Algemene Inligting
Resensies
Aanbeveling vir middagete oppad huis toe
Indien jy by Koningskop of daar naby gaan kampeer kan ek werklik De Tol padstal aanbeveel vir middagete. Dis so entjie in Citrusdal se rigting op die N7 van die pad af waarop Koningskop is. Hulle flat bread pizza is regtig lekker met ‘n papierdun en bros basis. Op ‘n warm dag is dit veral lekker om onder die groot eikeboom te sit. Jy kan ook wyn proe en koop daar.

Maurits kamp tans ...
... by Koningskop en het gevra dat ek sy foto's hier plaas. Sy kort beskrywing is: Pragtig hier. Vrugteboorde, wingerde en rooibostee.







Maurits...
....dankie vir fotos, aanvullend tot Chris Smal s'n. Julle hey darem baie pragtige oorde in die Wes Kaap.
Jy moet skoene dra vir die dorinkies. ![]()
Koningskop
Goeie naand almal.
Koningskop is n mooi plek. Lekker pad soontoe. Die plekkie sit in die pas. Regtig dit is baie mooi.
Maar die hele naweek het ons mans geen warm water gehad. Ons het navraag gaan doen maar niks het gebeur. Die personeel was op verlof. Dit het my so af gesit dat ek nie gou daar sal uit kom en ook geen fotos geneem.
Die kafeetjie het slegs 3 roomyse en ys gehad en brandewyn mix. Niks meer.
Staanplekke was lekker, maar die ablusie blokke is min en het net 2 storte.
Op internet gaan kyk en elke keer was dieselfde klagtes, geen warm water.
Mooi aand almal





‘n Lieflike oord in ‘n pragtige omgewing
Koningskop is op ‘n sitrusplaas geleë. As ek reg Onthou is daar 34 staanplekke, die meerderheid op lieflike gras en meeste met skadu bome. Die oord is tussen twee rante wat lieflike uitsig en redelike beskerming teen die wind bied. Daar is baie om te doen, staproetes en ‘n 4x4 roete en ‘n dam met glygeut en ‘n natuurlike swembad. Die glygeut se ontwerp is nie goed nie. Aanvanklik sukkel mens om aan die gang te kom omdat die helling te plat is. Wanneer dit spoed optel is daar ‘n 90° draai net voor die einde wat mens laat stamp teen die kant. Dit pla glad nie die kinders nie, maar ek moes seker omtrent 30 keer met my vier-jarige dogtertjie daar af en het ‘n paar kneusplekke.
Daar is ‘n restaurant en kroeg wat pizza’s en slap tjips bedien. By die groot dam waar meeste aktiwiteite plaasvind kon mens die musiek hoor wat bedags in die restaurant gespeel word. As mens met kinders gaan sal dit dalk lekker om daar te staan sodat jy hulle van jou staanplek af kan dophou, maar ek sou nie daar staan nie. Die staanplekke verder van die groot dam af is stiller en het beter gras en skadu. Ons het op 11, 12 en 13 gestaan. Daar is ook staanplekke aan die ander kant van die dam naby ontvangs, maar dis ver van die speel- en swemplek af.
‘n Naweek is te kort, en ons het nie by die 4x4 of staproetes uitgekom nie. Ons het egter lekker weer en ‘n lieflike naweek gehad. Sekuriteit is goed, en in ons deel van die kamp was meestal gesinne met kleiner kinders. Die enigste “geraas” was die van kinders wat speel en ‘n paar snorkers…