6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel - Almega Oktober 2026 saam gesels Geert -3 hours ago
Koningskop Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -4 hours ago
Len... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -13 hours ago
Buitelandse besoekers Oktober 2026 saam gesels Len Loader -13 hours ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -15 hours ago
Dinokeng fooie Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -17 hours ago

Geert - Wildtuin Julie 2026

Pretoria
Submitted by Geert on
Forums

Sanparks hoofkantoor Ek sit tans hier by een van my gunsteling besprekings kantore....Sanparks hoofkantoor. Ek moes inkom om my wildtuin bespreking te finaliseer aangesien en paar besprekings het wat een opmaak en sommige dae oorvleuel het. 

My finale beplanning is om 18 Julie by Satara in te klok. Daar gaan ons vir 6 aande bly. Daarna is dit Lower Sabie, Skukuza en laastens Malelane waar ons elkeen 3 aande gaan vertoef. Tyd stap nou vinnig nader en sien baie uit

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/06/2026 - 11:57

Hoop jy kon dit uitsorteer en dat jy nie nog vir kansellasies moet wag nie. Ek is baie opgewonde vir julle onthalwe. Forty days is al verby. Geniet die voorbereiding en uitsien. Sal vir ons ook lekker wees om te deel daarin.

Pretoria

Geert

Mon, 15/06/2026 - 12:07

Hoop jy kon dit uitsorteer en dat jy nie nog vir kansellasies moet wag nie.

Nee Rona. Dis juis kanselasies wat ek opgekoop het wat ek wou vervang met huidige bespreking. Huidige bespreking het nie oorspronklik Skukuza ingehad nie. Nou wou ek in die middel van bespreking dae kanseleer om plek te maak vir aparte bespreking van Skukuza, maar aanlyn stelsel laat nie toe dat jy dae in die middel van n bespreking verwyder nie....stelsel sê dat daar nie lee dae mag wees tussen in nie. Sanparks is gelukkig naby aan ons huis en hulle kon dit maklik uitsorteer. Dit was baie stil daar....ek was so 20-25 minute daar en was die enigste klient.....3x personeel was aan diens by besprekings. Dit klink of telefoniese besprekeings elders gedoen word, want ek het nie een keer gehoor dat een van hulle n klient oor die foon gehelp het nie....ook geen foon hoor lui nie

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/06/2026 - 12:45

Nou kan die groot uitsien begin. Vertel maar soos die voorbereiding vorder.

Pretoria

Geert

Mon, 15/06/2026 - 18:00

Ons gaan weer by Malelane hek in. Ons het laasjaar dink ek so 7uur by Malelane hek ingegaan en lekker rustig opgery tot Satara waar ons toe so 17h15 aangekom het. Beplan dit weer so

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/06/2026 - 19:41

Geert, jy is dus nie bekommerd om in die donker op die N4 te wees nie.?

Ek is maar Bang Jan vir spykers  en derglike aanvalle tussen Brits-Pretoria- Bronkhortspruit.

 

  

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 15/06/2026 - 20:14

Dink Geert sal moontlik die dag voordat hulle by die wildtuin ingaan weer iewers nader aan Nelspruit kampeer. Ek onthou dat dit verlede jaar The Kingfisher Lodge was. Miskien Hippo Waterfront Lodge - 10 km voor Nelspruit? 

Pretoria

Geert

Mon, 15/06/2026 - 21:39

Ja, plan is om daai Vrydag middag te ry en dan soos Rona sê te oornag naby Nelspruit.  Sover dink ons aan Indabushe in Schoemanskloof...lyk of dit netjiese oord is volgens foto's wat ek gesien het. Maar Hippo klink ook na n goeie opsie....gaan hom ook in gedagte hou.

 

Ons het Maart maand 2am gery uit Pretoria....maar was sonder karavaan 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/06/2026 - 21:51

Ons maak sommer van Malelane of B&D gebruik vir 1 ste aand. Afgelope vakansie het dit toe 3 aande in Malelane geword.

As ons by PBorwa-hek ingaan, slaap ons in Safaripark oor. As ons van Tsendze vertrek, slaap ons ook eers daar oor, voordat ons volgende dag huistoe sleep.

