


Resensies
Weesgerus oord is maklik…
Weesgerus oord is maklik toeganklik met enige sleep kombinasie.
Die teerpad net na jy van die N1 af geklim het, voor Modimole, is bietjie hobbelrig, maar teen so 80 KPU, is dit heel rybaar.
Ontvangs en alle personeel is vriendelik en behulpsaam.
Staanplekke is in 6 sirkels op gedeel met elke sirkel 'n gemeenskaplike ablusie blok. Die word netjies en skoon gehou.
Die oord is perfek vir oud en jonk met baie vermaak by die swembaddens, waarvan een 'n warmwater onder dak swembad is. Die ontspannings area is pragtig uit gelê met puik grasperke.
Die restourant en winkel het voldoende voorraad, wegneem etes kan ook verkry word. Kos is van baie goeie gehalte, en glad nie buitensporig duur nie.
Grond kan op sekere sirkels baie hard wees, so, vat maar 'n boor saam.
Hierdie oord het ons al baie by gaan ontspan, en beplan om weer te gaan, jy sal nie teleur gesteld wees nie.
Sekuriteit is puik.
Ek kan nie die oord fout nie
Ons het in 'n chalet gebly vir 'n paar dae en toe weer gekamp vir 'n week. Ons het in die oostelike hoek by die Tent staanplekke gekamp teenaan die bos. Tent staanplek nr 5 - Dit was 'n lekker 5 minute stappie van die swembad af asook so 5 minute vannaf die dam.
Vir 'n Desember gesins vakansieoord bied Weesgerus meer as genoeg geriewe en vermaaklikheid om vir weke lank te ontspan en kuier. Put-put, Tennis, Water glybaan, vertonings en spesiale aanbiedinge, vermaak en speletjies, hope fietsry plekke, visvang, saam kuier en braai geleenthede in die aande.
Nie vêr van die plaaslike Mall nie - omtrent 5 km...
Die oord is baie groot en word baie goed bestuur en die geriewe is in baie goeie kondisie. Ek het die bestuur 'n bietjie leer ken en kan net sê dat die 'n baie vriendelike en optimistiese groep mense is.
Die tipe besoekers wat die kampeerplekke besoek is 'n tipiese ernsitge karavaan / boswa en tent kampeerliefhebber wat die waardes van veilige en rustige kampeer respekteer.
Ons het dit baie geniet. Die daaglike aktiwieteite en vermaak by die swembad gepaart met kafee en restaurant en kroeg by die swembad maak dit moontlik om die heeldag lank heerlik by die swembad area te verkeer. Kelners loop tussen swembadstoele en Gazob's rond om bestellings te neem wat beteken 'n mens kan lekker terugsit en rus.
Ons sal graag weer 'n Desember kampeer geleentheid by Weesgerus aangryp - dalk volgende keer langer as 1 week...
Kamp al meer as 20 jaar aan en af daar.
Ons kamp gereeld daar,soos julle sien, meer as 20 jaar aan en af, die groot rede is dit is SKOON en Netjies. Die spasie tussen die kampers is genoeg ons sit nie op mekkaar se skote nie. Die Ablussie is altyd skoon en netjies.
Buite seisoen het ek n probleem,hulle maak nie die water so gereeld warm soos in die vakansie tye nie, maar jy bt.
Asook in Des het die bestuur my gereeld gevra,wat sal ek verbeter indien ek in beheer is. Dan se ek elke keer"sit n skadu net oor n gedeelte van die swembaddens" dis vreesloos warm in Des". Dan se hy O dis n goeie idee. Maar ja na 20 Jaar sien ek nog geen skadunet nie, of hulle foto's is meer as 20 jaar oud.
Ek wil nie vergelykings tref nie maar gaan kyk by Lekkerrus en Libertas, hulle het skadu nette oor gedeeltes van die swembaddens en die mense kan in die water baljaar deur die vreeslose hitte.
Verder is dit n baie veilige oord vir kinders en dis n groot + punt vir my.





Soos n Wimpy brekfis, altyd…
Soos n Wimpy brekfis, altyd goed.