Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -5 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -6 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -7 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -7 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -7 hours ago

Help met kamp beddens en matrasse

Hermanus
Submitted by deon557 on

Lekker Forum die! Dankie daarvoor!!

Ek het 'n probleem: Ek is 'n allenloper kamper wat deesdae met tente kamp (voorheen woonwa). Ek het 'n paar internasionale kuiergaste wat in November kom kuier, en hulle wil gaan uitkamp. Ek is volledig toegerus met my eie (en my hond) se benodigdhede vir kamp, maar nou het ek nog 3 gaste begekry. Nie 'n probleem op sy  eie nie - klink vir my lekker!

Ek sal graag verneem of iemand nie weet waar ek nog 2 "stretchers" kan leen of huur vir November maand nie. Ek bly in Vermont, Hermanus.\

Baie dankie

Deon Pheiffer

Centurion

Voortrekker

Thu, 22/10/2026 - 19:23

Laat die Internasionale gaste sommer op die grond slaap - gee vir hulle die "real African experience"  😜

As ek nader was het ek vir jou 2 geleen.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 22/10/2026 - 20:48

Jammer dat ek nie van hulp kan wees nie. Hoop jy raak geholpe - gou ook, want November is om die draai. Intussen moet jy asb inval en saamgesels. Ons sal graag wil hoor waar jy beplan om te gaan kampeer en dan natuurlik die terugvoer. Op hierdie manier hoor ons ook van nuwe oorde, en wie weet, moontlik is dit op iemand se pad vorentoe. Welkom!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus