NY koud te bedien. 

 

 

 

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus