Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus
119698 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Oktober Karoo kuier Wessel Strydom -10 hours ago
Weervoorspelling Oktober Karoo kuier neef Herman -11 hours ago
Chris S.... Dwarswegstrand, Karoo &… Wessel Strydom -13 hours ago
Seker Wessel Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -13 hours ago
Verskoning Wildehont Dwarswegstrand, Karoo &… Chris Boucher -14 hours ago
Lekker staanplek Dwarswegstrand, Karoo &… Wildehont -15 hours ago

Brood bak op vuur

Secunda
Submitted by Sleep nou on Fri, 07/12/2018 - 09:17
Forums

More julle almal ek wil brood bak in n swart platbodem pot vir die kersdag en ook as ek kamp volgende jaar as jy n maklike resep het wat loop soos stroop deel hom met my en almal asb byvoorbaat dankie vir daai geheime resepwink 

Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 10:28

Vat die meel en gis en 'n knippie sout en eetlepel suiker en meng dit lekker saam met so 2 eetlepels olie. 1 pakkie gis.   Ek sal se 2 koppies meel en 1 koppie water.   Sorg dat die koppie water lekker lou is en gooi dit by.   Roer hom lekker en gooi nog bietjies meel by totdat hy lekker deegerig is.   Dan moet jy die outjie knie!  Knie hom vir ten minste 15 minute - werk hom lekker.   

Smeer jou pot me olie en sit dan die bol deeg in die pot sommer lekker in die son en laat hom staan vir 'n uur om te reis met die deksel op!

In tussen begin jy jou vuurtjie maak om kole te kry.  Maak jou vuur eenkant en skep kole uit.  Moenie dat jou pot bo op die kole staan nie want anders gaan die brood brand.   Lig die pot verkieslik bo op 'n staander.  Pak lekker kole onder hom en sommer kole bo op die deksel ook.  Laat hom loop vir 40 minute?   Mens moet maar die proses leer  -   net nie te warm nie!

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 07/12/2018 - 11:11

As jy bruismeel gebruik het jy nie nodig om dit te knie nie (onthou dit is nie met jou knië nie maar met jou vuiste).  Meestal is die deeg dan ook baie slapper as die ander.

Kaas en Uie Potbrood - Toks 'n Tjops Afrikaanse Resepte - Pick n Pay
picknpay.co.za › kaas-en-uie-potbrood
 

Kampkos - Brood ens - Peterjasie
https://peterjasie.co.za › kamp-brood
 

Wenke vir Potbrood | Boerekos – Kook met Nostalgie
https://www.boerekos.com › recipe › we...
 

Pretoria

Slowstrike

Fri, 07/12/2018 - 13:42

Die maklikste btoodjie

500g Selfraising flour

1 Blikkie Black Label (kamertemperatuur)

Knippie sout

Koppie gerasperde kaas 

Blikkie heelpit mielies

Metode

Gooi alles saam meng en sit in platboom pot of broodpan wat met botter gesmeer is. Laat staan vir so 20 min. Bak op die kole met `n paar kole op die deksel of in `n broodoontjie

Die hitte moet nie te veel wees nie anders is die binnekant nog rou.

Groetnis

Pretoria

Slowstrike

Fri, 07/12/2018 - 13:42

Die maklikste btoodjie

250g Selfraising flour

1 Blikkie Black Label (kamertemperatuur)

Knippie sout

Koppie gerasperde kaas 

Blikkie heelpit mielies

Metode

Gooi alles saam meng en sit in platboom pot of broodpan wat met botter gesmeer is. Laat staan vir so 20 min. Bak op die kole met `n paar kole op die deksel of in `n broodoontjie

Die hitte moet nie te veel wees nie anders is die binnekant nog rou.

Groetnis

Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 03:33

Dankie julle waardeur sal hulle almal doen dis regtig eindlik maklik nou is ek honger vir n vars brood

Secunda

Sleep nou

Tue, 15/01/2019 - 07:54

Ek gaan die resepte prober die week van die 3 tot 9 Feb by Natalia sal ook foto of twee gooi om julle lus te maaksmiley

Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 15:55

Middag vriende

Ek het nog nooit probeer potbrood maak nie. Ons hou daarvan om roosterkoek te maak, so saam met vleisie op die kole.

Ons het van daardie dun silikoon-velle wat ons op die rooster sit. Deeg kom dan daarop, sodoende sak dit nie deur die roosteropeninge nie, en draai soveel makliker om. 

Pretoria

Geert

Fri, 07/07/2023 - 16:40

Ek bak omtrent elke Sondag n brood in die Weber.... heerlik so n warm vars brood. Hier is afgelope Sondag sin

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 07/07/2023 - 17:00

.... by Eiland Spa - uiteraard my seun se bakwerk.

Eiland

Eiland

En raai wat - dit het saamgegaan met 'n paar galjoene al die pad van Terracebaai af. Foei tog - ek kry die ouens wat nie wil vis ruik nie in die bos nie sóó jammer.

Eiland

Brits

Wessel Strydom

Fri, 07/07/2023 - 17:06

...vra nou, is daai vis reeds gebraai, is die vleis so rooi, of is dit nog rou??

Die potbrood lyk heerlik.laugh

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/07/2023 - 17:07

...............dit lyk darem nou sommer baie lekker ! (Ek verwys natuurlik na daardie mooi gebakte brood).

Kleinmond

Chris Boucher

Fri, 07/07/2023 - 18:24

.... met die voorskrif dat 'n galjoen "gebloei" moet word. Dit het beteken dat 'n galjoen se kieuwe uitgebreek moet word sodat die vis kan bloei. 'n Galjoen beskik oor baie donker aarjies. As die vis gebloei is, is die vleis ligkleurig en let jy amper nie die aartjies in vleis op nie.

Die Namibiërs glo dat die baie bloed in'n galjoen se vleis 'n groot rol speel in die vis se smaak - daarom bloei jy nie 'n galjoen nie. Die Kaapse vis-puriste kan nie glo dat jy nie 'n galjoen bloei nie. Synde dat die galjoene op die foto afkomstig is van Namibië, is dit nie gebloei nie - vandaar die rooi kleur.

Maar dit is koningskos - nie altemit nie. Saam met só 'n varsgebakte brood en my vrou se tuisgemaakte appelkooskonfyt - onverbeterlik!!

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 08/07/2023 - 08:03

Woensdag aand krap ek in in n boekrak met klompie bereboeke en haal Pieter Pieterse se Skedelkuskos uit. Net laas nag kom die gedeelte waar hy Galjoene besing aan die beurt.... Volgens hom die beste vissie om te braai in die see. Hy se selfs "dit is waar n Galjoen op sy gelukkigste is, in n rooster op die vuur".

Na die lees, is ek so lus vir al die lekker seekos, ek sal maar n pakkie bevrore Hake gaan kry in die vrieskas.sad

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 08/07/2023 - 08:21

Ek het ook op 'n stadium verskeie van Pieter se sogenaamde werfjoernale besit, maar het slegs een oor - van uitleen en nie weer terugkry nie. Die ou het die gawe gehad om kostelike uitdrukkings te gebruik soos die een wat Neef aanhaal oor waar 'n galjoen op sy gelukkigste is. Dit laat my sommer dink aan die ou wat gesê het dat krewe is al gewoond daaraan om lewendig in kookwater gegooi te word.

Kom haal maar vir jou 'n galjoen, Neef. Ek het darem nog 'n paar in die vrieskas.

Term