Pretoria

Geert

Tue, 16/06/2026 - 04:55

Ons probeer maar gewoonlik nuwe oorde besoek. Die oorde wat ons oppad besoek is gewoonlik oorde waar ons nie eksklusief net soontoe sal ry, kampeer en terug gaan nie. Ons maak dit dan deel van ons trip waar ons dan ook al gaan. Alhoewel ons laasjaar The Kingfisher vreeslik geniet het, wil ons iets "nuuts" probeer waar ons nog nie was nie. Ons doen dieselfde as ons see toe sleep....staan oor by oorde oppad soontoe waar oms nie gewoonlik sal besoek as dit die enigste was nie. So het ons ook al baie Drakensberg oorde besoek....alles was deel van oppad see toe gewees. Ons het nog nooit spesiaal net Drakensberge toe gegaan en weer terug gekom nie (dink ook nie ons sal nie....Drakensberge is reeds te naby aan die see om net daar om te draai) Ook dieselfde met voorlaasjaar se trippie af see toe....ons hoofdoel was om by Dolphin te kampeer, maar het ekstra dae ingesit en verleng om by Lake Eland, Port o Call en Oasis te kampeer....ons sou dit nie sommer doen as dit alleen ons eindbestemmings was nie.Ons doen sulke oorstaan net oppad na hoofbestemming toe....nooit op die terugpad nie

Ons het al oorde gehad wat bietjie van n teleurstelling was terwyl daar in omgewing beter opsies was, maar dis maar deel van nuwe oorde besoek....nie almal gaan tops wees nie. Maar soms verras n plek jou....soos laasjaar se 2 dae oorstaan by The Kingfisher Lodge. Ons het nie geweet wat om te verwag nie, maar was so aangenaam verras en het dit so baie geniet dat ons afgelope naweek n bespreking gemaak het om klompie dae daar te bly oor Kersfees 

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 16/06/2026 - 17:43

om een of meer aande eers iewers anders op pad na jou bestemming oor te staan. Terwyl jy die een wat nuut is geniet raak die opgewondenheid oor die eindpunt ook net groter.

Indabushe (skynbaar Zulu woord vir Rooikat) is ook een van die plekke in Schoemanskloof wat ek al baie oorweeg het toe ons nog verder gebly het - nou voel dit te naby aan die huis. Wanneer jy nou daar oorgebly het en positiewe terugvoer gegee het, kan ons dit dalk oorweeg om twee dae voor 'n wildtuinvakansie daar oor te blywink

Pretoria

Geert

Tue, 16/06/2026 - 18:13

Hi Rona...ek het daai naam Schoemanskloof op hierdie bord in Schoemanskloof gesien. Ken jy van die ander plekke?

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 16/06/2026 - 18:51

Net aangedoen by Kingfisher (wat jy reeds ken). Van ver af het ons gewoonlik, wanneer ons te laat was om 'n kamp in die wildtuin te haal, oorgeslaap by Ben-Mari in Witrivier.

Indabushe was verder vir my aantreklik omdat dit aan André Watson (voormalige rugby skeidsregter) behoort - nie seker of hy steeds daar betrokke is nie. Hy was my gunsteling skeidsregter en ek kan net dink dat sy plek ook nie sal teleurstel nie. Sal interessant wees om te hoor op watter een van die plekke jy uiteindelik besluit.

Kaap

Goeie Hout

Tue, 16/06/2026 - 20:54

Geert en Rona.  Daai plek is so mooi.

Ons het daardeur gery.  Terug het daai berg pas/heuwel vir ZUZU getoets maar ons het dit gemaak.  Is daar nie n padstal daar naby.  Hulle gee tot lemoene verniet weg.  (binne winkel) 

Ai mense nou verlang ek. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/06/2026 - 21:30

....dankie vir foto van padbordjies. die name en telefoonnommers is nou hier bewaar.

Pretoria

Geert

Wed, 17/06/2026 - 09:01

Ek het ook al gekyk na Mankele. Ons wou n keer daar oorstaan toe ons n week in graskop en Blydepoort gaan bly het, maar het toe gelos oor die fotos op hul website wat my bietjie afgesit het. Tog lees ek onlangs dat mense lekker daar kampeer oor Desember....dan is team building aksies, skool kampe en partytjies seker nie aan die gang nie. Mens kan seker daar oorstaan oppad Malelane toe, maar is entjie inry rigting Sudwala grotte toe

Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/06/2026 - 12:05

Van hulle webblad kry ek die indruk dat mens nie daar met eie woonwa/tent kan kampeer nie. Geen melding word daarvan gemaak nie.

Pretoria

Geert

Wed, 17/06/2026 - 13:53

Wessel. Daar is n aparte skakel op hul website. Kampeer fotos lyk egter heerlik. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/06/2026 - 15:20

...dankie dat jy my uit my onkunde reggehelp het.

Dit lyk OK. 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus